King James Version
AFR DVK
1
David therefore departed thence, and escaped to the cave Adullam: and when his brethren and all his father’s house heard [it], they went down thither to him.
Dawid het daarvandaan weggegaan, en na die spelonk Adullam ontsnap: en toe sy broers en sy hele vader se huis dit gehoor het, het hulle daarheen afgegaan na hom.
2
And every one [that was] in distress, and every one that [was] in debt, and every one [that was] discontented, gathered themselves unto him; and he became a captain over them: and there were with him about four hundred men.
En elkeen wat in nood was, en elkeen wat in skuld was, en elkeen wat ontevrede was, het by hom bymekaargekom; en hy het ‚'n owerste oor hulle geword: en daar was by hom omtrent vierhonderd man.
3
And David went thence to Mizpeh of Moab: and he said unto the king of Moab, Let my father and my mother, I pray thee, come forth, [and be] with you, till I know what God will do for me.
En Dawid het daarvandaan na Mispe van Moab gegaan: en hy het tot die koning van Moab gesê, Laat my vader en my moeder, ek bid jou, uitkom, en by julle wees, totdat ek weet wat God vir my sal doen.
4
And he brought them before the king of Moab: and they dwelt with him all the while that David was in the hold.
En hy het hulle voor die koning van Moab gebring: en hulle het by hom gebly al die dae dat Dawid in die vesting was.
5
And the prophet Gad said unto David, Abide not in the hold; depart, and get thee into the land of Judah. Then David departed, and came into the forest of Hareth.
En die profeet Gad het tot Dawid gesê, Bly nie in die vesting nie; vertrek, en kom in die land van Juda. Toe het Dawid vertrek, en in die woud Heret gekom.
6
When Saul heard that David was discovered, and the men that [were] with him, (now Saul abode in Gibeah under a tree in Ramah, having his spear in his hand, and all his servants [were] standing about him;)
Toe Saul gehoor het dat Dawid en die manne wat by hom was, bekend geword het, (nou het Saul in Gibea onder ‚'n boom op die hoogte gesit, met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan;)
7
Then Saul said unto his servants that stood about him, Hear now, ye Benjamites; will the son of Jesse give every one of you fields and vineyards, [and] make you all captains of thousands, and captains of hundreds;
Het Saul tot sy dienaars wat by hom gestaan het, gesê, Hoor nou, julle Benjamiete; sal die seun van Isai ook aan julle almal lande en wingerde gee, en julle almal as owerstes oor duisende, en owerstes over honderde aanstel;
8
That all of you have conspired against me, and [there is] none that sheweth me that my son hath made a league with the son of Jesse, and [there is] none of you that is sorry for me, or sheweth unto me that my son hath stirred up my servant against me, to lie in wait, as at this day?
Dat julle almal teen my saamgesweer het, en daar is niemand wat dit in my oor openbaar dat my seun ’n verbond met die seun van Isai gemaak het nie, en daar is niemand van julle wat om my seer is, of dit in my oor openbaar dat my seun my dienaar teen my opgestook het, om in ’n hinderlaag te lê, soos dit vandag is nie?
9
Then answered Doeg the Edomite, which was set over the servants of Saul, and said, I saw the son of Jesse coming to Nob, to Ahimelech the son of Ahitub.
Toe het Doëg die Edomiet, wat by die dienaars van Saul gestaan het, geantwoord en gesê, Ek het die seun van Isai gesien toe hy by Nob gekom het by Ahímeleg die seun van Ahítub.
10
And he inquired of the LORD for him, and gave him victuals, and gave him the sword of Goliath the Philistine.
En hy het vir hom die HERE gevra, en hom voedsel gegee, en die swaard van Goliat die Filistyn aan hom gegee.
11
Then the king sent to call Ahimelech the priest, the son of Ahitub, and all his father’s house, the priests that [were] in Nob: and they came all of them to the king.
Toe het die koning gestuur om Ahímeleg die priester, die seun van Ahítub, te roep, en sy hele vader se huis, die priesters wat in Nob was: en hulle het almal by die koning gekom.
