King James Version
AFR DVK
1
Now there was long war between the house of Saul and the house of David: but David waxed stronger and stronger, and the house of Saul waxed weaker and weaker.
Nou was daar ‚'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid: maar Dawid het sterker en sterker geword, en die huis van Saul het swakker en swakker geword.
2
And unto David were sons born in Hebron: and his firstborn was Amnon, of Ahinoam the Jezreelitess;
En aan Dawid is seuns in Hebron gebore: en sy eersgeborene was Amnon, van Agínoam die Jisreëlietin;
3
And his second, Chileab, of Abigail the wife of Nabal the Carmelite; and the third, Absalom the son of Maacah the daughter of Talmai king of Geshur;
En sy tweede, Kiláb, van Abigail die vrou van Nabal die Karmeliet; en die derde, Absalom die seun van Maäga die dogter van Talmai koning van Gesur;
4
And the fourth, Adonijah the son of Haggith; and the fifth, Shephatiah the son of Abital;
En die vierde, Adonía die seun van Haggit; en die vyfde, Sefatja die seun van Abital;
5
And the sixth, Ithream, by Eglah David’s wife. These were born to David in Hebron.
En die sesde, Jitream, by Egla, Dawid se vrou. Hierdie is gebore aan Dawid in Hebron.
6
And it came to pass, while there was war between the house of Saul and the house of David, that Abner made himself strong for the house of Saul.
En dit was so, terwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, dat Abner homself sterk gemaak het vir die huis van Saul.
7
And Saul had a concubine, whose name [was] Rizpah, the daughter of Aiah: and [Ishbosheth] said to Abner, Wherefore hast thou gone in unto my father’s concubine?
En Saul het ’n byvrou gehad, wie se naam was Rispa, die dogter van Aja: en Ísboset het tot Abner gesê, Waarom het jy by my vader se byvrou ingegaan?
8
Then was Abner very wroth for the words of Ishbosheth, and said, [Am] I a dog’s head, which against Judah do shew kindness this day unto the house of Saul thy father, to his brethren, and to his friends, and have not delivered thee into the hand of David, that thou chargest me to day with a fault concerning this woman?
Toe is Abner baie toornig oor die woorde van Ísboset, en het gesê, Is ek ’n hond se hoof, wat teen Juda is? Vandag bewys ek barmhartigheid aan die huis van Saul jou vader, aan sy broers, en aan sy vriende, en het jou nie in die hand van Dawid oorgegee nie, dat jy my vandag aankla aangaande hierdie vrou?
9
So do God to Abner, and more also, except, as the LORD hath sworn to David, even so I do to him;
So moet God aan Abner doen, en meer ook, as ek nie vir Dawid doen soos die HERE aan hom gesweer het nie;
10
To translate the kingdom from the house of Saul, and to set up the throne of David over Israel and over Judah, from Dan even to Beersheba.
Om die koninkryk van die huis van Saul af te wend, en die troon van Dawid op te rig oor Israel en oor Juda, van Dan af tot by Beërséba.
11
And he could not answer Abner a word again, because he feared him.
En hy kon Abner nie meer ‚'n woord antwoord nie, omdat hy hom gevrees het.
12
And Abner sent messengers to David on his behalf, saying, Whose [is] the land? saying [also], Make thy league with me, and, behold, my hand [shall be] with thee, to bring about all Israel unto thee.
En Abner het boodskappers na Dawid gestuur van sy kant, en gesê, Wie se land is dit? en hy het gesê, Maak jou verbond met my, en kyk, my hand sal met jou wees, om die hele Israel na jou toe te laat oorgaan.
13
And he said, Well; I will make a league with thee: but one thing I require of thee, that is, Thou shalt not see my face, except thou first bring Michal Saul’s daughter, when thou comest to see my face.
En hy het gesê, Goed; ek sal ’n verbond met jou maak: maar een ding eis ek van jou, naamlik, Jy sal my aangesig nie sien nie, tensy jy eers Mígal, Saul se dogter, bring wanneer jy kom om my aangesig te sien.
14
And David sent messengers to Ishbosheth Saul’s son, saying, Deliver [me] my wife Michal, which I espoused to me for an hundred foreskins of the Philistines.
