King James Version
AFR DVK
1
And David numbered the people that [were] with him, and set captains of thousands and captains of hundreds over them.
En Dawid het die volk wat by hom was, getel, en owerstes oor duisende, en owerstes oor honderde, oor hulle aangestel.
2
And David sent forth a third part of the people under the hand of Joab, and a third part under the hand of Abishai the son of Zeruiah, Joab’s brother, and a third part under the hand of Ittai the Gittite. And the king said unto the people, I will surely go forth with you myself also.
En Dawid het ’n derde deel van die volk onder die hand van Joab gestuur, en ’n derde deel onder die hand van Abísai die seun van Serúja, Joab se broer, en ’n derde deel onder die hand van Ittái die Gittiet. En die koning het tot die volk gesê, Ek sal sekerlik self ook met julle uittrek.
3
But the people answered, Thou shalt not go forth: for if we flee away, they will not care for us; neither if half of us die, will they care for us: but now [thou art] worth ten thousand of us: therefore now [it is] better that thou succour us out of the city.
Maar die volk het geantwoord, Jy moet nie uittrek nie: want as ons vlug, sal hulle nie om ons omgee nie; as die helfte van ons ook sterwe, sal hulle nie om ons omgee nie: maar jy is meer werd as tienduisend van ons: daarom is dit beter dat jy ons uit die stad help.
4
And the king said unto them, What seemeth you best I will do. And the king stood by the gate side, and all the people came out by hundreds and by thousands.
En die koning het tot hulle gesê, Wat julle goed dink, sal ek doen. So het die koning dan by die poort gestaan, en al die volk het by honderde en by duisende uitgegaan.
5
And the king commanded Joab and Abishai and Ittai, saying, [Deal] gently for my sake with the young man, [even] with Absalom. And all the people heard when the king gave all the captains charge concerning Absalom.
En die koning het Joab en Abísai en Ittái beveel, en gesê, Handhaag vir my die jongman, selfs Absalom. En die hele volk het gehoor toe die koning al die owerstes aangaande Absalom beveel het.
6
So the people went out into the field against Israel: and the battle was in the wood of Ephraim;
So het die volk dan in die veld uitgegaan teen Israel: en die geveg was in die woud van Efraim;
7
Where the people of Israel were slain before the servants of David, and there was there a great slaughter that day of twenty thousand [men].
Waar die volk van Israel voor die dienaars van Dawid verslaan is, en daar was daardie dag ‚'n groot slag van twintig duisend man.
8
For the battle was there scattered over the face of all the country: and the wood devoured more people that day than the sword devoured.
Want die geveg was daar versprei oor die aangesig van die hele land: en die woud het daardie dag meer van die volk verteer as wat die swaard verteer het.
9
And Absalom met the servants of David. And Absalom rode upon a mule, and the mule went under the thick boughs of a great oak, and his head caught hold of the oak, and he was taken up between the heaven and the earth; and the mule that [was] under him went away.
En Absalom het die dienaars van Dawid ontmoet. En Absalom het op ‚'n muil gery, en die muil het onder die digte takke van ‚'n groot eikeboom deurgegaan, en sy hoof het in die eikeboom vasgehaak, en hy is tussen die hemel en die aarde opgehang; en die muil wat onder hom was, het verder gegaan.
10
And a certain man saw [it], and told Joab, and said, Behold, I saw Absalom hanged in an oak.
En ’n sekere man het dit gesien, en dit aan Joab vertel, en gesê, Kyk, ek het Absalom in ’n eikeboom sien hang.
11
And Joab said unto the man that told him, And, behold, thou sawest [him], and why didst thou not smite him there to the ground? and I would have given thee ten [shekels] of silver, and a girdle.
En Joab het tot die man gesê wat dit hom vertel het, En kyk, jy het hom gesien, en waarom het jy hom nie daar op die grond neergeslaan nie? en ek sou jou tien stukkies silwer en ’n gordel gegee het.
