King James Version
AFR DVK
1
And there happened to be there a man of Belial, whose name [was] Sheba, the son of Bichri, a Benjamite: and he blew a trumpet, and said, We have no part in David, neither have we inheritance in the son of Jesse: every man to his tents, O Israel.
En daar het ’n man van Belial toevallig daar gewees, wie se naam was Seba, die seun van Bigri, ’n Benjamiet: en hy het met die trompet geblaas, en gesê, Ons het geen deel in Dawid nie, en ons het geen erfenis in die seun van Isai nie: elkeen na sy tente, o Israel.
2
So every man of Israel went up from after David, [and] followed Sheba the son of Bichri: but the men of Judah clave unto their king, from Jordan even to Jerusalem.
So het al die manne van Israel dan van Dawid af opgegaan, en Seba die seun van Bigri gevolg: maar die manne van Juda het by hulle koning gehang, van die Jordaan af tot by Jérusalem.
3
And David came to his house at Jerusalem; and the king took the ten women [his] concubines, whom he had left to keep the house, and put them in ward, and fed them, but went not in unto them. So they were shut up unto the day of their death, living in widowhood.
En Dawid het by sy huis in Jérusalem gekom; en die koning het die tien vroue sy byvroue, wat hy gelaat het om die huis te bewaar, geneem, en hulle in ’n huis van toesig gesit, en hulle van voedsel voorsien, maar by hulle nie ingegaan nie. So is hulle dan toegesluit tot die dag van hulle dood, en het as weduwees gelewe.
4
Then said the king to Amasa, Assemble me the men of Judah within three days, and be thou here present.
Toe het die koning tot Amasa gesê, Roep die manne van Juda binne drie dae bymekaar vir my, en wees jy hier teenwoordig.
5
So Amasa went to assemble [the men of] Judah: but he tarried longer than the set time which he had appointed him.
So het Amasa dan gegaan om Juda bymekaar te roep: maar hy het langer getalm as die tyd wat hy gestel was.
6
And David said to Abishai, Now shall Sheba the son of Bichri do us more harm than [did] Absalom: take thou thy lord’s servants, and pursue after him, lest he get him fenced cities, and escape us.
En Dawid het tot Abísai gesê, Nou sal Seba die seun van Bigri vir ons meer kwaad doen as Absalom: neem jy jou heer se dienaars, en agtervolg hom, dat hy nie versterkte stede vir hom vind, en aan ons ontsnap nie.
7
And there went out after him Joab’s men, and the Cherethites, and the Pelethites, and all the mighty men: and they went out of Jerusalem, to pursue after Sheba the son of Bichri.
En daar het agter hom uitgegaan die manne van Joab, en die Keretiete, en die Peletiete, en al die dapper manne: en hulle het uit Jérusalem uitgegaan, om Seba die seun van Bigri te agtervolg.
8
When they [were] at the great stone which [is] in Gibeon, Amasa went before them. And Joab’s garment that he had put on was girded unto him, and upon it a girdle [with] a sword fastened upon his loins in the sheath thereof; and as he went forth it fell out.
Toe hulle by die groot klip was wat in Gibeon is, het Amasa voor hulle uitgekom. En Joab se kleed wat hy aangehad het, was omgord, en daarop ‚'n gordel met ‚'n swaard wat in sy skede aan sy heupe vasgemaak was: en toe hy vorentoe gegaan het, het dit uitgeval.
9
And Joab said to Amasa, [Art] thou in health, my brother? And Joab took Amasa by the beard with the right hand to kiss him.
En Joab het tot Amasa gesê, Is dit met jou wel, my broer? En Joab het Amasa by die baard met die regterhand gegryp om hom te soen.
10
But Amasa took no heed to the sword that [was] in Joab’s hand: so he smote him therewith in the fifth [rib], and shed out his bowels to the ground, and struck him not again; and he died. So Joab and Abishai his brother pursued after Sheba the son of Bichri.
Maar Amasa het nie ag gegee op die swaard wat in Joab se hand was nie: so het hy hom daarmee in die vyfde rib gesteek, en sy ingewande op die grond uitgestort, en hom nie ’n tweede slag geslaan nie; en hy is gesterwe. So het Joab en Abísai sy broer dan Seba die seun van Bigri agtervolg.
11
And one of Joab’s men stood by him, and said, He that favoureth Joab, and he that [is] for David, [let him go] after Joab.
En een van Joab se manne het by hom gestaan, en gesê, Hy wat Joab behaag, en hy wat vir Dawid is, laat hom Joab volg.
12
And Amasa wallowed in blood in the midst of the highway. And when the man saw that all the people stood still, he removed Amasa out of the highway into the field, and cast a cloth upon him, when he saw that every one that came by him stood still.