En Dawid het boodskappers gestuur na Ísboset, Saul se seun, en gesê, Gee my my vrou Mígal, wat ek vir my verloof het vir ’n honderd voorhuide van die Filistyne.
15
And Ishbosheth sent, and took her from [her] husband, [even] from Phaltiel the son of Laish.
En Ísboset het gestuur, en haar geneem van haar man, selfs van Paltiel die seun van Lais.
16
And her husband went with her along weeping behind her to Bahurim. Then said Abner unto him, Go, return. And he returned.
En haar man het saam met haar gegaan, en al die pad agter haar aangewand, en geween, tot by Bahurim. Toe het Abner tot hom gesê, Gaan, keer terug. En hy het teruggekeer.
17
And Abner had communication with the elders of Israel, saying, Ye sought for David in times past [to be] king over you:
En Abner het met die ouderlinge van Israel gespreek, en gesê, Julle het in die vorige tye Dawid gesoek om koning oor julle te wees:
18
Now then do [it]: for the LORD hath spoken of David, saying, By the hand of my servant David I will save my people Israel out of the hand of the Philistines, and out of the hand of all their enemies.
Nou dan, doen dit: want die HERE het van Dawid gespreek, en gesê, Deur die hand van my dienaar Dawid sal ek my volk Israel red uit die hand van die Filistyne, en uit die hand van al hulle vyande.
19
And Abner also spake in the ears of Benjamin: and Abner went also to speak in the ears of David in Hebron all that seemed good to Israel, and that seemed good to the whole house of Benjamin.
En Abner het ook in die ore van Benjamin gespreek: en Abner het ook gegaan om in die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel, en in die oë van die hele huis van Benjamin.
20
So Abner came to David to Hebron, and twenty men with him. And David made Abner and the men that [were] with him a feast.
So het Abner dan by Dawid in Hebron gekom, en twintig man met hom. En Dawid het vir Abner en die manne wat by hom was, ‚'n fees gemaak.
21
And Abner said unto David, I will arise and go, and will gather all Israel unto my lord the king, that they may make a league with thee, and that thou mayest reign over all that thine heart desireth. And David sent Abner away; and he went in peace.
En Abner het tot Dawid gesê, Ek sal opstaan en gaan, en die hele Israel by my heer die koning bymekaarmaak, dat hulle ’n verbond met jou mag maak, en dat jy mag heers oor alles wat jou siel begeer. En Dawid het Abner weggestuur; en hy het in vrede weggegaan.
22
And, behold, the servants of David and Joab came from [pursuing] a troop, and brought in a great spoil with them: but Abner [was] not with David in Hebron; for he had sent him away, and he was gone in peace.
En kyk, die dienaars van Dawid en Joab het van ‚'n inval gekom, en ‚'n groot prooi met hulle gebring: maar Abner was nie by Dawid in Hebron nie; want hy het hom weggestuur, en hy was in vrede weggegaan.
23
When Joab and all the host that [was] with him were come, they told Joab, saying, Abner the son of Ner came to the king, and he hath sent him away, and he is gone in peace.
Toe Joab en die hele leër wat by hom was, gekom het, het hulle Joab vertel, en gesê, Abner die seun van Ner het by die koning gekom, en hy het hom weggestuur, en hy is in vrede weggegaan.
24
Then Joab came to the king, and said, What hast thou done? behold, Abner came unto thee; why [is] it [that] thou hast sent him away, and he is quite gone?
Toe het Joab by die koning gekom, en gesê, Wat het jy gedoen? kyk, Abner het by jou gekom; waarom het jy hom weggestuur, en hy is heeltemal weggegaan?
25
Thou knowest Abner the son of Ner, that he came to deceive thee, and to know thy going out and thy coming in, and to know all that thou doest.
Jy ken Abner die seun van Ner, dat hy gekom het om jou te bedrieg, en om jou uitgang en jou ingang te ken, en om alles te ken wat jy doen.
26
And when Joab was come out from David, he sent messengers after Abner, which brought him again from the well of Sirah: but David knew [it] not.
