King James Version
AFR DVK
1
Again, David gathered together all [the] chosen [men] of Israel, thirty thousand.
Weer het Dawid al die uitgesoekte manne van Israel, dertig duisend, bymekaargemaak.
2
And David arose, and went with all the people that [were] with him from Baale of Judah, to bring up from thence the ark of God, whose name is called by the name of the LORD of hosts that dwelleth [between] the cherubims.
En Dawid het opgestaan, en met al die volk wat by hom was, van Baále van Juda gegaan, om van daar die ark van God op te bring, wie se naam genoem word die Naam van die HERE van die leërskare wat tussen die gerubs woon.
3
And they set the ark of God upon a new cart, and brought it out of the house of Abinadab that [was] in Gibeah: and Uzzah and Ahio, the sons of Abinadab, drave the new cart.
En hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit, en dit uit die huis van Abinadab, wat op die heuwel was, uitgebring: en Ussa en Ahío, die seuns van Abinadab, het die nuwe wa gelei.
4
And they brought it out of the house of Abinadab which [was] at Gibeah, accompanying the ark of God: and Ahio went before the ark.
En hulle het dit uit die huis van Abinadab, wat op die heuwel was, uitgebring, saam met die ark van God: en Ahío het voor die ark uitgegaan.
5
And David and all the house of Israel played before the LORD on all manner of [instruments made of] fir wood, even on harps, and on psalteries, and on timbrels, and on cornets, and on cymbals.
En Dawid en die hele huis van Israel het voor die HERE gespeel op allerhande instrumente van denne, selfs op harpe, en op psalters, en op tamboeryne, en op sistrums, en op simbale.
6
And when they came to Nachon’s threshingfloor, Uzzah put forth [his hand] to the ark of God, and took hold of it; for the oxen shook [it].
En toe hulle by die dorsvloer van Nagon gekom het, het Ussa sy hand na die ark van God uitgesteek, en dit vasgehou; want die osse het gestruikel.
7
And the anger of the LORD was kindled against Uzzah; and God smote him there for [his] error; and there he died by the ark of God.
En die toorn van die HERE is aangesteek teen Ussa; en God het hom daar getref vir sy oortreding; en daar is hy by die ark van God gesterwe.
8
And David was displeased, because the LORD had made a breach upon Uzzah: and he called the name of the place Perezuzzah to this day.
En Dawid was ontevrede, omdat die HERE ‚'n bres in Ussa gemaak het: en hy het daardie plek Peres-Ussa genoem tot vandag toe.
9
And David was afraid of the LORD that day, and said, How shall the ark of the LORD come to me?
En Dawid was bevrees vir die HERE daardie dag, en het gesê, Hoe sal die ark van die HERE na my toe kom?
10
So David would not remove the ark of the LORD unto him into the city of David: but David carried it aside into the house of Obededom the Gittite.
So wou Dawid dan nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid bring nie: maar Dawid het dit weggedraai in die huis van Obed-Edom die Gittiet.
11
And the ark of the LORD continued in the house of Obededom the Gittite three months: and the LORD blessed Obededom, and all his household.
En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom die Gittiet gebly: en die HERE het Obed-Edom, en sy hele huis, geseën.
12
And it was told king David, saying, The LORD hath blessed the house of Obededom, and all that [pertaineth] unto him, because of the ark of God. So David went and brought up the ark of God from the house of Obededom into the city of David with gladness.
En dit is aan koning Dawid vertel, en gesê, Die HERE het die huis van Obed-Edom, en alles wat aan hom behoort, geseën, vanweë die ark van God. So het Dawid dan gegaan en die ark van God met blydskap uit die huis van Obed-Edom in die stad van Dawid opgebring.
13
And it was [so], that when they that bare the ark of the LORD had gone six paces, he sacrificed oxen and fatlings.
En dit was so, dat toe hulle wat die ark van die HERE gedra het, ses tree vorentoe gegaan het, hy osse en vetgemaakte diere geoffer het.
14
And David danced before the LORD with all [his] might; and David [was] girded with a linen ephod.
En Dawid het met alle mag voor die HERE gedans; en Dawid was omgord met ‚'n linne-efod.
15
So David and all the house of Israel brought up the ark of the LORD with shouting, and with the sound of the trumpet.
So het Dawid en die hele huis van Israel die ark van die HERE opgebring met gejuig, en met die geluid van die trompet.
16
And as the ark of the LORD came into the city of David, Michal Saul’s daughter looked through a window, and saw king David leaping and dancing before the LORD; and she despised him in her heart.
En toe die ark van die HERE in die stad van Dawid gekom het, het Mígal, Saul se dogter, deur ’n venster uitgesien, en koning Dawid sien opspring en dans voor die HERE; en sy het hom in haar hart verag.
17
And they brought in the ark of the LORD, and set it in his place, in the midst of the tabernacle that David had pitched for it: and David offered burnt offerings and peace offerings before the LORD.
En hulle het die ark van die HERE ingebring, en dit op sy plek gesit, in die midde van die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het: en Dawid het brandoffers en dankoffers voor die HERE geoffer.
18
And as soon as David had made an end of offering burnt offerings and peace offerings, he blessed the people in the name of the LORD of hosts.
En sodra Dawid klaar was met die offer van die brandoffers en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE van die leërskare geseën.
19
And he dealt among all the people, [even] among the whole multitude of Israel, as well to the women as men, to every one a cake of bread, and a good piece [of flesh], and a flagon [of wine]. So all the people departed every one to his house.
En hy het aan die hele volk, selfs aan die hele menigte van Israel, beide aan manne en vroue, aan elkeen ‚'n brood, en ‚'n goeie stuk vleis, en ‚'n fles wyn uitgedeel. So het die hele volk dan elkeen na sy huis gegaan.
20
Then David returned to bless his household. And Michal the daughter of Saul came out to meet David, and said, How glorious was the king of Israel to day, who uncovered himself to day in the eyes of the handmaids of his servants, as one of the vain fellows shamelessly uncovereth himself!
Toe het Dawid teruggekeer om sy huisgesin te seën. En Mígal die dogter van Saul het uitgegaan om Dawid tegemoet te gaan, en gesê, Hoe heerlik was die koning van Israel vandag, wat homself vandag ontbloot het in die oë van die diensmaagde van sy dienaars, soos een van die ydele kerels homself skaamteloos ontbloot!
21
And David said unto Michal, [It was] before the LORD, which chose me before thy father, and before all his house, to appoint me ruler over the people of the LORD, over Israel: therefore will I play before the LORD.
En Dawid het tot Mígal gesê, Dit was voor die HERE, wat my bo jou vader, en bo sy hele huis gekies het, om my as vors aan te stel oor die volk van die HERE, oor Israel: daarom sal ek speel voor die HERE.
22
And I will yet be more vile than thus, and will be base in mine own sight: and of the maidservants which thou hast spoken of, of them shall I be had in honour.
En ek sal nog meer gering wees as so, en sal gering in my eie oë wees: en van die diensmaagde waarvan jy gespreek het, van hulle sal ek in aansien wees.
23
Therefore Michal the daughter of Saul had no child unto the day of her death.
Daarom het Mígal die dogter van Saul geen kind gehad tot die dag van haar dood nie.