King James Version
AFR DVK
1
Now the Philistines gathered together their armies to battle, and were gathered together at Shochoh, which [belongeth] to Judah, and pitched between Shochoh and Azekah, in Ephesdammim.
Nou het die Filistyne hulle leërs bymekaargemaak tot die geveg, en by Sogo bymekaargekom, wat aan Juda behoort, en kamp opgeslaan tussen Sogo en Aséka, in Efes-Dammim.
2
And Saul and the men of Israel were gathered together, and pitched by the valley of Elah, and set the battle in array against the Philistines.
En Saul en die manne van Israel is bymekaargemaak, en kamp opgeslaan by die dal van Ela, en hulleself in slagorde gestel teen die Filistyne.
3
And the Philistines stood on a mountain on the one side, and Israel stood on a mountain on the other side: and [there was] a valley between them.
En die Filistyne het aan ‚'n berg aan die een kant gestaan, en Israel het aan ‚'n berg aan die ander kant gestaan: en daar was ‚'n dal tussen hulle.
4
And there went out a champion out of the camp of the Philistines, named Goliath, of Gath, whose height [was] six cubits and a span.
En daar het ’n kampvegter uit die leër van die Filistyne uitgegaan, genaamd Goliat, van Gat, wie se hoogte ses el en ’n span was.
5
And [he had] an helmet of brass upon his head, and he [was] armed with a coat of mail; and the weight of the coat [was] five thousand shekels of brass.
En hy het ‚'n helm van koper op sy hoof gehad, en hy was aangetrek met ‚'n skubbeharnas; en die gewig van die harnas was vyfduisend sikkels koper.
6
And [he had] greaves of brass upon his legs, and a target of brass between his shoulders.
En hy het grewe van koper op sy bene gehad, en ‚'n skild van koper tussen sy skouers.
7
And the staff of his spear [was] like a weaver’s beam; and his spear’s head [weighed] six hundred shekels of iron: and one bearing a shield went before him.
En die skag van sy spies was soos ‚'n wewersboom; en sy spies se ysterpunt het seshonderd sikkels yster geweeg: en een wat ‚'n skild dra, het voor hom uit gegaan.
8
And he stood and cried unto the armies of Israel, and said unto them, Why are ye come out to set [your] battle in array? [am] not I a Philistine, and ye servants to Saul? choose you a man for you, and let him come down to me.
En hy het gestaan en na die leërs van Israel geroep, en tot hulle gesê, Waarom het julle uitgekom om julle in slagorde te stel? is ek nie ’n Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? kies vir julle ’n man, en laat hom na my toe afkom.
9
If he be able to fight with me, and to kill me, then will we be your servants: but if I prevail against him, and kill him, then shall ye be our servants, and serve us.
As hy teen my kan veg, en my doodmaak, dan sal ons julle dienaars wees: maar as ek hom oorwin, en hom doodmaak, dan moet julle ons dienaars wees, en ons dien.
10
And the Philistine said, I defy the armies of Israel this day; give me a man, that we may fight together.
En die Filistyn het gesê, Ek tart die leërs van Israel hierdie dag; gee my ’n man, dat ons teen mekaar mag veg.
11
When Saul and all Israel heard those words of the Philistine, they were dismayed, and greatly afraid.
Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn gehoor het, was hulle verskrik, en baie bevrees.
12
Now David [was] the son of that Ephrathite of Bethlehemjudah, whose name [was] Jesse; and he had eight sons: and the man went among men [for] an old man in the days of Saul.
Nou was Dawid die seun van daardie Efratiet van Betlehem-Juda, wie se naam Isai was; en hy het agt seuns gehad: en die man was in die dae van Saul ‚'n ou man, vergevorderd in jare onder die manne.
13
And the three eldest sons of Jesse went [and] followed Saul to the battle: and the names of his three sons that went to the battle [were] Eliab the firstborn, and next unto him Abinadab, and the third Shammah.
En die drie oudste seuns van Isai het gegaan en agter Saul aan in die oorlog gevolg: en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was Eliab die eersgeborene, en volgende aan hom Abinadab, en die derde Samma.
14
And David [was] the youngest: and the three eldest followed Saul.
En Dawid was die jongste: en die drie oudstes het agter Saul aangegaan.
15
But David went and returned from Saul to feed his father’s sheep at Bethlehem.
Maar Dawid het gegaan en teruggekeer van Saul af om sy vader se skape in Betlehem te wei.
16
And the Philistine drew near morning and evening, and presented himself forty days.
En die Filistyn het môre en aand nader gekom, en homself veertig dae lank vertoon.
