← 1 Timoteus 2 1 Timoteus — 1 Timothy 3 1 Timoteus 4 →
King James Version
AFR DVK
1
This [is] a true saying, If a man desire the office of a bishop, he desireth a good work.
Dit is ‚'n getroue woord: As iemand die amp van ‚'n opsiener begeer, begeer hy ‚'n goeie werk.
2
A bishop then must be blameless, the husband of one wife, vigilant, sober, of good behaviour, given to hospitality, apt to teach;
‚'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, matig, nugter, ordentelik, gasvry, bekwaam om te leer;
3
Not given to wine, no striker, not greedy of filthy lucre; but patient, not a brawler, not covetous;
Nie ‚'n wynsuiper nie, nie ‚'n stryder nie, nie gierig na vuil wins nie; maar sagmoedig, nie twisagtig nie, nie geldgierig nie;
4
One that ruleth well his own house, having his children in subjection with all gravity;
Een wat sy eie huis goed regeer, sy kinders in onderdanigheid hou met alle eerbaarheid;
5
(For if a man know not how to rule his own house, how shall he take care of the church of God?)
(Want as iemand nie weet hoe om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy die gemeente van God versorg?)
6
Not a novice, lest being lifted up with pride he fall into the condemnation of the devil.
Nie ‚'n nuweling nie, dat hy nie, opgeblase wordende, in die veroordeling van die duiwel val nie.
7
Moreover he must have a good report of them which are without; lest he fall into reproach and the snare of the devil.
Bovendien moet hy ’n goeie getuienis hê van hulle wat buite is; dat hy nie in smaad en die strik van die duiwel val nie.
8
Likewise [must] the deacons [be] grave, not doubletongued, not given to much wine, not greedy of filthy lucre;
Net so moet die diakens eerbiedwaardig wees, nie met ‚'n dubbele tong nie, nie aan baie wyn verslaaf nie, nie gierig na vuil wins nie;
9
Holding the mystery of the faith in a pure conscience.
Die geheimenis van die geloof in ‚'n reine gewete vashoudende.
10
And let these also first be proved; then let them use the office of a deacon, being [found] blameless.
En laat hierdie ook eers beproef word; dan laat hulle dien, as hulle onberispelik is.
11
Even so [must their] wives [be] grave, not slanderers, sober, faithful in all things.
Net so moet hulle vroue eerbiedwaardig wees, nie kwaadsprekers nie, matig, getrou in alle dinge.
12
Let the deacons be the husbands of one wife, ruling their children and their own houses well.
Laat die diakens die manne van een vrou wees, wat hulle kinders en hulle eie huise goed regeer.
13
For they that have used the office of a deacon well purchase to themselves a good degree, and great boldness in the faith which is in Christ Jesus.
Want hulle wat die amp van ‚'n diaken goed bedien het, verkry vir hulleself ‚'n goeie graad, en groot vrymoedigheid in die geloof wat in Christus Jesus is.
14
These things write I unto thee, hoping to come unto thee shortly:
Hierdie dinge skryf ek aan jou, hopende om spoedig by jou te kom:
15
But if I tarry long, that thou mayest know how thou oughtest to behave thyself in the house of God, which is the church of the living God, the pillar and ground of the truth.
Maar as ek vertoef, dat jy mag weet hoe jy jou moet gedra in die huis van God, wat is die gemeente van die lewende God, die pilaar en grondslag van die waarheid.
16
And without controversy great is the mystery of godliness: God was manifest in the flesh, justified in the Spirit, seen of angels, preached unto the Gentiles, believed on in the world, received up into glory.
En sonder twyfel, groot is die geheimenis van die godsaligheid: God is geopenbaar in die vlees, geregverdig in die Gees, gesien van engele, verkondig onder die heidene, geglo in die wêreld, opgeneem in heerlikheid.