King James Version
AFR DVK
1
Now it came to pass after the death of Saul, when David was returned from the slaughter of the Amalekites, and David had abode two days in Ziklag;
Nou het dit gebeur ná die dood van Saul, toe Dawid van die slag van die Amalekiete teruggekeer het, en Dawid twee dae in Siklag gebly het;
2
It came even to pass on the third day, that, behold, a man came out of the camp from Saul with his clothes rent, and earth upon his head: and [so] it was, when he came to David, that he fell to the earth, and did obeisance.
Dit was so op die derde dag, dat, kyk, ’n man uit die leër van Saul gekom het met sy klere geskeur, en grond op sy hoof: en so was dit, toe hy by Dawid kom, dat hy op die aarde geval het, en homself neergebuig het.
3
And David said unto him, From whence comest thou? And he said unto him, Out of the camp of Israel am I escaped.
En Dawid het tot hom gesê, Van waar kom jy? En hy het tot hom gesê, Uit die leër van Israel het ek ontvlug.
4
And David said unto him, How went the matter? I pray thee, tell me. And he answered, That the people are fled from the battle, and many of the people also are fallen and dead; and Saul and Jonathan his son are dead also.
En Dawid het tot hom gesê, Hoe het die saak gegaan? sê my tog. En hy het geantwoord, Die volk het uit die geveg gevlug, en baie van die volk is ook geval en dood; en Saul en Jonatan sy seun is ook dood.
5
And David said unto the young man that told him, How knowest thou that Saul and Jonathan his son be dead?
En Dawid het tot die jongman wat hom dit vertel het, gesê, Hoe weet jy dat Saul en Jonatan sy seun dood is?
6
And the young man that told him said, As I happened by chance upon mount Gilboa, behold, Saul leaned upon his spear; and, lo, the chariots and horsemen followed hard after him.
En die jongman wat hom dit vertel het, het gesê, Soos ek by toeval op die berg Gilboa gekom het, kyk, Saul het op sy spies geleun; en kyk, die strydwaens en ruiters het hom hard agtervolg.
7
And when he looked behind him, he saw me, and called unto me. And I answered, Here [am] I.
En toe hy agterom gekyk het, het hy my gesien, en my geroep. En ek het geantwoord, Hier is ek.
8
And he said unto me, Who [art] thou? And I answered him, I [am] an Amalekite.
En hy het tot my gesê, Wie is jy? En ek het tot hom geantwoord, Ek is ’n Amalekiet.
9
He said unto me again, Stand, I pray thee, upon me, and slay me: for anguish is come upon me, because my life [is] yet whole in me.
Hy het verder tot my gesê, Staan, ek bid jou, oor my, en maak my dood: want angs het my aangegreep, omdat my lewe nog heeltemal in my is.
10
So I stood upon him, and slew him, because I was sure that he could not live after that he was fallen: and I took the crown that [was] upon his head, and the bracelet that [was] on his arm, and have brought them hither unto my lord.
So het ek dan oor hom gestaan, en hom doodgemaak, omdat ek seker geweet het dat hy nie kon lewe nadat hy geval het nie: en ek het die kroon wat op sy hoof was, en die armband wat aan sy arm was, geneem, en dit hier by my heer gebring.
11
Then David took hold on his clothes, and rent them; and likewise all the men that [were] with him:
Toe het Dawid sy klere gegryp, en dit geskeur; en so ook al die manne wat by hom was:
12
And they mourned, and wept, and fasted until even, for Saul, and for Jonathan his son, and for the people of the LORD, and for the house of Israel; because they were fallen by the sword.
En hulle het gerou, en geween, en gevas tot die aand toe, vir Saul, en vir Jonatan sy seun, en vir die volk van die HERE, en vir die huis van Israel; omdat hulle deur die swaard geval het.
13
And David said unto the young man that told him, Whence [art] thou? And he answered, I [am] the son of a stranger, an Amalekite.