17
And Jesse said unto David his son, Take now for thy brethren an ephah of this parched [corn], and these ten loaves, and run to the camp to thy brethren;
En Isai het tot Dawid sy seun gesê, Neem nou vir jou broers ’n efa van hierdie geroosterde koring, en hierdie tien brode, en hardloop na die leër by jou broers;
18
And carry these ten cheeses unto the captain of [their] thousand, and look how thy brethren fare, and take their pledge.
En bring hierdie tien kase aan die owerste van hulle duisend, en kyk hoe dit met jou broers gaan, en neem hulle pand.
19
Now Saul, and they, and all the men of Israel, [were] in the valley of Elah, fighting with the Philistines.
Nou was Saul, en hulle, en al die manne van Israel, in die dal van Ela, besig om teen die Filistyne te veg.
20
And David rose up early in the morning, and left the sheep with a keeper, and took, and went, as Jesse had commanded him; and he came to the trench, as the host was going forth to the fight, and shouted for the battle.
En Dawid het vroeg in die môre opgestaan, en die skape by ’n wagter gelaat, en weggeneem, en gegaan soos Isai hom beveel het; en hy het by die wa-laer gekom, toe die leër uitgetrek het in slagorde, en die oorlogsgeskreeu geskreeu het.
21
For Israel and the Philistines had put the battle in array, army against army.
Want Israel en die Filistyne het hulleself in slagorde gestel, leër teen leër.
22
And David left his carriage in the hand of the keeper of the carriage, and ran into the army, and came and saluted his brethren.
En Dawid het die goed van hom by die hand van die wagter van die goed gelaat, en na die leër gehardloop, en gekom en sy broers gegroet.
23
And as he talked with them, behold, there came up the champion, the Philistine of Gath, Goliath by name, out of the armies of the Philistines, and spake according to the same words: and David heard [them].
En terwyl hy met hulle gespreek het, kyk, daar het die kampvegter, die Filistyn van Gat, Goliat met name, opgekom uit die leërs van die Filistyne, en dieselfde woorde gespreek: en Dawid het hulle gehoor.
24
And all the men of Israel, when they saw the man, fled from him, and were sore afraid.
En al die manne van Israel, toe hulle die man sien, het van hom af gevlug, en was baie bevrees.
25
And the men of Israel said, Have ye seen this man that is come up? surely to defy Israel is he come up: and it shall be, [that] the man who killeth him, the king will enrich him with great riches, and will give him his daughter, and make his father’s house free in Israel.
En die manne van Israel het gesê, Het julle hierdie man gesien wat opgekom het? sekerlik is hy opgekom om Israel te tart: en dit sal wees, dat die man wat hom doodmaak, die koning sal met groot rykdom verryk, en hy sal hom sy dogter gee, en sy vader se huis vry maak in Israel.
26
And David spake to the men that stood by him, saying, What shall be done to the man that killeth this Philistine, and taketh away the reproach from Israel? for who [is] this uncircumcised Philistine, that he should defy the armies of the living God?
En Dawid het tot die manne gespreek wat by hom gestaan het, en gesê, Wat sal gedoen word aan die man wat hierdie Filistyn doodmaak, en die smaad van Israel wegneem? want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die leërs van die lewende God moet tart?
27
And the people answered him after this manner, saying, So shall it be done to the man that killeth him.
En die volk het hom volgens hierdie manier geantwoord, en gesê, So sal aan die man gedoen word wat hom doodmaak.
28
And Eliab his eldest brother heard when he spake unto the men; and Eliab’s anger was kindled against David, and he said, Why camest thou down hither? and with whom hast thou left those few sheep in the wilderness? I know thy pride, and the naughtiness of thine heart; for thou art come down that thou mightest see the battle.
En Eliab sy oudste broer het gehoor toe hy met die manne gespreek het; en Eliab se toorn is aangesteek teen Dawid, en hy het gesê, Waarom het jy hierheen afgekom? en by wie het jy daardie paar skape in die wildernis gelaat? ek ken jou trotsheid, en die boosheid van jou hart; want jy is afgekom dat jy die geveg mag sien.
29
And David said, What have I now done? [Is there] not a cause?
En Dawid het gesê, Wat het ek nou gedoen? is daar nie ’n oorsaak nie?
30
And he turned from him toward another, and spake after the same manner: and the people answered him again after the former manner.
En hy het van hom af na ‚'n ander omgedraai, en volgens dieselfde manier gespreek: en die volk het hom antwoord gegee soos die eerste keer.
31
And when the words were heard which David spake, they rehearsed [them] before Saul: and he sent for him.