12
And the man said unto Joab, Though I should receive a thousand [shekels] of silver in mine hand, [yet] would I not put forth mine hand against the king’s son: for in our hearing the king charged thee and Abishai and Ittai, saying, Beware that none [touch] the young man Absalom.
En die man het tot Joab gesê, Al sou ek duisend stukkies silwer in my hand weeg, sou ek my hand nie teen die koning se seun uitsteek nie: want in ons ore het die koning jou en Abísai en Ittái beveel, en gesê, Pas op dat niemand die jongman Absalom aanraak nie.
13
Otherwise I should have wrought falsehood against mine own life: for there is no matter hid from the king, and thou thyself wouldest have set thyself against [me].
Anders sou ek valsheid teen my eie lewe gedoen het: want daar is geen saak vir die koning verborge nie, en jy self sou teen my gestaan het.
14
Then said Joab, I may not tarry thus with thee. And he took three darts in his hand, and thrust them through the heart of Absalom, while he [was] yet alive in the midst of the oak.
Toe het Joab gesê, Ek mag nie so by jou vertoef nie. En hy het drie pyle in sy hand geneem, en hulle in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig in die midde van die eikeboom was.
15
And ten young men that bare Joab’s armour compassed about and smote Absalom, and slew him.
En tien jongmanne wat Joab se wapens gedra het, het Absalom omsingel, en hom neergeslaan, en hom doodgemaak.
16
And Joab blew the trumpet, and the people returned from pursuing after Israel: for Joab held back the people.
En Joab het met die trompet geblaas, en die volk het teruggekeer van die agtervolging van Israel af: want Joab het die volk teruggehou.
17
And they took Absalom, and cast him into a great pit in the wood, and laid a very great heap of stones upon him: and all Israel fled every one to his tent.
En hulle het Absalom geneem, en hom in ‚'n groot put in die woud gegooi, en ‚'n baie groot hoop klippe op hom opgehoop: en die hele Israel het gevlug elkeen na sy tent.
18
Now Absalom in his lifetime had taken and reared up for himself a pillar, which [is] in the king’s dale: for he said, I have no son to keep my name in remembrance: and he called the pillar after his own name: and it is called unto this day, Absalom’s place.
Nou het Absalom in sy lewe ’n pilaar geneem, en dit vir homself opgerig, wat in die koningsdal is: want hy het gesê, Ek het geen seun om my naam in herinnering te hou nie: en hy het die pilaar na sy eie naam genoem: en dit word tot vandag toe Absalom se plek genoem.
19
Then said Ahimaaz the son of Zadok, Let me now run, and bear the king tidings, how that the LORD hath avenged him of his enemies.
Toe het Ahimaäs die seun van Sadok gesê, Laat my nou hardloop, en die koning die tyding bring, hoe die HERE hom gewreek het op sy vyande.
20
And Joab said unto him, Thou shalt not bear tidings this day, but thou shalt bear tidings another day: but this day thou shalt bear no tidings, because the king’s son is dead.
En Joab het tot hom gesê, Jy moet nie die tyding hierdie dag bring nie, maar jy moet die tyding ’n ander dag bring: maar hierdie dag moet jy geen tyding bring nie, omdat die koning se seun dood is.
21
Then said Joab to Cushi, Go tell the king what thou hast seen. And Cushi bowed himself unto Joab, and ran.
Toe het Joab tot die Kusiet gesê, Gaan, vertel die koning wat jy gesien het. En die Kusiet het voor Joab gebuig, en gehardloop.
22
Then said Ahimaaz the son of Zadok yet again to Joab, But howsoever, let me, I pray thee, also run after Cushi. And Joab said, Wherefore wilt thou run, my son, seeing that thou hast no tidings ready?
Toe het Ahimaäs die seun van Sadok nog ’n keer tot Joab gesê, Hoe ook al, laat my, ek bid jou, ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab het gesê, Waarom wil jy hardloop, my seun, aangesien daar geen tyding is wat voordeel bring nie?
