King James Version
AFR DVK
1
Rebuke not an elder, but intreat [him] as a father; [and] the younger men as brethren;
Bestraf nie ‚'n ouer man nie, maar vermaan hom as ‚'n vader; die jonger mans as broers;
2
The elder women as mothers; the younger as sisters, with all purity.
Die ouer vroue as moeders; die jonger as susters, met alle reinheid.
3
Honour widows that are widows indeed.
Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
4
But if any widow have children or nephews, let them learn first to shew piety at home, and to requite their parents: for that is good and acceptable before God.
Maar as enige weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om godsaligheid te beoefen teenoor hulle eie huis, en om vergelding te doen aan hulle ouers: want dit is goed en aangenaam voor God.
5
Now she that is a widow indeed, and desolate, trusteth in God, and continueth in supplications and prayers night and day.
Nou sy wat waarlik ‚'n weduwee is, en verlate, hoop op God, en volhard in smekinge en gebede nag en dag.
6
But she that liveth in pleasure is dead while she liveth.
Maar sy wat in wellus lewe, is lewend dood.
7
And these things give in charge, that they may be blameless.
En hierdie dinge beveel, dat hulle onberispelik mag wees.
8
But if any provide not for his own, and specially for those of his own house, he hath denied the faith, and is worse than an infidel.
Maar as iemand nie vir sy eie sorg nie, en veral vir dié van sy eie huis, het hy die geloof verloën, en is erger as ’n ongelowige.
9
Let not a widow be taken into the number under threescore years old, having been the wife of one man,
Laat ‚'n weduwee nie onder die getal geneem word nie, onder sestig jaar oud, die vrou van een man gewees hebbende,
10
Well reported of for good works; if she have brought up children, if she have lodged strangers, if she have washed the saints’ feet, if she have relieved the afflicted, if she have diligently followed every good work.
Goed getuig van in goeie werke; as sy kinders grootgemaak het, as sy gasvry was, as sy die voete van die heiliges gewas het, as sy die benoudes verlig het, as sy elke goeie werk nagevolg het.
11
But the younger widows refuse: for when they have begun to wax wanton against Christ, they will marry;
Maar die jonger weduwees weier: want wanneer hulle begin om wellustig te word teen Christus, wil hulle trou;
12
Having damnation, because they have cast off their first faith.
Hebbende veroordeling, omdat hulle hulle eerste geloof verwerp het.
13
And withal they learn [to be] idle, wandering about from house to house; and not only idle, but tattlers also and busybodies, speaking things which they ought not.
En terselfdertyd leer hulle ook om ledig te wees, rondgaande van huis tot huis; en nie alleen ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, spreekende dinge wat hulle nie behoort nie.
14
I will therefore that the younger women marry, bear children, guide the house, give none occasion to the adversary to speak reproachfully.
Ek wil daarom dat die jonger vroue trou, kinders baar, die huis regeer, geen geleentheid aan die teëstander gee om te laster nie.
15
For some are already turned aside after Satan.
Want sommige is alreeds afgewend agter die Satan aan.
16
If any man or woman that believeth have widows, let them relieve them, and let not the church be charged; that it may relieve them that are widows indeed.
As enige man of vrou wat glo weduwees het, laat hulle hulle help, en laat nie die gemeente beswaar word nie; dat dit dié mag help wat waarlik weduwees is.
17
Let the elders that rule well be counted worthy of double honour, especially they who labour in the word and doctrine.
Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral dié wat arbei in die woord en leer.
18
For the scripture saith, Thou shalt not muzzle the ox that treadeth out the corn. And, The labourer [is] worthy of his reward.
Want die Skrif sê, Jy moet die os wat dors nie muilband nie. En, Die arbeider is sy loon waardig.
19
Against an elder receive not an accusation, but before two or three witnesses.
Teen ‚'n ouderling ontvang nie ‚'n aanklag nie, behalwe voor twee of drie getuies.
20
Them that sin rebuke before all, that others also may fear.
Dié wat sondig, bestraf voor almal, dat die ander ook mag vrees.
21
I charge [thee] before God, and the Lord Jesus Christ, and the elect angels, that thou observe these things without preferring one before another, doing nothing by partiality.
Ek besweer jou voor God, en die Here Jesus Christus, en die uitverkore engele, dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel onderhou, niks doende deur partydigheid nie.
22
Lay hands suddenly on no man, neither be partaker of other men’s sins: keep thyself pure.
Lê die hande skielik op niemand nie, en wees nie deelgenoot van ander mense se sondes nie: hou jouself rein.
23
Drink no longer water, but use a little wine for thy stomach’s sake and thine often infirmities.
Drink nie langer water alleen nie, maar gebruik ‚'n bietjie wyn om jou maag ontwil en jou dikwels voorkomende swakhede.
24
Some men’s sins are open beforehand, going before to judgment; and some [men] they follow after.
Sommige mense se sondes is openlik vooruit, en gaan vooruit tot die oordeel; en sommige mense volg na.
25
Likewise also the good works [of some] are manifest beforehand; and they that are otherwise cannot be hid.
Net so ook die goeie werke van sommige is openlik vooruit; en dié wat anders is, kan nie verborge bly nie.