King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass in those days, that the Philistines gathered their armies together for warfare, to fight with Israel. And Achish said unto David, Know thou assuredly, that thou shalt go out with me to battle, thou and thy men.
En dit was so in daardie dae, dat die Filistyne hulle leërs bymekaargemaak het tot die oorlog, om teen Israel te veg. En Agis het tot Dawid gesê, Weet sekerlik dat jy met my in die leër moet uittrek, jy en jou manne.
2
And David said to Achish, Surely thou shalt know what thy servant can do. And Achish said to David, Therefore will I make thee keeper of mine head for ever.
En Dawid het tot Agis gesê, Sekerlik moet jy weet wat jou dienaar kan doen. En Agis het tot Dawid gesê, Daarom sal ek jou vir ewig as my lyfwag aanstel.
3
Now Samuel was dead, and all Israel had lamented him, and buried him in Ramah, even in his own city. And Saul had put away those that had familiar spirits, and the wizards, out of the land.
Nou was Samuel dood, en die hele Israel het hom betreur, en hom in Rama, selfs in sy eie stad, begrawe. En Saul het die waarsêers, en die geeste van die dooies, uit die land uitgedrywe.
4
And the Philistines gathered themselves together, and came and pitched in Shunem: and Saul gathered all Israel together, and they pitched in Gilboa.
En die Filistyne het bymekaargekom, en by Sunem kamp opgeslaan: en Saul het die hele Israel bymekaargemaak, en hulle het by Gilboa kamp opgeslaan.
5
And when Saul saw the host of the Philistines, he was afraid, and his heart greatly trembled.
En toe Saul die leër van die Filistyne sien, was hy bevrees, en sy hart het baie gebewe.
6
And when Saul inquired of the LORD, the LORD answered him not, neither by dreams, nor by Urim, nor by prophets.
En toe Saul die HERE gevra het, het die HERE hom nie geantwoord nie, nóg deur drome, nóg deur Urim, nóg deur profete.
7
Then said Saul unto his servants, Seek me a woman that hath a familiar spirit, that I may go to her, and inquire of her. And his servants said to him, Behold, [there is] a woman that hath a familiar spirit at Endor.
Toe het Saul tot sy dienaars gesê, Soek vir my ’n vrou wat ’n waarsêer is, dat ek na haar toe mag gaan, en haar raadpleeg. En sy dienaars het tot hom gesê, Kyk, daar is ’n vrou wat ’n waarsêer is in En-Dor.
8
And Saul disguised himself, and put on other raiment, and he went, and two men with him, and they came to the woman by night: and he said, I pray thee, divine unto me by the familiar spirit, and bring me [him] up, whom I shall name unto thee.
En Saul het homself vermom, en ander klere aangetrek, en gegaan, hy en twee manne met hom, en hulle het in die nag by die vrou gekom: en hy het gesê, Ek bid jou, raadpleeg vir my deur die waarsêery, en bring vir my op wie ek jou sal noem.
9
And the woman said unto him, Behold, thou knowest what Saul hath done, how he hath cut off those that have familiar spirits, and the wizards, out of the land: wherefore then layest thou a snare for my life, to cause me to die?
En die vrou het tot hom gesê, Kyk, jy weet wat Saul gedoen het, hoe hy die waarsêers, en die geeste van die dooies, uit die land uitgeroei het: waarom lê jy dan ’n strik vir my lewe, om my dood te maak?
10
And Saul sware to her by the LORD, saying, [As] the LORD liveth, there shall no punishment happen to thee for this thing.
En Saul het haar by die HERE gesweer, en gesê, So waar as die HERE lewe, daar sal geen straf oor jou kom vir hierdie saak nie.
11
Then said the woman, Whom shall I bring up unto thee? And he said, Bring me up Samuel.
Toe het die vrou gesê, Wie moet ek vir jou oproep? En hy het gesê, Roep Samuel vir my op.
12
And when the woman saw Samuel, she cried with a loud voice: and the woman spake to Saul, saying, Why hast thou deceived me? for thou [art] Saul.
En toe die vrou Samuel sien, het sy met ’n groot stem geskreeu: en die vrou het tot Saul gespreek, en gesê, Waarom het jy my bedrieg? want jy is Saul.
13
And the king said unto her, Be not afraid: for what sawest thou? And the woman said unto Saul, I saw gods ascending out of the earth.
En die koning het tot haar gesê, Wees nie bevrees nie: want wat het jy gesien? En die vrou het tot Saul gesê, Ek het gode uit die aarde sien opkom.