23
But howsoever, [said he], let me run. And he said unto him, Run. Then Ahimaaz ran by the way of the plain, and overran Cushi.
Maar hoe ook al, het hy gesê, laat my hardloop. En hy het tot hom gesê, Hardloop. Toe het Ahimaäs by die pad van die vlakte gehardloop, en die Kusiet verbygesteek.
24
And David sat between the two gates: and the watchman went up to the roof over the gate unto the wall, and lifted up his eyes, and looked, and behold a man running alone.
En Dawid het tussen die twee poorte gesit: en die wag het na die dak oor die poort by die muur gegaan, en sy oë opgelig, en gekyk, en kyk, ’n man het alleen gehardloop.
25
And the watchman cried, and told the king. And the king said, If he [be] alone, [there is] tidings in his mouth. And he came apace, and drew near.
En die wag het uitgeroep, en dit aan die koning vertel. En die koning het gesê, As hy alleen is, is daar tyding in sy mond. En hy het vinnig aangekom, en nader gekom.
26
And the watchman saw another man running: and the watchman called unto the porter, and said, Behold [another] man running alone. And the king said, He also bringeth tidings.
En die wag het ’n ander man sien hardloop: en die wag het na die poortwagter geroep, en gesê, Kyk, daar hardloop ’n ander man alleen. En die koning het gesê, Hy bring ook tyding.
27
And the watchman said, Me thinketh the running of the foremost is like the running of Ahimaaz the son of Zadok. And the king said, He [is] a good man, and cometh with good tidings.
En die wag het gesê, Ek dink die hardloop van die voorste is soos die hardloop van Ahimaäs die seun van Sadok. En die koning het gesê, Hy is ’n goeie man, en kom met goeie tyding.
28
And Ahimaaz called, and said unto the king, All is well. And he fell down to the earth upon his face before the king, and said, Blessed [be] the LORD thy God, which hath delivered up the men that lifted up their hand against my lord the king.
En Ahimaäs het geroep, en tot die koning gesê, Alles is wel. En hy het op sy aangesig voor die koning na die aarde geval, en gesê, Geseënd is die HERE jou God, wat die manne oorgegee het wat hulle hand teen my heer die koning opgelig het.
29
And the king said, [Is] the young man Absalom safe? And Ahimaaz answered, When Joab sent the king’s servant, and [me] thy servant, I saw a great tumult, but I knew not what [it was].
En die koning het gesê, Gaan dit wel met die jongman Absalom? En Ahimaäs het geantwoord, Toe Joab die koning se dienaar, en my jou dienaar, gestuur het, het ek ’n groot rumoer gesien, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
30
And the king said [unto him], Turn aside, [and] stand here. And he turned aside, and stood still.
En die koning het gesê, Draai hierheen, en staan stil. En hy het omgedraai, en gestaan.
31
And, behold, Cushi came; and Cushi said, Tidings, my lord the king: for the LORD hath avenged thee this day of all them that rose up against thee.
En kyk, die Kusiet het gekom; en die Kusiet het gesê, Tyding word my heer die koning gebring: want die HERE het jou vandag gewreek op al hulle wat teen jou opgestaan het.
32
And the king said unto Cushi, [Is] the young man Absalom safe? And Cushi answered, The enemies of my lord the king, and all that rise against thee to do [thee] hurt, be as [that] young man [is].
En die koning het tot die Kusiet gesê, Gaan dit wel met die jongman Absalom? En die Kusiet het geantwoord, Die vyande van my heer die koning, en almal wat teen jou opstaan om jou kwaad te doen, moet soos daardie jongman wees.
33
And the king was much moved, and went up to the chamber over the gate, and wept: and as he went, thus he said, O my son Absalom, my son, my son Absalom! would God I had died for thee, O Absalom, my son, my son!
En die koning is baie ontsteld, en het opgegaan na die kamer oor die poort, en geween: en soos hy gegaan het, het hy so gesê, O my seun Absalom, my seun, my seun Absalom! ag, dat ek in jou plek gesterwe het, o Absalom, my seun, my seun!