King James Version
AFR DVK
1
And David fled from Naioth in Ramah, and came and said before Jonathan, What have I done? what [is] mine iniquity? and what [is] my sin before thy father, that he seeketh my life?
En Dawid het van Najot in Rama gevlug, en by Jonatan gekom, en gesê, Wat het ek gedoen? wat is my ongeregtigheid? en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
2
And he said unto him, God forbid; thou shalt not die: behold, my father will do nothing either great or small, but that he will shew it me: and why should my father hide this thing from me? it [is] not [so].
En hy het tot hom gesê, Mag dit ver wees; jy sal nie sterwe nie: kyk, my vader sal niks doen, groot of klein, sonder om dit in my oor te openbaar nie: en waarom sou my vader hierdie ding vir my verberg? dit is nie so nie.
3
And David sware moreover, and said, Thy father certainly knoweth that I have found grace in thine eyes; and he saith, Let not Jonathan know this, lest he be grieved: but truly [as] the LORD liveth, and [as] thy soul liveth, [there is] but a step between me and death.
En Dawid het verder gesweer, en gesê, Jou vader weet sekerlik dat ek genade in jou oë gevind het; en hy sê, Laat Jonatan dit nie weet nie, dat hy nie bedroef word nie: maar waarlik soos die HERE lewe, en soos jou siel lewe, daar is maar ’n tree tussen my en die dood.
4
Then said Jonathan unto David, Whatsoever thy soul desireth, I will even do [it] for thee.
Toe het Jonatan tot Dawid gesê, Wat jou siel ook al sê, ek sal dit vir jou doen.
5
And David said unto Jonathan, Behold, to morrow [is] the new moon, and I should not fail to sit with the king at meat: but let me go, that I may hide myself in the field unto the third [day] at even.
En Dawid het tot Jonatan gesê, Kyk, môre is die nuwemaan, en ek moet saam met die koning eet: maar laat my gaan, dat ek my in die veld mag verberg tot die derde dag in die aand.
6
If thy father at all miss me, then say, David earnestly asked [leave] of me that he might run to Bethlehem his city: for [there is] a yearly sacrifice there for all the family.
As jou vader my enigsins mis, dan moet jy sê, Dawid het my ernstig gevra dat hy na sy stad Betlehem mag hardloop: want daar is ’n jaarlikse offer vir die hele familie.
7
If he say thus, [It is] well; thy servant shall have peace: but if he be very wroth, [then] be sure that evil is determined by him.
As hy so sê, Dit is goed; dan sal jou dienaar vrede hê: maar as hy baie toornig is, wees dan seker dat die boosheid by hom vasbeslote is.
8
Therefore thou shalt deal kindly with thy servant; for thou hast brought thy servant into a covenant of the LORD with thee: notwithstanding, if there be in me iniquity, slay me thyself; for why shouldest thou bring me to thy father?
Daarom moet jy barmhartigheid aan jou dienaar bewys; want jy het jou dienaar in ‚'n verbond van die HERE met jou ingebring: maar as daar enige ongeregtigheid in my is, maak my self dood; want waarom sou jy my na jou vader bring?
9
And Jonathan said, Far be it from thee: for if I knew certainly that evil were determined by my father to come upon thee, then would not I tell it thee?
En Jonatan het gesê, Mag dit ver van jou wees: want as ek sekerlik weet dat die boosheid by my vader vasbeslote is om jou te laat kom, sal ek dit dan nie aan jou vertel nie?
10
Then said David to Jonathan, Who shall tell me? or what [if] thy father answer thee roughly?
Toe het Dawid tot Jonatan gesê, Wie moet dit my vertel? of wat as jou vader jou hard antwoord?
11
And Jonathan said unto David, Come, and let us go out into the field. And they went out both of them into the field.
En Jonatan het tot Dawid gesê, Kom, en laat ons in die veld uitgaan. En hulle het altwee in die veld uitgegaan.
12
And Jonathan said unto David, O LORD God of Israel, when I have sounded my father about to morrow any time, [or] the third [day], and, behold, [if there be] good toward David, and I then send not unto thee, and shew it thee;
En Jonatan het tot Dawid gesê, O HERE, God van Israel, wanneer ek môre, of die derde dag, my vader nagevors het, en kyk, as daar goeie teenoor Dawid is, en ek dit dan nie na jou stuur, en dit in jou ore openbaar nie;
13
The LORD do so and much more to Jonathan: but if it please my father [to do] thee evil, then I will shew it thee, and send thee away, that thou mayest go in peace: and the LORD be with thee, as he hath been with my father.
