King James Version
AFR DVK
1
Now when Solomon had made an end of praying, the fire came down from heaven, and consumed the burnt offering and the sacrifices; and the glory of the LORD filled the house.
Nou toe Salomo klaar was met die bid, het die vuur van die hemel afgekom, en die brandoffer en die slagoffers verteer; en die heerlikheid van die HERE het die huis gevul.
2
And the priests could not enter into the house of the LORD, because the glory of the LORD had filled the LORD’S house.
En die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, omdat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE gevul het.
3
And when all the children of Israel saw how the fire came down, and the glory of the LORD upon the house, they bowed themselves with their faces to the ground upon the pavement, and worshipped, and praised the LORD, [saying], For [he is] good; for his mercy [endureth] for ever.
En toe al die kinders van Israel gesien het hoe die vuur afgekom het, en die heerlikheid van die HERE op die huis was, het hulle met hulle aangesigte op die plaveisel neergeval, en aanbid, en die HERE geprys, en gesê, Want Hy is goed; want sy barmhartigheid duur vir ewig.
4
Then the king and all the people offered sacrifices before the LORD.
Toe het die koning en die hele volk offers voor die HERE geoffer.
5
And king Solomon offered a sacrifice of twenty and two thousand oxen, and an hundred and twenty thousand sheep: so the king and all the people dedicated the house of God.
En koning Salomo het ‚'n offer van twee en twintig duisend osse, en ‚'n honderd en twintig duisend skape geoffer: so het die koning en die hele volk die huis van God ingewy.
6
And the priests waited on their offices: the Levites also with instruments of musick of the LORD, which David the king had made to praise the LORD, because his mercy [endureth] for ever, when David praised by their ministry; and the priests sounded trumpets before them, and all Israel stood.
En die priesters het by hulle diens gestaan; die Leviete ook met instrumente van musiek van die HERE, wat koning Dawid gemaak het om die HERE te dank, omdat sy barmhartigheid vir ewig duur, toe Dawid deur hulle diens geprys het; en die priesters het met trompette teenoor hulle geblaas, en die hele Israel het gestaan.
7
Moreover Solomon hallowed the middle of the court that [was] before the house of the LORD: for there he offered burnt offerings, and the fat of the peace offerings, because the brasen altar which Solomon had made was not able to receive the burnt offerings, and the meat offerings, and the fat.
Bowendien het Salomo die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was: want daar het hy die brandoffers, en die vet van die dankoffers geoffer, omdat die koperaltaar wat Salomo gemaak het, nie in staat was om die brandoffers, en die spysoffers, en die vet te ontvang nie.
8
Also at the same time Solomon kept the feast seven days, and all Israel with him, a very great congregation, from the entering in of Hamath unto the river of Egypt.
Ook het Salomo in daardie tyd die fees sewe dae lank gehou, en die hele Israel saam met hom, ‚'n baie groot vergadering, van die ingang van Hamat af tot by die spruit van Egipte.
9
And in the eighth day they made a solemn assembly: for they kept the dedication of the altar seven days, and the feast seven days.
En op die agtste dag het hulle ‚'n plegtige vergadering gehou: want hulle het die inwyding van die altaar sewe dae lank gehou, en die fees sewe dae lank.
10
And on the three and twentieth day of the seventh month he sent the people away into their tents, glad and merry in heart for the goodness that the LORD had shewed unto David, and to Solomon, and to Israel his people.
En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hulle tente weggestuur, vrolik en bly van hart vir die goedheid wat die HERE aan Dawid, en aan Salomo, en aan Israel sy volk, bewys het.
11
Thus Solomon finished the house of the LORD, and the king’s house: and all that came into Solomon’s heart to make in the house of the LORD, and in his own house, he prosperously effected.
So het Salomo dan die huis van die HERE, en die koning se huis, voleindig: en al wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die HERE, en in sy eie huis, te doen, het hy voorspoedig gemaak.
12
And the LORD appeared to Solomon by night, and said unto him, I have heard thy prayer, and have chosen this place to myself for an house of sacrifice.
En die HERE het in die nag aan Salomo verskyn, en tot hom gesê, Ek het jou gebed gehoor, en hierdie plek vir Myself gekies as ’n huis van offerande.
13
If I shut up heaven that there be no rain, or if I command the locusts to devour the land, or if I send pestilence among my people;
As ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as ek die sprinkaan beveel om die land te verteer, of as ek pestilensie onder my volk stuur;
14
If my people, which are called by my name, shall humble themselves, and pray, and seek my face, and turn from their wicked ways; then will I hear from heaven, and will forgive their sin, and will heal their land.
As my volk, wat na my Naam genoem is, hulle verneder, en bid, en my aangesig soek, en hulle van hulle boos weë bekeer; dan sal ek uit die hemel hoor, en hulle sonde vergeef, en hulle land genees.
15
Now mine eyes shall be open, and mine ears attent unto the prayer [that is made] in this place.
Nou sal my oë oop wees, en my ore aandagtig tot die gebed wat in hierdie plek gedoen word.
16
For now have I chosen and sanctified this house, that my name may be there for ever: and mine eyes and mine heart shall be there perpetually.
Want nou het ek hierdie huis gekies en geheilig, dat my Naam daar vir ewig mag wees: en my oë en my hart sal daar wees vir ewig.
17
And as for thee, if thou wilt walk before me, as David thy father walked, and do according to all that I have commanded thee, and shalt observe my statutes and my judgments;
En wat jou betref, as jy voor My sal wandel, soos Dawid jou vader gewandel het, en doen volgens alles wat ek jou beveel het, en my insettinge en my oordele bewaar;
18
Then will I stablish the throne of thy kingdom, according as I have covenanted with David thy father, saying, There shall not fail thee a man [to be] ruler in Israel.
Dan sal ek die troon van jou koninkryk bevestig, volgens die verbond wat ek met Dawid jou vader gemaak het, en gesê het, Daar sal nie vir jou ’n man ontbreek om in Israel te heers nie.
19
But if ye turn away, and forsake my statutes and my commandments, which I have set before you, and shall go and serve other gods, and worship them;
Maar as julle julle afwend, en my insettinge en my gebooie verlaat wat ek voor julle gestel het, en heengaan en ander gode dien, en hulle aanbid;
20
Then will I pluck them up by the roots out of my land which I have given them; and this house, which I have sanctified for my name, will I cast out of my sight, and will make it [to be] a proverb and a byword among all nations.
Dan sal ek hulle uitruk uit my land wat ek hulle gegee het; en hierdie huis, wat ek vir my Naam geheilig het, sal ek van voor my aangesig wegwerp, en sal dit ‚'n spreekwoord en ‚'n bespotting maak onder al die volke.
21
And this house, which is high, shall be an astonishment to every one that passeth by it; so that he shall say, Why hath the LORD done thus unto this land, and unto this house?
En hierdie huis, wat hoog is, sal ’n verwondering wees vir elkeen wat daarby verbygaan; sodat hy sal sê, Waarom het die HERE so aan hierdie land, en aan hierdie huis gedoen?
22
And it shall be answered, Because they forsook the LORD God of their fathers, which brought them forth out of the land of Egypt, and laid hold on other gods, and worshipped them, and served them: therefore hath he brought all this evil upon them.
En dit sal geantwoord word, Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het, wat hulle uit die land Egipte uitgebring het, en ander gode aangehang het, en hulle aanbid en gedien het: daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.