En Amasa het in bloed in die midde van die pad gerol. En toe die man gesien het dat die hele volk stilgestaan het, het hy Amasa uit die pad na die veld verwyder, en ‚'n kleed oor hom gegooi, toe hy gesien het dat elkeen wat by hom kom, stilgestaan het.
13
When he was removed out of the highway, all the people went on after Joab, to pursue after Sheba the son of Bichri.
Toe hy uit die pad verwyder was, het almal agter Joab aangegaan, om Seba die seun van Bigri te agtervolg.
14
And he went through all the tribes of Israel unto Abel, and to Bethmaachah, and all the Berites: and they were gathered together, and went also after him.
En hy het deur al die stamme van Israel getrek tot by Abel, en tot by Bet-Maäga, en al die Beriete: en hulle is bymekaargemaak, en het ook agter hom aangegaan.
15
And they came and besieged him in Abel of Bethmaachah, and they cast up a bank against the city, and it stood in the trench: and all the people that [were] with Joab battered the wall, to throw it down.
En hulle het gekom en hom in Abel van Bet-Maäga beleër, en ’n wal teen die stad opgewerp, en dit het in die gracht gestaan: en al die volk wat by Joab was, het die muur gestamp om dit om te gooi.
16
Then cried a wise woman out of the city, Hear, hear; say, I pray you, unto Joab, Come near hither, that I may speak with thee.
Toe het ’n wyse vrou uit die stad uitgeroep, Hoor, hoor; sê, ek bid julle, tot Joab, Kom hier nader, dat ek met jou mag spreek.
17
And when he was come near unto her, the woman said, [Art] thou Joab? And he answered, I [am he]. Then she said unto him, Hear the words of thine handmaid. And he answered, I do hear.
En toe hy naby by haar gekom het, het die vrou gesê, Is jy Joab? En hy het geantwoord, Ek is. Toe het sy tot hom gesê, Hoor die woorde van jou diensmaagd. En hy het geantwoord, Ek luister.
18
Then she spake, saying, They were wont to speak in old time, saying, They shall surely ask [counsel] at Abel: and so they ended [the matter].
Toe het sy so gespreek, en gesê, Hulle was gewoond om vroeër te sê, Hulle sal sekerlik raad vra by Abel: en so het hulle ’n einde gemaak.
19
I [am one of them that are] peaceable [and] faithful in Israel: thou seekest to destroy a city and a mother in Israel: why wilt thou swallow up the inheritance of the LORD?
Ek is een van hulle wat vreedsame en getroue in Israel is: jy soek om ‚'n stad en ‚'n moeder in Israel te vernietig: waarom wil jy die erfenis van die HERE verslind?
20
And Joab answered and said, Far be it, far be it from me, that I should swallow up or destroy.
En Joab het geantwoord en gesê, Mag dit ver, ver van my wees, dat ek sou verslind of vernietig.
21
The matter [is] not so: but a man of mount Ephraim, Sheba the son of Bichri by name, hath lifted up his hand against the king, [even] against David: deliver him only, and I will depart from the city. And the woman said unto Joab, Behold, his head shall be thrown to thee over the wall.
Die saak is nie so nie: maar ’n man van die berg Efraim, Seba die seun van Bigri met name, het sy hand teen die koning, selfs teen Dawid, opgelig: gee hom net oor, en ek sal van die stad af weggaan. En die vrou het tot Joab gesê, Kyk, sy hoof sal oor die muur na jou toe gegooi word.
22
Then the woman went unto all the people in her wisdom. And they cut off the head of Sheba the son of Bichri, and cast [it] out to Joab. And he blew a trumpet, and they retired from the city, every man to his tent. And Joab returned to Jerusalem unto the king.
Toe het die vrou in haar wysheid na die hele volk gegaan. En hulle het die hoof van Seba die seun van Bigri afgekap, en dit na Joab gegooi. En hy het met die trompet geblaas, en hulle het van die stad af teruggetrek, elkeen na sy tent. En Joab het na Jérusalem na die koning teruggekeer.
23
Now Joab [was] over all the host of Israel: and Benaiah the son of Jehoiada [was] over the Cherethites and over the Pelethites:
Nou was Joab oor die hele leër van Israel: en Benája die seun van Jójada was oor die Keretiete en oor die Peletiete:
24
And Adoram [was] over the tribute: and Jehoshaphat the son of Ahilud [was] recorder:
En Adoram was oor die dienspligtiges: en Josafat die seun van Ahílud was die kanselier:
25
And Sheva [was] scribe: and Zadok and Abiathar [were] the priests:
En Seja was skrywer: en Sadok en Abjatar was die priesters:
26
And Ira also the Jairite was a chief ruler about David.
En Ira ook die Jaïriet was ’n owerste by Dawid.