King James Version
AFR DVK
1
And again the anger of the LORD was kindled against Israel, and he moved David against them to say, Go, number Israel and Judah.
En weer is die toorn van die HERE aangesteek teen Israel, en Hy het Dawid teen hulle aangehits, en gesê, Gaan, tel Israel en Juda.
2
For the king said to Joab the captain of the host, which [was] with him, Go now through all the tribes of Israel, from Dan even to Beersheba, and number ye the people, that I may know the number of the people.
Want die koning het tot Joab die owerste van die leër, wat by hom was, gesê, Trek nou deur al die stamme van Israel, van Dan af tot by Beërséba, en tel die volk, dat ek die getal van die volk mag weet.
3
And Joab said unto the king, Now the LORD thy God add unto the people, how many soever they be, an hundredfold, and that the eyes of my lord the king may see [it]: but why doth my lord the king delight in this thing?
En Joab het tot die koning gesê, Mag die HERE jou God by die volk, hoeveel hulle ook al mag wees, ’n honderd maal meer byvoeg, dat die oë van my heer die koning dit mag sien: maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?
4
Notwithstanding the king’s word prevailed against Joab, and against the captains of the host. And Joab and the captains of the host went out from the presence of the king, to number the people of Israel.
Nogtans het die koning se woord teen Joab, en teen die owerstes van die leër, geseëvier. En Joab en die owerstes van die leër het voor die koning uitgegaan om die volk Israel te tel.
5
And they passed over Jordan, and pitched in Aroer, on the right side of the city that [lieth] in the midst of the river of Gad, and toward Jazer:
En hulle het deur die Jordaan gegaan, en by Aroër, aan die regterkant van die stad wat in die midde van die rivier van Gad is, en by Jaéser, kamp opgeslaan:
6
Then they came to Gilead, and to the land of Tahtimhodshi; and they came to Danjaan, and about to Zidon,
Toe het hulle by Gílead gekom, en by die land van Tagtim-Hodsi; en hulle het by Dan-Jaan gekom, en rondom na Sidon gekom,
7
And came to the strong hold of Tyre, and to all the cities of the Hivites, and of the Canaanites: and they went out to the south of Judah, [even] to Beersheba.
En by die vesting van Tirus gekom, en by al die stede van die Hewiete, en van die Kanaäniete: en hulle het uitgegaan na die suide van Juda, selfs tot by Beërséba.
8
So when they had gone through all the land, they came to Jerusalem at the end of nine months and twenty days.
So het hulle dan deur die hele land getrek, en na die end van nege maande en twintig dae by Jérusalem gekom.
9
And Joab gave up the sum of the number of the people unto the king: and there were in Israel eight hundred thousand valiant men that drew the sword; and the men of Judah [were] five hundred thousand men.
En Joab het die som van die telling van die volk aan die koning gegee: en daar was in Israel agthonderd duisend dapper manne wat die swaard getrek het; en die manne van Juda was vyfhonderd duisend man.
10
And David’s heart smote him after that he had numbered the people. And David said unto the LORD, I have sinned greatly in that I have done: and now, I beseech thee, O LORD, take away the iniquity of thy servant; for I have done very foolishly.
En Dawid se hart het hom geslaan nadat hy die volk getel het. En Dawid het tot die HERE gesê, Ek het baie gesondig in dit wat ek gedoen het: en nou, ek bid U, o HERE, neem die ongeregtigheid van u dienaar weg; want ek het baie dwaas gehandel.
11
For when David was up in the morning, the word of the LORD came unto the prophet Gad, David’s seer, saying,
Want toe Dawid in die môre opgestaan het, het die woord van die HERE tot die profeet Gad, Dawid se siener, gekom, en gesê,
12
Go and say unto David, Thus saith the LORD, I offer thee three [things]; choose thee one of them, that I may [do it] unto thee.
Gaan en sê tot Dawid, So sê die HERE, Ek bied jou drie dinge aan; kies jou een daarvan, dat ek dit aan jou mag doen.
13
So Gad came to David, and told him, and said unto him, Shall seven years of famine come unto thee in thy land? or wilt thou flee three months before thine enemies, while they pursue thee? or that there be three days’ pestilence in thy land? now advise, and see what answer I shall return to him that sent me.
So het Gad dan by Dawid gekom, en dit hom vertel, en gesê, Sal sewe jaar hongersnood in jou land oor jou kom? of wil jy drie maande lank voor jou vyande vlug, terwyl hulle jou agtervolg? of dat daar drie dae lank pestilensie in jou land wees? oorweeg nou, en sien watter antwoord ek moet terugbring aan Hom wat my gestuur het.