En toe Joab van Dawid uitgegaan het, het hy boodskappers agter Abner aangestuur, wat hom van die put van Sira teruggebring het: maar Dawid het dit nie geweet nie.
27
And when Abner was returned to Hebron, Joab took him aside in the gate to speak with him quietly, and smote him there under the fifth [rib], that he died, for the blood of Asahel his brother.
En toe Abner teruggekeer het in Hebron, het Joab hom ter syde geneem in die poort om in die stilte met hom te praat, en hom daar in die vyfde rib gesteek, dat hy gesterwe het, vir die bloed van Asahel sy broer.
28
And afterward when David heard [it], he said, I and my kingdom [are] guiltless before the LORD for ever from the blood of Abner the son of Ner:
En daarna, toe Dawid dit gehoor het, het hy gesê, Ek en my koninkryk is vir ewig onskuldig voor die HERE aan die bloed van Abner die seun van Ner:
29
Let it rest on the head of Joab, and on all his father’s house; and let there not fail from the house of Joab one that hath an issue, or that is a leper, or that leaneth on a staff, or that falleth on the sword, or that lacketh bread.
Laat dit op die hoof van Joab rus, en op sy hele vader se huis; en laat daar nie ontbreek in die huis van Joab een wat ‚'n vloeiing het, of wat melaats is, of wat op ‚'n stok steun, of wat deur die swaard val, of wat brood nodig het nie.
30
So Joab and Abishai his brother slew Abner, because he had slain their brother Asahel at Gibeon in the battle.
So het Joab en Abísai sy broer Abner doodgemaak, omdat hy hulle broer Asahel doodgemaak het by Gibeon in die geveg.
31
And David said to Joab, and to all the people that [were] with him, Rend your clothes, and gird you with sackcloth, and mourn before Abner. And king David [himself] followed the bier.
En Dawid het tot Joab, en tot al die volk wat by hom was, gesê, Skeur julle klere, en omgord julle met rouklere, en betreur voor Abner. En koning Dawid self het agter die baar aangegaan.
32
And they buried Abner in Hebron: and the king lifted up his voice, and wept at the grave of Abner; and all the people wept.
En hulle het Abner in Hebron begrawe: en die koning het sy stem opgehef, en by die graf van Abner geween; en die hele volk het geween.
33
And the king lamented over Abner, and said, Died Abner as a fool dieth?
En die koning het oor Abner geklaag, en gesê, Is Abner soos ’n dwaas sterwe?
34
Thy hands [were] not bound, nor thy feet put into fetters: as a man falleth before wicked men, [so] fellest thou. And all the people wept again over him.
Jou hande was nie gebind nie, en jou voete nie in kettings geslaan nie: soos ‚'n man voor die kinders van ongeregtigheid val, so het jy geval. En die hele volk het weer oor hom geween.
35
And when all the people came to cause David to eat meat while it was yet day, David sware, saying, So do God to me, and more also, if I taste bread, or ought else, till the sun be down.
En toe die hele volk gekom het om Dawid brood te laat eet terwyl dit nog dag was, het Dawid gesweer, en gesê, So moet God aan my doen, en meer ook, as ek brood of enigiets proe, totdat die son ondergaan.
36
And all the people took notice [of it], and it pleased them: as whatsoever the king did pleased all the people.
En die hele volk het dit opgemerk, en dit het hulle behaag: soos alles wat die koning gedoen het, die hele volk behaag het.
37
For all the people and all Israel understood that day that it was not of the king to slay Abner the son of Ner.
Want die hele volk en die hele Israel het daardie dag verstaan dat dit nie van die koning was om Abner die seun van Ner dood te maak nie.
38
And the king said unto his servants, Know ye not that there is a prince and a great man fallen this day in Israel?
En die koning het tot sy dienaars gesê, Weet julle nie dat daar ’n vors en ’n groot man vandag in Israel geval het nie?
39
And I [am] this day weak, though anointed king; and these men the sons of Zeruiah [be] too hard for me: the LORD shall reward the doer of evil according to his wickedness.
En ek is vandag swak, al is ek gesalf as koning; en hierdie manne die seuns van Serúja is te hard vir my: die HERE vergeld die kwaaddoener volgens sy boosheid.