King James Version
AFR DVK
1
And the word of Samuel came to all Israel. Now Israel went out against the Philistines to battle, and pitched beside Ebenezer: and the Philistines pitched in Aphek.
En die woord van Samuel het gekom tot die hele Israel. Nou het Israel uitgegaan teen die Filistyne tot die geveg, en kamp opgeslaan by Ebén-Haëser: en die Filistyne het in Afek kamp opgeslaan.
2
And the Philistines put themselves in array against Israel: and when they joined battle, Israel was smitten before the Philistines: and they slew of the army in the field about four thousand men.
En die Filistyne het hulleself in slagorde gestel teen Israel: en toe hulle by die geveg aangesluit het, is Israel voor die Filistyne verslaan: en hulle het van die leër in die veld omtrent vierduisend man neergeslaan.
3
And when the people were come into the camp, the elders of Israel said, Wherefore hath the LORD smitten us to day before the Philistines? Let us fetch the ark of the covenant of the LORD out of Shiloh unto us, that, when it cometh among us, it may save us out of the hand of our enemies.
En toe die volk in die kamp gekom het, het die ouderlinge van Israel gesê, Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die ark van die verbond van die HERE na ons toe uit Silo haal, dat wanneer dit onder ons kom, dit ons mag red uit die hand van ons vyande.
4
So the people sent to Shiloh, that they might bring from thence the ark of the covenant of the LORD of hosts, which dwelleth [between] the cherubims: and the two sons of Eli, Hophni and Phinehas, [were] there with the ark of the covenant of God.
So het die volk dan na Silo gestuur, dat hulle van daar die ark van die verbond van die HERE van die leërskare, wat tussen die gerubs woon, mag haal: en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die ark van die verbond van God.
5
And when the ark of the covenant of the LORD came into the camp, all Israel shouted with a great shout, so that the earth rang again.
En toe die ark van die verbond van die HERE in die kamp gekom het, het die hele Israel so ‚'n groot geskreeu geskreeu, dat die aarde geskud het.
6
And when the Philistines heard the noise of the shout, they said, What [meaneth] the noise of this great shout in the camp of the Hebrews? And they understood that the ark of the LORD was come into the camp.
En toe die Filistyne die geraas van die geskreeu gehoor het, het hulle gesê, Wat beteken die geraas van hierdie groot geskreeu in die kamp van die Hebreërs? En hulle het verstaan dat die ark van die HERE in die kamp gekom het.
7
And the Philistines were afraid, for they said, God is come into the camp. And they said, Woe unto us! for there hath not been such a thing heretofore.
En die Filistyne was bevrees, want hulle het gesê, God is in die kamp gekom. En hulle het gesê, Wee ons! want daar was nie so iets vroeër nie.
8
Woe unto us! who shall deliver us out of the hand of these mighty Gods? these [are] the Gods that smote the Egyptians with all the plagues in the wilderness.
Wee ons! wie sal ons red uit die hand van hierdie magtige gode? dit is die gode wat die Egiptenaars met al die plae in die wildernis getref het.
9
Be strong, and quit yourselves like men, O ye Philistines, that ye be not servants unto the Hebrews, as they have been to you: quit yourselves like men, and fight.
Wees sterk, en wees manne, o julle Filistyne, dat julle nie diensknegte word van die Hebreërs, soos hulle vir julle was nie: wees manne, en veg.
10
And the Philistines fought, and Israel was smitten, and they fled every man into his tent: and there was a very great slaughter; for there fell of Israel thirty thousand footmen.
En die Filistyne het geveg, en Israel is verslaan, en hulle het elkeen na sy tent gevlug: en daar was ‚'n baie groot slag; want daar het van Israel dertig duisend voetgangers geval.
11
And the ark of God was taken; and the two sons of Eli, Hophni and Phinehas, were slain.
En die ark van God is geneem; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, is dood.
12
And there ran a man of Benjamin out of the army, and came to Shiloh the same day with his clothes rent, and with earth upon his head.
En daar het ’n man van Benjamin uit die leër gehardloop, en dieselfde dag in Silo gekom met sy klere geskeur, en met grond op sy hoof.
13
And when he came, lo, Eli sat upon a seat by the wayside watching: for his heart trembled for the ark of God. And when the man came into the city, and told [it], all the city cried out.
En toe hy gekom het, kyk, Eli het by die pad op ‚'n stoel gesit om te kyk: want sy hart was beangs vir die ark van God. En toe die man in die stad gekom het, en dit vertel het, het die hele stad uitgeroep.
14
And when Eli heard the noise of the crying, he said, What [meaneth] the noise of this tumult? And the man came in hastily, and told Eli.
En toe Eli die geraas van die geroep gehoor het, het hy gesê, Wat beteken die geraas van hierdie rumoer? En die man het haastig gekom, en Eli die tyding gebring.
15
Now Eli was ninety and eight years old; and his eyes were dim, that he could not see.
Nou was Eli agt en negentig jaar oud; en sy oë was dof, dat hy nie kon sien nie.
16
And the man said unto Eli, I [am] he that came out of the army, and I fled to day out of the army. And he said, What is there done, my son?
En die man het tot Eli gesê, Ek is hy wat uit die leër gekom het, en ek het vandag uit die leër gevlug. En hy het gesê, Wat is daar gebeur, my seun?
17
And the messenger answered and said, Israel is fled before the Philistines, and there hath been also a great slaughter among the people, and thy two sons also, Hophni and Phinehas, are dead, and the ark of God is taken.
En die boodskapper het geantwoord en gesê, Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook ’n groot slag onder die volk, en jou twee seuns, Hofni en Pínehas, is ook dood, en die ark van God is geneem.
18
And it came to pass, when he made mention of the ark of God, that he fell from off the seat backward by the side of the gate, and his neck brake, and he died: for he was an old man, and heavy. And he had judged Israel forty years.
En dit was so, toe hy van die ark van God melding gemaak het, dat hy van die stoel agteroor geval het by die sy van die poort, en sy nek gebreek het, en gesterwe het: want hy was ‚'n ou man, en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.
19
And his daughter in law, Phinehas’ wife, was with child, [near] to be delivered: and when she heard the tidings that the ark of God was taken, and that her father in law and her husband were dead, she bowed herself and travailed; for her pains came upon her.
En sy skoondogter, Pínehas se vrou, was swanger, naby om te baar: en toe sy die tyding gehoor het dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man dood was, het sy haar neergebuig en gebaar; want haar pyne het oor haar gekom.
20
And about the time of her death the women that stood by her said unto her, Fear not; for thou hast born a son. But she answered not, neither did she regard [it].
En omtrent die tyd van haar dood het die vroue wat by haar gestaan het, tot haar gesê, Wees nie bevrees nie; want jy het ’n seun gebaar. Maar sy het nie geantwoord nie, en dit nie ter harte geneem nie.
21
And she named the child Ichabod, saying, The glory is departed from Israel: because the ark of God was taken, and because of her father in law and her husband.
En sy het die kind Ígabod genoem, en gesê, Die heerlikheid is uit Israel weggegaan: omdat die ark van God geneem is, en vanweë haar skoonvader en haar man.
22
And she said, The glory is departed from Israel: for the ark of God is taken.
En sy het gesê, Die heerlikheid is uit Israel weggegaan: want die ark van God is geneem.