King James Version
AFR DVK
1
And the Philistines took the ark of God, and brought it from Ebenezer unto Ashdod.
En die Filistyne het die ark van God geneem, en dit van Ebén-Haëser na Asdod gebring.
2
When the Philistines took the ark of God, they brought it into the house of Dagon, and set it by Dagon.
Toe die Filistyne die ark van God geneem het, het hulle dit in die huis van Dagon gebring, en dit by Dagon neergesit.
3
And when they of Ashdod arose early on the morrow, behold, Dagon [was] fallen upon his face to the earth before the ark of the LORD. And they took Dagon, and set him in his place again.
En toe hulle van Asdod die volgende dag vroeg opgestaan het, kyk, Dagon was voor die ark van die HERE op sy aangesig op die grond geval. En hulle het Dagon geneem, en hom weer op sy plek gesit.
4
And when they arose early on the morrow morning, behold, Dagon [was] fallen upon his face to the ground before the ark of the LORD; and the head of Dagon and both the palms of his hands [were] cut off upon the threshold; only [the stump of] Dagon was left to him.
En toe hulle die volgende môre vroeg opgestaan het, kyk, Dagon was voor die ark van die HERE op sy aangesig op die grond geval; en die hoof van Dagon en altwee die palms van sy hande was afgekap op die drumpel; net die stomp van Dagon was van hom oor.
5
Therefore neither the priests of Dagon, nor any that come into Dagon’s house, tread on the threshold of Dagon in Ashdod unto this day.
Daarom trap die priesters van Dagon, en almal wat in die huis van Dagon inkom, nie op die drumpel van Dagon in Asdod tot vandag toe nie.
6
But the hand of the LORD was heavy upon them of Ashdod, and he destroyed them, and smote them with emerods, [even] Ashdod and the coasts thereof.
Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle vernietig, en hulle met aambeie getref, selfs Asdod en die grense daarvan.
7
And when the men of Ashdod saw that [it was] so, they said, The ark of the God of Israel shall not abide with us: for his hand is sore upon us, and upon Dagon our god.
En toe die manne van Asdod gesien het dat dit so was, het hulle gesê, Die ark van die God van Israel moet nie by ons bly nie: want sy hand is swaar op ons, en op Dagon ons god.
8
They sent therefore and gathered all the lords of the Philistines unto them, and said, What shall we do with the ark of the God of Israel? And they answered, Let the ark of the God of Israel be carried about unto Gath. And they carried the ark of the God of Israel about [thither].
Hulle het dus gestuur en al die vorste van die Filistyne bymekaargeroep by hulle, en gesê, Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En hulle het geantwoord, Laat die ark van die God van Israel oorgebring word na Gat. En hulle het die ark van die God van Israel daarheen oorgebring.
9
And it was [so], that, after they had carried it about, the hand of the LORD was against the city with a very great destruction: and he smote the men of the city, both small and great, and they had emerods in their secret parts.
En dit was so, nadat hulle dit oorgebring het, dat die hand van die HERE teen die stad was met ‚'n baie groot vernietiging: en Hy het die manne van die stad, beide klein en groot, getref, en hulle het aambeie in hulle geheime dele gehad.
10
Therefore they sent the ark of God to Ekron. And it came to pass, as the ark of God came to Ekron, that the Ekronites cried out, saying, They have brought about the ark of the God of Israel to us, to slay us and our people.
Daarom het hulle die ark van God na Ekron gestuur. En dit was so, toe die ark van God by Ekron gekom het, dat die Ekroniete uitgeroep het, en gesê, Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe oorgebring om ons en ons volk dood te maak.
11
So they sent and gathered together all the lords of the Philistines, and said, Send away the ark of the God of Israel, and let it go again to his own place, that it slay us not, and our people: for there was a deadly destruction throughout all the city; the hand of God was very heavy there.
So het hulle dan gestuur en al die vorste van die Filistyne bymekaargeroep, en gesê, Stuur die ark van die God van Israel weg, en laat dit na sy eie plek terugkeer, dat dit ons en ons volk nie doodmaak nie: want daar was ’n dodelike vernietiging deur die hele stad; die hand van God was baie swaar daar.
12
And the men that died not were smitten with the emerods: and the cry of the city went up to heaven.
En die manne wat nie gesterwe het nie, is met aambeie getref: en die geroep van die stad het na die hemel opgegaan.