Die HERE doen so en meer ook aan Jonatan: maar as dit my vader behaag om jou kwaad aan te doen, dan sal ek dit in jou ore openbaar, en jou wegstuur, dat jy in vrede mag gaan: en die HERE wees met jou, soos Hy met my vader was.
14
And thou shalt not only while yet I live shew me the kindness of the LORD, that I die not:
En jy moet nie net terwyl ek nog lewe nie, die barmhartigheid van die HERE aan my bewys, dat ek nie sterwe nie:
15
But [also] thou shalt not cut off thy kindness from my house for ever: no, not when the LORD hath cut off the enemies of David every one from the face of the earth.
Maar jy moet jou barmhartigheid ook nie van my huis vir ewig wegsny nie: nee, nie wanneer die HERE die vyande van Dawid elkeen van die aangesig van die aarde afgesny het nie.
16
So Jonathan made [a covenant] with the house of David, [saying], Let the LORD even require [it] at the hand of David’s enemies.
So het Jonatan dan ’n verbond met die huis van Dawid gemaak, en gesê, Laat die HERE dit eis uit die hand van die vyande van Dawid.
17
And Jonathan caused David to swear again, because he loved him: for he loved him as he loved his own soul.
En Jonatan het Dawid weer laat sweer, omdat hy hom liefgehad het: want hy het hom liefgehad soos hy sy eie siel liefgehad het.
18
Then Jonathan said to David, To morrow [is] the new moon: and thou shalt be missed, because thy seat will be empty.
Toe het Jonatan tot hom gesê, Môre is die nuwemaan: en jy sal gemis word, omdat jou sitplek leeg sal wees.
19
And [when] thou hast stayed three days, [then] thou shalt go down quickly, and come to the place where thou didst hide thyself when the business was [in hand], and shalt remain by the stone Ezel.
En wanneer jy drie dae vertoef het, dan moet jy gou afgaan, en by die plek kom waar jy jou verberg het op die dag van die werk, en by die klip Esel bly.
20
And I will shoot three arrows on the side [thereof], as though I shot at a mark.
En ek sal drie pyle na die kant daarvan skiet, asof ek na ‚'n teiken skiet.
21
And, behold, I will send a lad, [saying], Go, find out the arrows. If I expressly say unto the lad, Behold, the arrows [are] on this side of thee, take them; then come thou: for [there is] peace to thee, and no hurt; [as] the LORD liveth.
En kyk, ek sal ’n seuntjie stuur, en sê, Gaan, vind die pyle. As ek uitdruklik tot die seun sê, Kyk, die pyle is aan hierdie kant van jou, neem hulle; dan kom jy: want daar is vrede vir jou, en geen skade nie; so waar as die HERE lewe.
22
But if I say thus unto the young man, Behold, the arrows [are] beyond thee; go thy way: for the LORD hath sent thee away.
Maar as ek so tot die jongman sê, Kyk, die pyle is verder as jy; gaan jou pad: want die HERE stuur jou weg.
23
And [as touching] the matter which thou and I have spoken of, behold, the LORD [be] between thee and me for ever.
En aangaande die saak wat jy en ek gespreek het, kyk, die HERE is tussen jou en my vir ewig.
24
So David hid himself in the field: and when the new moon was come, the king sat him down to eat meat.
So het Dawid dan homself in die veld verberg: en toe die nuwemaan gekom het, het die koning gaan sit om te eet.
25
And the king sat upon his seat, as at other times, [even] upon a seat by the wall: and Jonathan arose, and Abner sat by Saul’s side, and David’s place was empty.
En die koning het op sy stoel gesit, soos op ander kere, op ‚'n stoel by die muur: en Jonatan het opgestaan, en Abner het by Saul se sy gesit: en Dawid se plek was leeg.
26
Nevertheless Saul spake not any thing that day: for he thought, Something hath befallen him, he [is] not clean; surely he [is] not clean.
Nogtans het Saul daardie dag niks gesê nie: want hy het gedink, Daar het iets met hom gebeur, hy is nie rein nie; sekerlik is hy nie rein nie.
27
And it came to pass on the morrow, [which was] the second [day] of the month, that David’s place was empty: and Saul said unto Jonathan his son, Wherefore cometh not the son of Jesse to meat, neither yesterday, nor to day?
En dit was so die volgende dag, wat die tweede dag van die maand was, dat Dawid se plek leeg was: en Saul het tot Jonatan sy seun gesê, Waarom het die seun van Isai nie gister of vandag na die maaltyd gekom nie?
28
And Jonathan answered Saul, David earnestly asked [leave] of me [to go] to Bethlehem:
En Jonatan het Saul geantwoord, Dawid het my ernstig gevra dat hy na Betlehem mag gaan:
29
And he said, Let me go, I pray thee; for our family hath a sacrifice in the city; and my brother, he hath commanded me [to be there]: and now, if I have found favour in thine eyes, let me get away, I pray thee, and see my brethren. Therefore he cometh not unto the king’s table.
