King James Version
AFR DVK
1
And David said in his heart, I shall now perish one day by the hand of Saul: [there is] nothing better for me than that I should speedily escape into the land of the Philistines; and Saul shall despair of me, to seek me any more in any coast of Israel: so shall I escape out of his hand.
En Dawid het in sy hart gesê, Ek sal nou een van hierdie dae deur die hand van Saul omkom: daar is niks beter vir my nie as dat ek spoedig in die land van die Filistyne ontsnap; en Saul sal van my af ophou om my meer in enige grens van Israel te soek: so sal ek uit sy hand ontsnap.
2
And David arose, and he passed over with the six hundred men that [were] with him unto Achish, the son of Maoch, king of Gath.
En Dawid het opgestaan, en hy het oorgegaan, hy en die seshonderd manne wat by hom was, na Agis die seun van Máog, koning van Gat.
3
And David dwelt with Achish at Gath, he and his men, every man with his household, [even] David with his two wives, Ahinoam the Jezreelitess, and Abigail the Carmelitess, Nabal’s wife.
En Dawid het by Agis in Gat gewoon, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin, selfs Dawid met sy twee vroue, Agínoam die Jisreëlietin, en Abigail die Karmelitiese, Nabal se vrou.
4
And it was told Saul that David was fled to Gath: and he sought no more again for him.
En dit is aan Saul vertel dat Dawid na Gat gevlug het: en hy het nie meer na hom gesoek nie.
5
And David said unto Achish, If I have now found grace in thine eyes, let them give me a place in some town in the country, that I may dwell there: for why should thy servant dwell in the royal city with thee?
En Dawid het tot Agis gesê, As ek nou genade in jou oë gevind het, laat hulle my ’n plek gee in een van die stede in die land, dat ek daar mag woon: want waarom moet jou dienaar in die koninklike stad by jou woon?
6
Then Achish gave him Ziklag that day: wherefore Ziklag pertaineth unto the kings of Judah unto this day.
Toe het Agis hom daardie dag Siklag gegee: daarom behoort Siklag aan die konings van Juda tot vandag toe.
7
And the time that David dwelt in the country of the Philistines was a full year and four months.
En die tyd dat Dawid in die land van die Filistyne gewoon het, was ‚'n volle jaar en vier maande.
8
And David and his men went up, and invaded the Geshurites, and the Gezrites, and the Amalekites: for those [nations were] of old the inhabitants of the land, as thou goest to Shur, even unto the land of Egypt.
En Dawid en sy manne het opgetrek, en die Gesuriete, en die Gésuriete, en die Amalekiete binnegeval: want daardie nasies was van ouds die inwoners van die land, soos jy na Sur gaan, selfs tot by die land van Egipte.
9
And David smote the land, and left neither man nor woman alive, and took away the sheep, and the oxen, and the asses, and the camels, and the apparel, and returned, and came to Achish.
En Dawid het die land verwoes, en nóg man nóg vrou laat lewe, en skape, en osse, en esels, en kamele, en klere geneem, en teruggekeer, en by Agis gekom.
10
And Achish said, Whither have ye made a road to day? And David said, Against the south of Judah, and against the south of the Jerahmeelites, and against the south of the Kenites.
En Agis het gesê, Waarheen het julle vandag ’n inval gemaak? En Dawid het gesê, Teen die suide van Juda, en teen die suide van die Jeragmeëliete, en teen die suide van die Keniete.
11
And David saved neither man nor woman alive, to bring [tidings] to Gath, saying, Lest they should tell on us, saying, So did David, and so [will be] his manner all the while he dwelleth in the country of the Philistines.
En Dawid het nóg man nóg vrou laat lewe om na Gat te bring, en gesê, Dat hulle nie van ons sou vertel, en sê, So het Dawid gedoen nie. En so was sy gewoonte al die dae dat hy in die land van die Filistyne gewoon het.
12
And Achish believed David, saying, He hath made his people Israel utterly to abhor him; therefore he shall be my servant for ever.
En Agis het Dawid geglo, en gesê, Hy het sy volk Israel heeltemal verfoeilik gemaak; daarom sal hy my dienaar vir ewig wees.