14
And he said unto her, What form [is] he of? And she said, An old man cometh up; and he [is] covered with a mantle. And Saul perceived that it [was] Samuel, and he stooped with [his] face to the ground, and bowed himself.
En hy het tot haar gesê, Hoe lyk hy? En sy het gesê, ’n Ou man kom op; en hy is met ’n mantel bedek. En Saul het gemerk dat dit Samuel was, en hy het met sy aangesig na die grond gebuig, en homself neergebuig.
15
And Samuel said to Saul, Why hast thou disquieted me, to bring me up? And Saul answered, I am sore distressed; for the Philistines make war against me, and God is departed from me, and answereth me no more, neither by prophets, nor by dreams: therefore I have called thee, that thou mayest make known unto me what I shall do.
En Samuel het tot Saul gesê, Waarom het jy my onrustig gemaak, om my op te bring? En Saul het geantwoord, Ek is baie benoud; want die Filistyne maak oorlog teen my, en God het van my afgewyk, en antwoord my nie meer nie, nóg deur profete, nóg deur drome: daarom het ek jou geroep, dat jy my mag bekend maak wat ek moet doen.
16
Then said Samuel, Wherefore then dost thou ask of me, seeing the LORD is departed from thee, and is become thine enemy?
Toe het Samuel gesê, Waarom vra jy my dan, aangesien die HERE van jou afgewyk het, en jou vyand geword het?
17
And the LORD hath done to him, as he spake by me: for the LORD hath rent the kingdom out of thine hand, and given it to thy neighbour, [even] to David:
En die HERE het vir Homself gedoen, soos Hy deur my gespreek het: want die HERE het die koninkryk uit jou hand geskeur, en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.
18
Because thou obeyedst not the voice of the LORD, nor executedst his fierce wrath upon Amalek, therefore hath the LORD done this thing unto thee this day.
Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, en die grimmigheid van sy toorn nie teen Amalek uitgevoer het nie, daarom het die HERE hierdie ding vandag aan jou gedoen.
19
Moreover the LORD will also deliver Israel with thee into the hand of the Philistines: and to morrow [shalt] thou and thy sons [be] with me: the LORD also shall deliver the host of Israel into the hand of the Philistines.
Bowendien sal die HERE Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee: en môre sal jy en jou seuns by my wees: die HERE sal ook die leër van Israel in die hand van die Filistyne gee.
20
Then Saul fell straightway all along on the earth, and was sore afraid, because of the words of Samuel: and there was no strength in him; for he had eaten no bread all the day, nor all the night.
Toe het Saul dadelik voluit op die aarde geval, en was baie bevrees vanweë die woorde van Samuel: en daar was geen krag in hom nie; want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie.
21
And the woman came unto Saul, and saw that he was sore troubled, and said unto him, Behold, thine handmaid hath obeyed thy voice, and I have put my life in my hand, and have hearkened unto thy words which thou spakest unto me.
En die vrou het by Saul gekom, en gesien dat hy baie ontsteld was, en tot hom gesê, Kyk, jou diensmaagd het na jou stem geluister, en ek het my lewe in my hand gestel, en na jou woorde geluister wat jy tot my gespreek het.
22
Now therefore, I pray thee, hearken thou also unto the voice of thine handmaid, and let me set a morsel of bread before thee; and eat, that thou mayest have strength, when thou goest on thy way.
Nou dan, ek bid jou, luister jy ook na die stem van jou diensmaagd, en laat my ’n stukkie brood voor jou sit; en eet, dat jy krag mag hê, wanneer jy jou pad gaan.
23
But he refused, and said, I will not eat. But his servants, together with the woman, compelled him; and he hearkened unto their voice. So he arose from the earth, and sat upon the bed.
Maar hy het geweier, en gesê, Ek sal nie eet nie. Maar sy dienaars, saam met die vrou, het by hom aangedring; en hy het na hulle stem geluister. So het hy dan van die aarde af opgestaan, en op die bed gaan sit.
24
And the woman had a fat calf in the house; and she hasted, and killed it, and took flour, and kneaded [it], and did bake unleavened bread thereof:
En die vrou het ‚'n vet kalf in die huis gehad; en sy het dit haastig geslag, en meel geneem, en dit geknie, en ongesuurde koeke daarvan gebak:
25
And she brought [it] before Saul, and before his servants; and they did eat. Then they rose up, and went away that night.
En sy het dit voor Saul en voor sy dienaars gebring; en hulle het geëet. Toe het hulle opgestaan, en daardie nag weggegaan.