14
And David said unto Gad, I am in a great strait: let us fall now into the hand of the LORD; for his mercies [are] great: and let me not fall into the hand of man.
En Dawid het tot Gad gesê, Ek is in ’n groot benoudheid: laat ons tog in die hand van die HERE val; want sy barmhartighede is groot: en laat my nie in die hand van die mens val nie.
15
So the LORD sent a pestilence upon Israel from the morning even to the time appointed: and there died of the people from Dan even to Beersheba seventy thousand men.
So het die HERE dan ’n pestilensie in Israel gestuur van die môre af selfs tot die bepaalde tyd: en daar het van die volk gesterwe, van Dan af tot by Beërséba, sewentig duisend man.
16
And when the angel stretched out his hand upon Jerusalem to destroy it, the LORD repented him of the evil, and said to the angel that destroyed the people, It is enough: stay now thine hand. And the angel of the LORD was by the threshingplace of Araunah the Jebusite.
En toe die engel sy hand oor Jérusalem uitgesteek het om dit te vernietig, het die HERE berou gehad van die onheil, en tot die engel wat die volk vernietig het, gesê, Dit is genoeg: hou nou jou hand terug. En die engel van die HERE was by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.
17
And David spake unto the LORD when he saw the angel that smote the people, and said, Lo, I have sinned, and I have done wickedly: but these sheep, what have they done? let thine hand, I pray thee, be against me, and against my father’s house.
En Dawid het tot die HERE gespreek toe hy die engel sien wat die volk verslaan het, en gesê, Kyk, ek het gesondig, en ek het ongeregtigheid gedoen: maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? laat u hand, ek bid U, teen my, en teen my vader se huis wees.
18
And Gad came that day to David, and said unto him, Go up, rear an altar unto the LORD in the threshingfloor of Araunah the Jebusite.
En Gad het daardie dag by Dawid gekom, en tot hom gesê, Gaan op, rig ’n altaar aan die HERE op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.
19
And David, according to the saying of Gad, went up as the LORD commanded.
En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die HERE beveel het.
20
And Araunah looked, and saw the king and his servants coming on toward him: and Araunah went out, and bowed himself before the king on his face upon the ground.
En Arauna het uitgesien, en die koning en sy dienaars sien aankom na hom toe: en Arauna het uitgegaan, en voor die koning op sy aangesig na die grond gebuig.
21
And Araunah said, Wherefore is my lord the king come to his servant? And David said, To buy the threshingfloor of thee, to build an altar unto the LORD, that the plague may be stayed from the people.
En Arauna het gesê, Waarom is my heer die koning na sy dienaar gekom? En Dawid het gesê, Om die dorsvloer van jou te koop, om ’n altaar aan die HERE te bou, dat die plaag van die volk afgewend mag word.
22
And Araunah said unto David, Let my lord the king take and offer up what [seemeth] good unto him: behold, [here be] oxen for burnt sacrifice, and threshing instruments and [other] instruments of the oxen for wood.
En Arauna het tot Dawid gesê, Laat my heer die koning neem en offer wat goed is in sy oë: kyk, hier is osse vir brandoffer, en dorsinstrumente en ander instrumente van die osse vir hout.
23
All these [things] did Araunah, [as] a king, give unto the king. And Araunah said unto the king, The LORD thy God accept thee.
Al hierdie dinge gee Arauna, as ’n koning, aan die koning. En Arauna het tot die koning gesê, Die HERE jou God neem jou welwillend aan.
24
And the king said unto Araunah, Nay; but I will surely buy [it] of thee at a price: neither will I offer burnt offerings unto the LORD my God of that which doth cost me nothing. So David bought the threshingfloor and the oxen for fifty shekels of silver.
En die koning het tot Arauna gesê, Nee; maar ek wil dit sekerlik van jou koop teen ’n prys: en ek wil nie brandoffers aan die HERE my God offer van dit wat niks kos nie. So het Dawid dan die dorsvloer en die osse gekoop vir vyftig sikkels silwer.
25
And David built there an altar unto the LORD, and offered burnt offerings and peace offerings. So the LORD was intreated for the land, and the plague was stayed from Israel.
En Dawid het daar ‚'n altaar aan die HERE gebou, en brandoffers en dankoffers geoffer. So is die HERE dan versoen vir die land, en die plaag is van Israel afgewend.