King James Version
AFR DVK
1
And the Ziphites came unto Saul to Gibeah, saying, Doth not David hide himself in the hill of Hachilah, [which is] before Jeshimon?
En die Sifiete het by Saul in Gibea gekom, en gesê, Bly Dawid nie homself verberg in die heuwel van Hagíla, wat voor die wildernis is nie?
2
Then Saul arose, and went down to the wilderness of Ziph, having three thousand chosen men of Israel with him, to seek David in the wilderness of Ziph.
Toe het Saul opgestaan, en afgegaan na die wildernis van Sif, met drieduisend uitgesoekte manne van Israel, om Dawid in die wildernis van Sif te soek.
3
And Saul pitched in the hill of Hachilah, which [is] before Jeshimon, by the way. But David abode in the wilderness, and he saw that Saul came after him into the wilderness.
En Saul het in die heuwel van Hagíla, wat voor die wildernis is, by die pad kamp opgeslaan. Maar Dawid het in die wildernis gebly, en hy het gesien dat Saul agter hom aan in die wildernis gekom het.
4
David therefore sent out spies, and understood that Saul was come in very deed.
Dawid het dus verspieders gestuur, en geweet dat Saul sekerlik gekom het.
5
And David arose, and came to the place where Saul had pitched: and David beheld the place where Saul lay, and Abner the son of Ner, the captain of his host: and Saul lay in the trench, and the people pitched round about him.
En Dawid het opgestaan, en by die plek gekom waar Saul kamp opgeslaan het: en Dawid het die plek gesien waar Saul gelê het, en Abner die seun van Ner, die owerste van sy leër: en Saul het in die laer gelê, en die volk het rondom hom kamp opgeslaan.
6
Then answered David and said to Ahimelech the Hittite, and to Abishai the son of Zeruiah, brother to Joab, saying, Who will go down with me to Saul to the camp? And Abishai said, I will go down with thee.
Toe het Dawid geantwoord en tot Ahímeleg die Hetiet, en tot Abísai die seun van Serúja, die broer van Joab, gesê, Wie sal met my afgaan na Saul in die laer? En Abísai het gesê, Ek sal met jou afgaan.
7
So David and Abishai came to the people by night: and, behold, Saul lay sleeping within the trench, and his spear stuck in the ground at his bolster: but Abner and the people lay round about him.
So het Dawid en Abísai dan in die nag by die volk gekom: en kyk, Saul het in die laer gelê, en sy spies het in die grond by sy hoof gestaan: maar Abner en die volk het rondom hom gelê.
8
Then said Abishai to David, God hath delivered thine enemy into thine hand this day: now therefore let me smite him, I pray thee, with the spear even to the earth at once, and I will not [smite] him the second time.
Toe het Abísai tot Dawid gesê, God het vandag jou vyand in jou hand oorgegee: nou dan, laat my hom tog met die spies teen die aarde vassteek met een slag, en ek sal dit nie ’n tweede keer doen nie.
9
And David said to Abishai, Destroy him not: for who can stretch forth his hand against the LORD’S anointed, and be guiltless?
En Dawid het tot Abísai gesê, Vernietig hom nie: want wie kan sy hand teen die HERE se gesalfde uitsteek, en onskuldig wees?
10
David said furthermore, [As] the LORD liveth, the LORD shall smite him; or his day shall come to die; or he shall descend into battle, and perish.
Dawid het verder gesê, So waar as die HERE lewe, die HERE sal hom tref; of sy dag sal kom dat hy sterwe; of hy sal in die geveg afgaan, en omkom.
11
The LORD forbid that I should stretch forth mine hand against the LORD’S anointed: but, I pray thee, take thou now the spear that [is] at his bolster, and the cruse of water, and let us go.
Die HERE verbied my dat ek my hand teen die HERE se gesalfde sou uitsteek: maar neem nou die spies wat by sy hoof is, en die waterkruik, en laat ons gaan.
12
So David took the spear and the cruse of water from Saul’s bolster; and they gat them away, and no man saw [it], nor knew [it], neither awaked: for they [were] all asleep; because a deep sleep from the LORD was fallen upon them.
So het Dawid dan die spies en die waterkruik van Saul se hoof geneem; en hulle het weggegaan, en niemand het dit gesien nie, en niemand het dit geweet nie, en niemand het wakker geword nie: want hulle was almal aan die slaap; omdat ‚'n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
13
Then David went over to the other side, and stood on the top of an hill afar off; a great space [being] between them:
Toe het Dawid na die ander kant oorgegaan, en ver op die top van die berg gestaan, ‚'n groot ruimte tussen hulle:
14
And David cried to the people, and to Abner the son of Ner, saying, Answerest thou not, Abner? Then Abner answered and said, Who [art] thou [that] criest to the king?