En toe die woorde gehoor is wat Dawid gespreek het, is hulle voor Saul herhaal: en hy het hom gestuur.
32
And David said to Saul, Let no man’s heart fail because of him; thy servant will go and fight with this Philistine.
En Dawid het tot Saul gesê, Laat niemand se hart vanweë hom versink nie; jou dienaar sal gaan en met hierdie Filistyn veg.
33
And Saul said to David, Thou art not able to go against this Philistine to fight with him: for thou [art but] a youth, and he a man of war from his youth.
En Saul het tot Dawid gesê, Jy is nie in staat om teen hierdie Filistyn te gaan veg nie: want jy is maar ’n jongman, en hy ’n man van oorlog van sy jeug af.
34
And David said unto Saul, Thy servant kept his father’s sheep, and there came a lion, and a bear, and took a lamb out of the flock:
En Dawid het tot Saul gesê, Jou dienaar het sy vader se skape gewei, en daar het ’n leeu, en ’n beer gekom, en ’n lam uit die trop weggeneem:
35
And I went out after him, and smote him, and delivered [it] out of his mouth: and when he arose against me, I caught [him] by his beard, and smote him, and slew him.
En ek het agter hom aangegaan, en hom getref, en dit uit sy mond gered: en toe hy teen my opgestaan het, het ek hom by sy baard gegryp, en hom getref, en hom doodgemaak.
36
Thy servant slew both the lion and the bear: and this uncircumcised Philistine shall be as one of them, seeing he hath defied the armies of the living God.
Jou dienaar het beide die leeu en die beer doodgemaak: en hierdie onbesnede Filistyn sal soos een van hulle wees, aangesien hy die leërs van die lewende God getart het.
37
David said moreover, The LORD that delivered me out of the paw of the lion, and out of the paw of the bear, he will deliver me out of the hand of this Philistine. And Saul said unto David, Go, and the LORD be with thee.
Dawid het verder gesê, Die HERE wat my uit die poot van die leeu, en uit die poot van die beer gered het, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. En Saul het tot Dawid gesê, Gaan, en die HERE wees met jou.
38
And Saul armed David with his armour, and he put an helmet of brass upon his head; also he armed him with a coat of mail.
En Saul het Dawid met sy wapenrusting aangetrek, en ‚'n koperhelm op sy hoof gesit; ook het hy hom met ‚'n harnas aangetrek.
39
And David girded his sword upon his armour, and he assayed to go; for he had not proved [it]. And David said unto Saul, I cannot go with these; for I have not proved [them]. And David put them off him.
En Dawid het sy swaard om sy wapenrusting vasgegord, en hy het probeer om te gaan; want hy het dit nie beproef nie. En Dawid het tot Saul gesê, Ek kan nie hiermee gaan nie; want ek het dit nie beproef nie. En Dawid het hulle van hom afgesit.
40
And he took his staff in his hand, and chose him five smooth stones out of the brook, and put them in a shepherd’s bag which he had, even in a scrip; and his sling [was] in his hand: and he drew near to the Philistine.
En hy het sy staf in sy hand geneem, en vir hom vyf gladde klippe uit die rivier gekies, en hulle in ‚'n herdersak gesit wat hy gehad het, selfs in ‚'n sak; en sy slingermet was in sy hand: en hy het nader gekom by die Filistyn.
41
And the Philistine came on and drew near unto David; and the man that bare the shield [went] before him.
En die Filistyn het gekom en nader by Dawid gekom; en die man wat die skild gedra het, het voor hom uit gegaan.
42
And when the Philistine looked about, and saw David, he disdained him: for he was [but] a youth, and ruddy, and of a fair countenance.
En toe die Filistyn rondkyk, en Dawid sien, het hy hom verag: want hy was maar ‚'n jongman, en rooi, en van ‚'n mooi voorkoms.
43
And the Philistine said unto David, [Am] I a dog, that thou comest to me with staves? And the Philistine cursed David by his gods.
En die Filistyn het tot Dawid gesê, Is ek ’n hond, dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid by sy gode vervloek.
44
And the Philistine said to David, Come to me, and I will give thy flesh unto the fowls of the air, and to the beasts of the field.
En die Filistyn het tot Dawid gesê, Kom na my toe, en ek sal jou vlees aan die voëls van die hemel, en aan die diere van die veld gee.
45
Then said David to the Philistine, Thou comest to me with a sword, and with a spear, and with a shield: but I come to thee in the name of the LORD of hosts, the God of the armies of Israel, whom thou hast defied.
Toe het Dawid tot die Filistyn gesê, Jy kom na my toe met ’n swaard, en met ’n spies, en met ’n skild: maar ek kom na jou toe in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die leërs van Israel, wat jy getart het.
