King James Version
AFR DVK
1
Now the Philistines gathered together all their armies to Aphek: and the Israelites pitched by a fountain which [is] in Jezreel.
Nou het die Filistyne al hulle leërs by Afek bymekaargemaak: en die Israeliete het by ’n fontein wat in Jisreël is, kamp opgeslaan.
2
And the lords of the Philistines passed on by hundreds, and by thousands: but David and his men passed on in the rereward with Achish.
En die vorste van die Filistyne het verbygegaan by honderde, en by duisende: maar Dawid en sy manne het agteraan met Agis verbygegaan.
3
Then said the princes of the Philistines, What [do] these Hebrews [here]? And Achish said unto the princes of the Philistines, [Is] not this David, the servant of Saul the king of Israel, which hath been with me these days, or these years, and I have found no fault in him since he fell [unto me] unto this day?
Toe het die vorste van die Filistyne gesê, Wat doen hierdie Hebreërs hier? En Agis het tot die vorste van die Filistyne gesê, Is dit nie Dawid, die dienaar van Saul die koning van Israel, wat by my hierdie dae, of hierdie jare, was nie, en ek het niks in hom gevind van die dag af dat hy na my toe oorgekom het tot hierdie dag toe nie?
4
And the princes of the Philistines were wroth with him; and the princes of the Philistines said unto him, Make this fellow return, that he may go again to his place which thou hast appointed him, and let him not go down with us to battle, lest in the battle he be an adversary to us: for wherewith should he reconcile himself unto his master? [should it] not [be] with the heads of these men?
En die vorste van die Filistyne was toornig op hom; en die vorste van die Filistyne het tot hom gesê, Stuur die man terug, dat hy na sy plek mag terugkeer wat jy hom aangewys het, en laat hom nie met ons afgaan in die geveg nie, dat hy nie in die geveg ’n teëstander vir ons word nie: want waarmee sou hierdie een homself met sy heer versoen? sou dit nie met die hoofde van hierdie manne wees nie?
5
[Is] not this David, of whom they sang one to another in dances, saying, Saul slew his thousands, and David his ten thousands?
Is dit nie Dawid, van wie hulle in danse gesing het, en gesê het, Saul het sy duisende verslaan, en Dawid sy tienduisende nie?
6
Then Achish called David, and said unto him, Surely, [as] the LORD liveth, thou hast been upright, and thy going out and thy coming in with me in the host [is] good in my sight: for I have not found evil in thee since the day of thy coming unto me unto this day: nevertheless the lords favour thee not.
Toe het Agis Dawid geroep, en tot hom gesê, So waar as die HERE lewe, jy was reguit, en jou uitgang en jou ingang by my in die leër is goed in my oë: want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy by my gekom het tot hierdie dag toe nie: nogtans is die vorste jou nie goedgesind nie.
7
Wherefore now return, and go in peace, that thou displease not the lords of the Philistines.
Keer daarom nou terug, en gaan in vrede, dat jy nie die vorste van die Filistyne mishandig nie.
8
And David said unto Achish, But what have I done? and what hast thou found in thy servant so long as I have been with thee unto this day, that I may not go fight against the enemies of my lord the king?
En Dawid het tot Agis gesê, Maar wat het ek gedoen? en wat het jy in jou dienaar gevind van die dag af dat ek voor jou was tot hierdie dag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my heer die koning nie?
9
And Achish answered and said to David, I know that thou [art] good in my sight, as an angel of God: notwithstanding the princes of the Philistines have said, He shall not go up with us to the battle.
En Agis het geantwoord en tot Dawid gesê, Ek weet dat jy goed is in my oë, soos ’n engel van God: nogtans het die vorste van die Filistyne gesê, Hy moet nie met ons in die geveg optrek nie.
10
Wherefore now rise up early in the morning with thy master’s servants that are come with thee: and as soon as ye be up early in the morning, and have light, depart.
Daarom staan nou vroeg in die môre op, met die dienaars van jou heer wat met jou gekom het: en sodra julle vroeg in die môre opgestaan het, en lig het, vertrek.
11
So David and his men rose up early to depart in the morning, to return into the land of the Philistines. And the Philistines went up to Jezreel.
So het Dawid en sy manne dan vroeg opgestaan om in die môre weg te gaan, om terug te keer in die land van die Filistyne. En die Filistyne het opgetrek na Jisreël.