12
And Saul said, Hear now, thou son of Ahitub. And he answered, Here I [am], my lord.
En Saul het gesê, Hoor nou, jy seun van Ahítub. En hy het geantwoord, Hier is ek, my heer.
13
And Saul said unto him, Why have ye conspired against me, thou and the son of Jesse, in that thou hast given him bread, and a sword, and hast inquired of God for him, that he should rise against me, to lie in wait, as at this day?
En Saul het tot hom gesê, Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy hom brood en ’n swaard gegee het, en vir hom by God gevra het, dat hy teen my sou opstaan, om in ’n hinderlaag te lê, soos dit vandag is?
14
Then Ahimelech answered the king, and said, And who [is so] faithful among all thy servants as David, which is the king’s son in law, and goeth at thy bidding, and is honourable in thine house?
Toe het Ahímeleg die koning geantwoord, en gesê, En wie is so getrou onder al jou dienaars as Dawid, wat die koning se skoonseun is, en in jou bevel gaan, en in jou huis geëerd is?
15
Did I then begin to inquire of God for him? be it far from me: let not the king impute [any] thing unto his servant, [nor] to all the house of my father: for thy servant knew nothing of all this, less or more.
Het ek vandag begin om vir hom by God te vra? Mag dit ver van my wees: laat die koning niks op sy dienaar, of op die hele huis van my vader, lê nie: want jou dienaar het van al hierdie saak, groot of klein, niks geweet nie.
16
And the king said, Thou shalt surely die, Ahimelech, thou, and all thy father’s house.
En die koning het gesê, Jy moet sekerlik sterwe, Ahímeleg, jy, en jou vader se hele huis.
17
And the king said unto the footmen that stood about him, Turn, and slay the priests of the LORD; because their hand also [is] with David, and because they knew when he fled, and did not shew it to me. But the servants of the king would not put forth their hand to fall upon the priests of the LORD.
En die koning het tot die hardlopers wat by hom gestaan het, gesê, Draai om, en maak die priesters van die HERE dood; omdat hulle hand ook met Dawid is, en omdat hulle geweet het toe hy gevlug het, en dit nie in my oor geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou nie hulle hand uitsteek om op die priesters van die HERE te val nie.
18
And the king said to Doeg, Turn thou, and fall upon the priests. And Doeg the Edomite turned, and he fell upon the priests, and slew on that day fourscore and five persons that did wear a linen ephod.
En die koning het tot Doëg gesê, Draai jy om, en val op die priesters. En Doëg die Edomiet het omgedraai, en hy het op die priesters geval, en daardie dag vyf en tagtig persone wat ’n linne-efod gedra het, doodgemaak.
19
And Nob, the city of the priests, smote he with the edge of the sword, both men and women, children and sucklings, and oxen, and asses, and sheep, with the edge of the sword.
En Nob, die stad van die priesters, het hy met die skerpte van die swaard verslaan, beide manne en vroue, kinders en suigelinge, en osse, en esels, en skape, met die skerpte van die swaard.
20
And one of the sons of Ahimelech the son of Ahitub, named Abiathar, escaped, and fled after David.
En een van die seuns van Ahímeleg die seun van Ahítub, genaamd Abjatar, het ontsnap, en is agter Dawid aangegaan.
21
And Abiathar shewed David that Saul had slain the LORD’S priests.
En Abjatar het Dawid vertel dat Saul die priesters van die HERE doodgemaak het.
22
And David said unto Abiathar, I knew [it] that day, when Doeg the Edomite [was] there, that he would surely tell Saul: I have occasioned [the death] of all the persons of thy father’s house.
En Dawid het tot Abjatar gesê, Ek het geweet daardie dag, toe Doëg die Edomiet daar was, dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel: ek het oorsaak gegee tot die dood van al die persone van jou vader se huis.
23
Abide thou with me, fear not: for he that seeketh my life seeketh thy life: but with me thou [shalt be] in safeguard.
Bly by my, wees nie bevrees nie: want hy wat my lewe soek, soek jou lewe: maar by my sal jy veilig bewaar word.