En Dawid het tot die jongman wat hom dit vertel het, gesê, Waarvandaan is jy? En hy het geantwoord, Ek is die seun van ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.
14
And David said unto him, How wast thou not afraid to stretch forth thine hand to destroy the LORD’S anointed?
En Dawid het tot hom gesê, Hoe was jy nie bevrees om jou hand uit te steek om die HERE se gesalfde te vernietig nie?
15
And David called one of the young men, and said, Go near, [and] fall upon him. And he smote him that he died.
En Dawid het een van die jongmanne geroep, en gesê, Gaan nader, en val op hom. En hy het hom neergeslaan dat hy gesterwe het.
16
And David said unto him, Thy blood [be] upon thy head; for thy mouth hath testified against thee, saying, I have slain the LORD’S anointed.
En Dawid het tot hom gesê, Jou bloed is op jou hoof; want jou mond het teen jou getuig, deur te sê, Ek het die HERE se gesalfde doodgemaak.
17
And David lamented with this lamentation over Saul and over Jonathan his son:
En Dawid het hierdie klaaglied oor Saul en oor Jonatan sy seun aangeneem:
18
(Also he bade them teach the children of Judah [the use of] the bow: behold, [it is] written in the book of Jasher.)
(Ook het hy beveel om die kinders van Juda die gebruik van die boog te leer: kyk, dit is geskrywe in die boek van Jaser.)
19
The beauty of Israel is slain upon thy high places: how are the mighty fallen!
Die skoonheid van Israel is op jou hoogtes verslaan: hoe is die magtiges geval!
20
Tell [it] not in Gath, publish [it] not in the streets of Askelon; lest the daughters of the Philistines rejoice, lest the daughters of the uncircumcised triumph.
Vertel dit nie in Gat nie, verkondig dit nie in die strate van Askelon nie; dat die dogters van die Filistyne nie bly word nie, dat die dogters van die onbesnedenes nie juig nie.
21
Ye mountains of Gilboa, [let there be] no dew, neither [let there be] rain, upon you, nor fields of offerings: for there the shield of the mighty is vilely cast away, the shield of Saul, [as though he had] not [been] anointed with oil.
Julle berge van Gilboa, laat daar geen dou, of reën, op julle wees nie, en ook nie velde van offers nie: want daar is die skild van die magtiges veragtelik weggegooi, die skild van Saul, asof hy nie met olie gesalf was nie.
22
From the blood of the slain, from the fat of the mighty, the bow of Jonathan turned not back, and the sword of Saul returned not empty.
Van die bloed van die verslagenes, van die vet van die magtiges, het die boog van Jonatan nie teruggekeer nie, en die swaard van Saul het nie leeg teruggekeer nie.
23
Saul and Jonathan [were] lovely and pleasant in their lives, and in their death they were not divided: they were swifter than eagles, they were stronger than lions.
Saul en Jonatan was liefelik en aangenaam in hulle lewe, en in hulle dood is hulle nie geskei nie: hulle was ligter as arende, hulle was sterker as leeus.
24
Ye daughters of Israel, weep over Saul, who clothed you in scarlet, with [other] delights, who put on ornaments of gold upon your apparel.
Julle dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle met skarlaken, met ander vermaak, gekleed het, wat goue sierade op julle klere gesit het.
25
How are the mighty fallen in the midst of the battle! O Jonathan, [thou wast] slain in thine high places.
Hoe is die magtiges in die midde van die geveg geval! O Jonatan, jy is op jou hoogtes verslaan.
26
I am distressed for thee, my brother Jonathan: very pleasant hast thou been unto me: thy love to me was wonderful, passing the love of women.
Ek is benoud oor jou, my broer Jonatan: jy was baie aangenaam vir my: jou liefde vir my was wonderlik, meer as die liefde van vroue.
27
How are the mighty fallen, and the weapons of war perished!
Hoe is die magtiges geval, en die wapens van die oorlog vergaan!