King James Version
AFR DVK
1
And the men of Kirjathjearim came, and fetched up the ark of the LORD, and brought it into the house of Abinadab in the hill, and sanctified Eleazar his son to keep the ark of the LORD.
En die manne van Kirjat-Jeárim het gekom, en die ark van die HERE opgehaal, en dit in die huis van Abinadab op die heuwel gebring, en Eleásar sy seun geheilig om die ark van die HERE te bewaar.
2
And it came to pass, while the ark abode in Kirjathjearim, that the time was long; for it was twenty years: and all the house of Israel lamented after the LORD.
En dit was so, dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het; en die tyd was lank; want dit was twintig jaar: en die hele huis van Israel het agter die HERE aan gesug.
3
And Samuel spake unto all the house of Israel, saying, If ye do return unto the LORD with all your hearts, [then] put away the strange gods and Ashtaroth from among you, and prepare your hearts unto the LORD, and serve him only: and he will deliver you out of the hand of the Philistines.
En Samuel het tot die hele huis van Israel gespreek, en gesê, As julle met julle hele hart tot die HERE terugkeer, sit dan die vreemde gode en Astarot uit julle midde weg, en berei julle harte tot die HERE, en dien Hom alleen: en Hy sal julle uit die hand van die Filistyne red.
4
Then the children of Israel did put away Baalim and Ashtaroth, and served the LORD only.
Toe het die kinders van Israel die Baäls en Astarot weggeneem, en die HERE alleen gedien.
5
And Samuel said, Gather all Israel to Mizpeh, and I will pray for you unto the LORD.
En Samuel het gesê, Versamel die hele Israel by Mispa, en ek sal vir julle tot die HERE bid.
6
And they gathered together to Mizpeh, and drew water, and poured [it] out before the LORD, and fasted on that day, and said there, We have sinned against the LORD. And Samuel judged the children of Israel in Mizpeh.
En hulle het by Mispa bymekaargekom, en water geskep, en dit voor die HERE uitgegiet, en daardie dag gevas, en daar gesê, Ons het teen die HERE gesondig. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.
7
And when the Philistines heard that the children of Israel were gathered together to Mizpeh, the lords of the Philistines went up against Israel. And when the children of Israel heard [it], they were afraid of the Philistines.
En toe die Filistyne gehoor het dat die kinders van Israel bymekaargekom het by Mispa, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En toe die kinders van Israel dit gehoor het, was hulle bevrees vir die Filistyne.
8
And the children of Israel said to Samuel, Cease not to cry unto the LORD our God for us, that he will save us out of the hand of the Philistines.
En die kinders van Israel het tot Samuel gesê, Hou nie op om vir ons tot die HERE onse God te roep nie, dat Hy ons mag red uit die hand van die Filistyne.
9
And Samuel took a sucking lamb, and offered [it for] a burnt offering wholly unto the LORD: and Samuel cried unto the LORD for Israel; and the LORD heard him.
En Samuel het ‚'n speenlam geneem, en dit as ‚'n hele brandoffer aan die HERE geoffer: en Samuel het tot die HERE vir Israel geroep; en die HERE het hom verhoor.
10
And as Samuel was offering up the burnt offering, the Philistines drew near to battle against Israel: but the LORD thundered with a great thunder on that day upon the Philistines, and discomfited them; and they were smitten before Israel.
En terwyl Samuel die brandoffer geoffer het, het die Filistyne nader gekom om teen Israel te veg: maar die HERE het daardie dag met ‚'n groot donder op die Filistyne gedonder, en hulle verward gemaak; en hulle is voor Israel verslaan.
11
And the men of Israel went out of Mizpeh, and pursued the Philistines, and smote them, until [they came] under Bethcar.
En die manne van Israel het uit Mispa uitgegaan, en die Filistyne agtervolg, en hulle verslaan, totdat hulle onder by Bet-Kar gekom het.
12
Then Samuel took a stone, and set [it] between Mizpeh and Shen, and called the name of it Ebenezer, saying, Hitherto hath the LORD helped us.
Toe het Samuel ’n klip geneem, en dit tussen Mispa en Sen opgerig, en die naam daarvan Ebén-Haëser genoem, en gesê, Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.
13
So the Philistines were subdued, and they came no more into the coast of Israel: and the hand of the LORD was against the Philistines all the days of Samuel.
So is die Filistyne dan onderwerp, en hulle het nie meer in die grens van Israel gekom nie: en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
14
And the cities which the Philistines had taken from Israel were restored to Israel, from Ekron even unto Gath; and the coasts thereof did Israel deliver out of the hands of the Philistines. And there was peace between Israel and the Amorites.
En die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, is aan Israel teruggegee, van Ekron af tot by Gat; en die grense daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne gered. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.
15
And Samuel judged Israel all the days of his life.
En Samuel het Israel al die dae van sy lewe gerig.
16
And he went from year to year in circuit to Bethel, and Gilgal, and Mizpeh, and judged Israel in all those places.
En hy het jaar vir jaar rondgegaan na Bet-el, en Gilgal, en Mispa, en Israel in al daardie plekke gerig.
17
And his return [was] to Ramah; for there [was] his house; and there he judged Israel; and there he built an altar unto the LORD.
En sy terugkeer was na Rama; want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig; en daar het hy ‚'n altaar aan die HERE gebou.