46
This day will the LORD deliver thee into mine hand; and I will smite thee, and take thine head from thee; and I will give the carcases of the host of the Philistines this day unto the fowls of the air, and to the wild beasts of the earth; that all the earth may know that there is a God in Israel.
Hierdie dag sal die HERE jou in my hand gee; en ek sal jou verslaan, en jou hoof van jou afneem; en ek sal die dooie liggame van die leër van die Filistyne hierdie dag aan die voëls van die hemel, en aan die wilde diere van die aarde gee; dat die hele aarde mag weet dat daar ’n God in Israel is.
47
And all this assembly shall know that the LORD saveth not with sword and spear: for the battle [is] the LORD’S, and he will give you into our hands.
En hierdie hele vergadering moet weet dat die HERE nie red met swaard en spies nie: want die geveg is die HERE s‚'n, en Hy sal julle in ons hand gee.
48
And it came to pass, when the Philistine arose, and came and drew nigh to meet David, that David hasted, and ran toward the army to meet the Philistine.
En dit was so, toe die Filistyn opgestaan het, en gekom en nader by Dawid gekom het, dat Dawid haastig na die geveg gehardloop het om die Filistyn te ontmoet.
49
And David put his hand in his bag, and took thence a stone, and slang [it], and smote the Philistine in his forehead, that the stone sunk into his forehead; and he fell upon his face to the earth.
En Dawid het sy hand in sy sak gesteek, en daaruit ‚'n klip geneem, en geslinger, en die Filistyn in sy voorhoof getref, dat die klip in sy voorhoof ingesink het; en hy het op sy aangesig op die aarde geval.
50
So David prevailed over the Philistine with a sling and with a stone, and smote the Philistine, and slew him; but [there was] no sword in the hand of David.
So het Dawid dan die Filistyn met ‚'n slingermet en met ‚'n klip oorwin, en die Filistyn getref, en hom doodgemaak; maar daar was geen swaard in die hand van Dawid nie.
51
Therefore David ran, and stood upon the Philistine, and took his sword, and drew it out of the sheath thereof, and slew him, and cut off his head therewith. And when the Philistines saw their champion was dead, they fled.
Daarom het Dawid gehardloop, en by die Filistyn gestaan, en sy swaard geneem, en dit uit sy skede getrek, en hom daarmee doodgemaak, en sy hoof daarmee afgekap. En toe die Filistyne gesien het dat hulle kampvegter dood was, het hulle gevlug.
52
And the men of Israel and of Judah arose, and shouted, and pursued the Philistines, until thou come to the valley, and to the gates of Ekron. And the wounded of the Philistines fell down by the way to Shaaraim, even unto Gath, and unto Ekron.
En die manne van Israel en van Juda het opgestaan, en geskreeu, en die Filistyne agtervolg, totdat jy by die dal kom, en tot by die poorte van Ekron. En die gewondes van die Filistyne het by die pad van Saäraim geval, selfs tot by Gat, en tot by Ekron.
53
And the children of Israel returned from chasing after the Philistines, and they spoiled their tents.
En die kinders van Israel het teruggekeer van die agtervolging van die Filistyne, en hulle tente geplunder.
54
And David took the head of the Philistine, and brought it to Jerusalem; but he put his armour in his tent.
En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem, en dit na Jérusalem gebring; maar hy het sy wapenrusting in sy tent gesit.
55
And when Saul saw David go forth against the Philistine, he said unto Abner, the captain of the host, Abner, whose son [is] this youth? And Abner said, [As] thy soul liveth, O king, I cannot tell.
En toe Saul gesien het hoe Dawid uitgaan teen die Filistyn, het hy tot Abner, die owerste van die leër, gesê, Abner, wie se seun is hierdie jongman? En Abner het gesê, So waar as jou siel lewe, o koning, ek weet nie.
56
And the king said, Inquire thou whose son the stripling [is].
En die koning het gesê, Vra jy wie se seun die jongeling is.
57
And as David returned from the slaughter of the Philistine, Abner took him, and brought him before Saul with the head of the Philistine in his hand.
En toe Dawid teruggekeer het van die slag van die Filistyn, het Abner hom geneem, en hom voor Saul gebring met die hoof van die Filistyn in sy hand.
58
And Saul said to him, Whose son [art] thou, [thou] young man? And David answered, [I am] the son of thy servant Jesse the Bethlehemite.
En Saul het tot hom gesê, Wie se seun is jy, jongman? En Dawid het geantwoord, Ek is die seun van jou dienaar Isai die Betlehemiet.