← 2 Petrus 1 2 Petrus — 2 Peter 2 2 Petrus 3 →
King James Version
AFR DVK
1
But there were false prophets also among the people, even as there shall be false teachers among you, who privily shall bring in damnable heresies, even denying the Lord that bought them, and bring upon themselves swift destruction.
Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees, wat heimlik verderflike sektes sal invoer, selfs die Here wat hulle gekoop het verloënende, en ’n haastige verderwing op hulleself bringende.
2
And many shall follow their pernicious ways; by reason of whom the way of truth shall be evil spoken of.
En baie sal hulle verderflike weë navolg; deur wie die weg van die waarheid belaster sal word.
3
And through covetousness shall they with feigned words make merchandise of you: whose judgment now of a long time lingereth not, and their damnation slumbereth not.
En deur gierigheid sal hulle met versinde woorde van julle wins maak: wie se oordeel van ouds af nie talm nie, en hulle verderwing sluimer nie.
4
For if God spared not the angels that sinned, but cast [them] down to hell, and delivered [them] into chains of darkness, to be reserved unto judgment;
Want as God die engele wat gesondig het nie gespaar het nie, maar hulle in die hel neergewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om tot die oordeel bewaar te word;
5
And spared not the old world, but saved Noah the eighth [person], a preacher of righteousness, bringing in the flood upon the world of the ungodly;
En die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van die geregtigheid, die agtste persoon, bewaar het, die wêreld van die goddeloses met die sondvloed oorgekom hebbende;
6
And turning the cities of Sodom and Gomorrha into ashes condemned [them] with an overthrow, making [them] an ensample unto those that after should live ungodly;
En die stede van Sodom en Gomorra tot as verbrand hebbende, tot ’n voorbeeld veroordeel het aan dié wat daarna goddeloos sou lewe;
7
And delivered just Lot, vexed with the filthy conversation of the wicked:
En die regverdige Lot, wat deur die losbandige wandel van die goddeloses verdruk is, verlos het:
8
(For that righteous man dwelling among them, in seeing and hearing, vexed [his] righteous soul from day to day with [their] unlawful deeds;)
(Want daardie regverdige man, woonende onder hulle, het dag vir dag sy regverdige siel gekwel deur die onwettige dade te sien en te hoor:)
9
The Lord knoweth how to deliver the godly out of temptations, and to reserve the unjust unto the day of judgment to be punished:
Die Here weet hoe om die godsaliges uit die versoeking te verlos, en om die onregverdiges tot die dag van oordeel onder straf te bewaar:
10
But chiefly them that walk after the flesh in the lust of uncleanness, and despise government. Presumptuous [are they], selfwilled, they are not afraid to speak evil of dignities.
Maar veral dié wat na die vlees in die lust van onreinheid wandel, en die heerskappy verag. Vermetel, selfgesind, is hulle nie bevrees om die heerskappye te belaster nie.
11
Whereas angels, which are greater in power and might, bring not railing accusation against them before the Lord.
Terwyl die engele, wat groter is in mag en krag, geen lasterlike aanklag teen hulle voor die Here bring nie.
12
But these, as natural brute beasts, made to be taken and destroyed, speak evil of the things that they understand not; and shall utterly perish in their own corruption;
Maar hierdie, soos natuurlike onredelike diere, gemaak om geneem en vernietig te word, belaster in die dinge wat hulle nie verstaan nie; en sal heeltemal vernietig word in hulle eie verdorwenheid;
13
And shall receive the reward of unrighteousness, [as] they that count it pleasure to riot in the day time. Spots [they are] and blemishes, sporting themselves with their own deceivings while they feast with you;
En sal die loon van ongeregtigheid ontvang, as dié wat dit ’n behae ag om in die dag te swelg. Vlekke is hulle en smet, en verlustig hulleself in hulle eie bedrieërye terwyl hulle met julle feestelik is;
14
Having eyes full of adultery, and that cannot cease from sin; beguiling unstable souls: an heart they have exercised with covetous practices; cursed children:
Hebbende oë vol van egbreuk, en wat nie van die sonde kan ophou nie; verlokkende ongestadige siele: ’n hart hebbende geoefen met gierige praktyke; vervloekte kinders:
15
Which have forsaken the right way, and are gone astray, following the way of Balaam [the son] of Bosor, who loved the wages of unrighteousness;
Wat die regte weg verlaat het, en afgedwaal het, die weg van Bíleam die seun van Bosor nagevolg hebbende, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het;
16
But was rebuked for his iniquity: the dumb ass speaking with man’s voice forbad the madness of the prophet.
Maar is berispe vir sy ongeregtigheid: die stom esel, spreekende met die stem van die mens, het die dwaasheid van die profeet verhinder.
17
These are wells without water, clouds that are carried with a tempest; to whom the mist of darkness is reserved for ever.
Hierdie is fonteine sonder water, wolke wat deur ‚'n storm aangedryf word; vir wie die swartheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
18
For when they speak great swelling [words] of vanity, they allure through the lusts of the flesh, [through much] wantonness, those that were clean escaped from them who live in error.
Want wanneer hulle groot opsnyerspraak spreek, verlok hulle deur die luste van die vlees, deur losbandigheid, dié wat net ontvlug het van hulle wat in dwaling wandel.
19
While they promise them liberty, they themselves are the servants of corruption: for of whom a man is overcome, of the same is he brought in bondage.
Aan hulle beloof hulle vryheid, terwyl hulle self diensknegte is van die verdorwenheid: want van wie ‚'n mens oorwin is, van dieselfde is hy tot dienskneg gemaak.
20
For if after they have escaped the pollutions of the world through the knowledge of the Lord and Saviour Jesus Christ, they are again entangled therein, and overcome, the latter end is worse with them than the beginning.
Want as hulle, nadat hulle die besoedelinge van die wêreld ontvlug het deur die kennis van die Here en Verlosser Jesus Christus, weer daarin verstrengel word, en oorwin word, is die laaste toestand met hulle erger as die eerste.
21
For it had been better for them not to have known the way of righteousness, than, after they have known [it], to turn from the holy commandment delivered unto them.
Want dit was beter vir hulle om nie die weg van die geregtigheid geken te het nie, as, nadat hulle dit geken het, om af te wend van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22
But it is happened unto them according to the true proverb, The dog [is] turned to his own vomit again; and the sow that was washed to her wallowing in the mire.
Maar dit het met hulle gebeur volgens die ware spreekwoord, Die hond is teruggekeer tot sy eie uitbraaksel; en, Die sog wat gewas is, tot haar wenteling in die modder.