King James Version
AFR DVK
1
Paul, and Silvanus, and Timotheus, unto the church of the Thessalonians [which is] in God the Father and [in] the Lord Jesus Christ: Grace [be] unto you, and peace, from God our Father, and the Lord Jesus Christ.
Paulus, en Silvánus, en Timótheüs, aan die gemeente van die Thessaloníkers wat in God die Vader en in die Here Jesus Christus is: Genade aan julle, en vrede, van God onse Vader, en die Here Jesus Christus.
2
We give thanks to God always for you all, making mention of you in our prayers;
Ons dank God altyd vir julle almal, julle noemende in ons gebede;
3
Remembering without ceasing your work of faith, and labour of love, and patience of hope in our Lord Jesus Christ, in the sight of God and our Father;
Onophoudelik onthouende julle werk van die geloof, en arbeid van die liefde, en volharding van die hoop in onse Here Jesus Christus, in die sig van God en onse Vader;
4
Knowing, brethren beloved, your election of God.
Wetende, geliefde broers, julle uitverkiesing deur God.
5
For our gospel came not unto you in word only, but also in power, and in the Holy Ghost, and in much assurance; as ye know what manner of men we were among you for your sake.
Want ons evangelie is tot by julle nie in woord alleen gekom nie, maar ook in krag, en in die Heilige Gees, en in baie sekerheid; soos julle weet watter soort mense ons onder julle was om julle ontwil.
6
And ye became followers of us, and of the Lord, having received the word in much affliction, with joy of the Holy Ghost:
En julle het navolgers van ons geword, en van die Here, die woord ontvang hebbende in baie verdrukking, met blydskap van die Heilige Gees:
7
So that ye were ensamples to all that believe in Macedonia and Achaia.
Sodát julle voorbeelde was vir almal wat in Masedonië en Agáje glo.
8
For from you sounded out the word of the Lord not only in Macedonia and Achaia, but also in every place your faith to God-ward is spread abroad; so that we need not to speak any thing.
Want van julle het die woord van die Here uitgeklink, nie alleen in Masedonië en Agáje nie, maar ook in elke plek is julle geloof tot God-waarts bekend geword; sodat ons nie nodig het om iets te sê nie.
9
For they themselves shew of us what manner of entering in we had unto you, and how ye turned to God from idols to serve the living and true God;
Want hulle self verkondig van ons watter ingang ons by julle gehad het, en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het om die lewende en ware God te dien;
10
And to wait for his Son from heaven, whom he raised from the dead, [even] Jesus, which delivered us from the wrath to come.
En om sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dooies opgewek het, selfs Jesus, wat ons verlos van die toorn wat kom.