En hy het gesê, Laat my gaan, ek bid jou; want ons familie het ’n offer in die stad; en my broer, hy het my beveel om daar te wees: en nou, as ek genade in jou oë gevind het, laat my gaan, ek bid jou, en sien my broers. Daarom het hy nie na die koning se tafel gekom nie.
30
Then Saul’s anger was kindled against Jonathan, and he said unto him, Thou son of the perverse rebellious [woman], do not I know that thou hast chosen the son of Jesse to thine own confusion, and unto the confusion of thy mother’s nakedness?
Toe is Saul se toorn aangesteek teen Jonatan, en hy het tot hom gesê, Jy seun van die verkeerde opstandige vrou, weet ek nie dat jy die seun van Isai gekies het tot jou eie skande, en tot die skande van jou moeder se naaktheid nie?
31
For as long as the son of Jesse liveth upon the ground, thou shalt not be established, nor thy kingdom. Wherefore now send and fetch him unto me, for he shall surely die.
Want solank as die seun van Isai op die aarde lewe, sal jy nie gevestig word nie, jy of jou koninkryk. Stuur daarom nou, en haal hom na my toe, want hy moet sekerlik sterwe.
32
And Jonathan answered Saul his father, and said unto him, Wherefore shall he be slain? what hath he done?
En Jonatan het Saul sy vader geantwoord, en tot hom gesê, Waarom moet hy gedood word? wat het hy gedoen?
33
And Saul cast a javelin at him to smite him: whereby Jonathan knew that it was determined of his father to slay David.
En Saul het ‚'n spies na hom gegooi om hom te tref: waardeur Jonatan geweet het dat dit by sy vader vasbeslote was om Dawid dood te maak.
34
So Jonathan arose from the table in fierce anger, and did eat no meat the second day of the month: for he was grieved for David, because his father had done him shame.
So het Jonatan dan van die tafel in hete toorn opgestaan, en geen voedsel op die tweede dag van die maand geëet nie: want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom te skande gemaak het.
35
And it came to pass in the morning, that Jonathan went out into the field at the time appointed with David, and a little lad with him.
En dit was so in die môre, dat Jonatan in die veld uitgegaan het op die tyd wat hy met Dawid afgespreek het, en ’n klein seuntjie met hom.
36
And he said unto his lad, Run, find out now the arrows which I shoot. [And] as the lad ran, he shot an arrow beyond him.
En hy het tot sy seun gesê, Hardloop, vind nou die pyle wat ek skiet. En toe die seun gehardloop het, het hy ’n pyl verby hom geskiet.
37
And when the lad was come to the place of the arrow which Jonathan had shot, Jonathan cried after the lad, and said, [Is] not the arrow beyond thee?
En toe die seun by die plek gekom het van die pyl wat Jonatan geskiet het, het Jonatan tot die seun geroep, en gesê, Is die pyl nie verder as jy nie?
38
And Jonathan cried after the lad, Make speed, haste, stay not. And Jonathan’s lad gathered up the arrows, and came to his master.
En Jonatan het tot die seun geroep, Maak haastig, spoed, moenie stilstaan nie. En Jonatan se seun het die pyle bymekaargemaak, en by sy heer gekom.
39
But the lad knew not any thing: only Jonathan and David knew the matter.
Maar die seun het niks geweet nie: net Jonatan en Dawid het die saak geweet.
40
And Jonathan gave his artillery unto his lad, and said unto him, Go, carry [them] to the city.
En Jonatan het sy wapens aan sy seun gegee, en tot hom gesê, Gaan, bring dit na die stad.
41
[And] as soon as the lad was gone, David arose out of [a place] toward the south, and fell on his face to the ground, and bowed himself three times: and they kissed one another, and wept one with another, until David exceeded.
En sodra die seun weggegaan het, het Dawid uit ‚'n plek na die suide opgestaan, en op sy aangesig na die grond geval, en homself drie maal neergebuig: en hulle het mekaar gesoen, en saam geween, totdat Dawid dit oortref het.
42
And Jonathan said to David, Go in peace, forasmuch as we have sworn both of us in the name of the LORD, saying, The LORD be between me and thee, and between my seed and thy seed for ever. And he arose and departed: and Jonathan went into the city.
En Jonatan het tot Dawid gesê, Gaan in vrede, aangesien ons altwee in die Naam van die HERE gesweer het, en gesê het, Die HERE wees tussen my en jou, en tussen my saad en jou saad vir ewig. En hy het opgestaan en weggegaan: en Jonatan het in die stad ingegaan.