Kolossense — Colossians 1 Kolossense 2 →
King James Version
AFR DVK
1
Paul, an apostle of Jesus Christ by the will of God, and Timotheus [our] brother,
Paulus, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en Timótheüs ons broer,
2
To the saints and faithful brethren in Christ which are at Colosse: Grace [be] unto you, and peace, from God our Father and the Lord Jesus Christ.
Aan die heiliges en gelowige broers in Christus wat in Kolosse is: Genade aan julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus.
3
We give thanks to God and the Father of our Lord Jesus Christ, praying always for you,
Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus, altyd vir julle bidende,
4
Since we heard of your faith in Christ Jesus, and of the love [which ye have] to all the saints,
Nadat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus, en van die liefde wat julle het tot al die heiliges,
5
For the hope which is laid up for you in heaven, whereof ye heard before in the word of the truth of the gospel;
Om die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle tevore gehoor het in die woord van die waarheid van die evangelie;
6
Which is come unto you, as [it is] in all the world; and bringeth forth fruit, as [it doth] also in you, since the day ye heard [of it], and knew the grace of God in truth:
Wat tot by julle gekom het, soos dit in die hele wêreld is; en bring vrug voort, soos dit ook in julle doen van die dag af dat julle dit gehoor het, en die genade van God in waarheid geken het;
7
As ye also learned of Epaphras our dear fellowservant, who is for you a faithful minister of Christ;
Soos julle ook geleer het van Epafras, ons geliefde mededienaar, wat vir julle ‚'n getroue dienaar van Christus is;
8
Who also declared unto us your love in the Spirit.
Wat ook aan ons julle liefde in die Gees bekend gemaak het.
9
For this cause we also, since the day we heard [it], do not cease to pray for you, and to desire that ye might be filled with the knowledge of his will in all wisdom and spiritual understanding;
Om hierdie oorsaak hou ook ons nie op, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid, en te begeer dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike verstand;
10
That ye might walk worthy of the Lord unto all pleasing, being fruitful in every good work, and increasing in the knowledge of God;
Dat julle waardig die Here mag wandel tot alle welbehaaglikheid, vrugbaar in elke goeie werk, en toenemende in die kennis van God;
11
Strengthened with all might, according to his glorious power, unto all patience and longsuffering with joyfulness;
Versterk met alle krag, volgens die mag van sy heerlikheid, tot alle verdraagsaamheid en lankmoedigheid met blydskap;
12
Giving thanks unto the Father, which hath made us meet to be partakers of the inheritance of the saints in light:
Dankende die Vader, wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig:
13
Who hath delivered us from the power of darkness, and hath translated [us] into the kingdom of his dear Son:
Wat ons verlos het uit die mag van die duisternis, en oorgebring het in die koninkryk van sy geliefde Seun:
14
In whom we have redemption through his blood, [even] the forgiveness of sins:
In wie ons die verlossing het deur sy bloed, selfs die vergifnis van sondes:
15
Who is the image of the invisible God, the firstborn of every creature:
Wat die beeld is van die onsigbare God, die eersgeborene van die hele skepping:
16
For by him were all things created, that are in heaven, and that are in earth, visible and invisible, whether [they be] thrones, or dominions, or principalities, or powers: all things were created by him, and for him:
Want deur Hom is alle dinge geskape, wat in die hemel en wat op die aarde is, sigbaar en onsigbaar, of dit trone of heerskappye of owerhede of magte is: alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape:
17
And he is before all things, and by him all things consist.
En Hy is voor alle dinge, en in Hom bestaan alle dinge.
18
And he is the head of the body, the church: who is the beginning, the firstborn from the dead; that in all [things] he might have the preeminence.
En Hy is die hoof van die liggaam, die gemeente: wat die begin is, die eersgeborene uit die dooies; dat Hy in alle dinge die eerste mag wees.
19
For it pleased [the Father] that in him should all fulness dwell;
Want dit het die Vader behaag dat in Hom die hele volheid sou woon;
20
And, having made peace through the blood of his cross, by him to reconcile all things unto himself; by him, [I say], whether [they be] things in earth, or things in heaven.
En, nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis, deur Hom alle dinge tot Homself te versoen; deur Hom, sê ek, of dit dinge op die aarde of dinge in die hemel is.
21
And you, that were sometime alienated and enemies in [your] mind by wicked works, yet now hath he reconciled
En julle, wat vroeër vervreemd en vyande was in julle gemoed deur boos werke, het Hy nou versoen
22
In the body of his flesh through death, to present you holy and unblameable and unreproveable in his sight:
In die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en onberispelik en onstraffelik voor Hom voor te stel:
23
If ye continue in the faith grounded and settled, and [be] not moved away from the hope of the gospel, which ye have heard, [and] which was preached to every creature which is under heaven; whereof I Paul am made a minister;
As julle maar bly in die geloof, gegrond en standvastig, en nie afwyk van die hoop van die evangelie wat julle gehoor het nie, wat verkondig is aan elke skepsel wat onder die hemel is; waarvan ek Paulus ‚'n dienaar geword het;
24
Who now rejoice in my sufferings for you, and fill up that which is behind of the afflictions of Christ in my flesh for his body’s sake, which is the church:
Wat nou bly is in my lydinge vir julle, en vervul in my vlees wat nog ontbreek aan die verdrukkinge van Christus vir sy liggaam, wat is die gemeente:
25
Whereof I am made a minister, according to the dispensation of God which is given to me for you, to fulfil the word of God;
Waarvan ek ‚'n dienaar geword het, volgens die bedeling van God wat aan my vir julle gegee is, om die woord van God te vervul;
26
[Even] the mystery which hath been hid from ages and from generations, but now is made manifest to his saints:
Selfs die geheimenis wat van eeue en van geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges:
27
To whom God would make known what [is] the riches of the glory of this mystery among the Gentiles; which is Christ in you, the hope of glory:
Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom is van die heerlikheid van hierdie geheimenis onder die heidene; wat is Christus in julle, die hoop van die heerlikheid:
28
Whom we preach, warning every man, and teaching every man in all wisdom; that we may present every man perfect in Christ Jesus:
Wat ons verkondig, elkeen vermanende, en elkeen onderrigende in alle wysheid; dat ons elke mens volmaak in Christus Jesus mag voorstel:
29
Whereunto I also labour, striving according to his working, which worketh in me mightily.
Waarin ek ook arbei, strydende volgens sy werking, wat magtig in my werk.