En Dawid het na die volk, en na Abner die seun van Ner, geroep, en gesê, Antwoord jy nie, Abner nie? Toe het Abner geantwoord en gesê, Wie is jy wat na die koning roep?
15
And David said to Abner, [Art] not thou a [valiant] man? and who [is] like to thee in Israel? wherefore then hast thou not kept thy lord the king? for there came one of the people in to destroy the king thy lord.
En Dawid het tot Abner gesê, Is jy nie ’n man nie? en wie is soos jy in Israel? waarom het jy dan nie jou heer die koning bewaak nie? want daar het een van die volk gekom om die koning jou heer te vernietig.
16
This thing [is] not good that thou hast done. [As] the LORD liveth, ye [are] worthy to die, because ye have not kept your master, the LORD’S anointed. And now see where the king’s spear [is], and the cruse of water that [was] at his bolster.
Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie. So waar as die HERE lewe, julle is seuns van die dood, omdat julle julle heer, die HERE se gesalfde, nie bewaak het nie. En nou sien waar die koning se spies is, en die waterkruik wat by sy hoof was.
17
And Saul knew David’s voice, and said, [Is] this thy voice, my son David? And David said, [It is] my voice, my lord, O king.
En Saul het Dawid se stem herken, en gesê, Is dit jou stem, my seun Dawid? En Dawid het gesê, Dit is my stem, my heer, o koning.
18
And he said, Wherefore doth my lord thus pursue after his servant? for what have I done? or what evil [is] in mine hand?
En hy het gesê, Waarom jag my heer so agter sy dienaar aan? want wat het ek gedoen? of watter kwaad is in my hand?
19
Now therefore, I pray thee, let my lord the king hear the words of his servant. If the LORD have stirred thee up against me, let him accept an offering: but if [they be] the children of men, cursed [be] they before the LORD; for they have driven me out this day from abiding in the inheritance of the LORD, saying, Go, serve other gods.
Laat my heer die koning nou dan die woorde van sy dienaar hoor: as die HERE jou teen my aangehits het, laat Hom ’n offer aanneem: maar as dit die kinders van die mense is, vervloek is hulle voor die HERE; want hulle het my vandag uitgewerp, dat ek nie by die erfenis van die HERE mag bly nie, en gesê, Gaan, dien ander gode.
20
Now therefore, let not my blood fall to the earth before the face of the LORD: for the king of Israel is come out to seek a flea, as when one doth hunt a partridge in the mountains.
Nou dan, laat my bloed nie op die aarde val voor die aangesig van die HERE nie: want die koning van Israel is uitgegaan om ‚'n vlooi te soek, soos wanneer ‚'n mens ‚'n patrys in die berge jag.
21
Then said Saul, I have sinned: return, my son David: for I will no more do thee harm, because my soul was precious in thine eyes this day: behold, I have played the fool, and have erred exceedingly.
Toe het Saul gesê, Ek het gesondig: keer terug, my seun Dawid: want ek sal jou nie meer kwaad aandoen nie, omdat my siel kosbaar was in jou oë hierdie dag: kyk, ek het dwaas gehandel, en baie gedwaal.
22
And David answered and said, Behold the king’s spear! and let one of the young men come over and fetch it.
En Dawid het geantwoord en gesê, Kyk die koning se spies! en laat een van die jongmanne oorkom en dit haal.
23
The LORD render to every man his righteousness and his faithfulness: for the LORD delivered thee into [my] hand to day, but I would not stretch forth mine hand against the LORD’S anointed.
Die HERE vergeld aan elke man sy geregtigheid en sy trou: want die HERE het jou vandag in my hand oorgegee, maar ek wou nie my hand teen die HERE se gesalfde uitsteek nie.
24
And, behold, as thy life was much set by this day in mine eyes, so let my life be much set by in the eyes of the LORD, and let him deliver me out of all tribulation.
En kyk, soos jou lewe vandag hoog geag was in my oë, so laat my lewe hoog geag wees in die oë van die HERE, en laat Hom my uit alle benoudheid red.
25
Then Saul said to David, Blessed [be] thou, my son David: thou shalt both do great [things], and also shalt still prevail. So David went on his way, and Saul returned to his place.
Toe het Saul tot Dawid gesê, Geseënd is jy, my seun Dawid: jy sal groot dinge doen, en ook sekerlik seëvier. So het Dawid dan sy pad gegaan, en Saul het na sy plek teruggekeer.