King James Version
AFR DVK
1
Samuel also said unto Saul, The LORD sent me to anoint thee [to be] king over his people, over Israel: now therefore hearken thou unto the voice of the words of the LORD.
Samuel het ook tot Saul gesê, Die HERE het my gestuur om jou tot koning oor sy volk, oor Israel, te salf: luister nou dan na die stem van die woorde van die HERE.
2
Thus saith the LORD of hosts, I remember [that] which Amalek did to Israel, how he laid [wait] for him in the way, when he came up from Egypt.
So sê die HERE van die leërskare, Ek onthou wat Amalek aan Israel gedoen het, hoe hy hom in die pad gestaan het toe hy uit Egipte opgetrek het.
3
Now go and smite Amalek, and utterly destroy all that they have, and spare them not; but slay both man and woman, infant and suckling, ox and sheep, camel and ass.
Gaan nou heen en verslaan Amalek, en vernietig alles wat hulle het, en spaar hulle nie; maar maak dood beide man en vrou, kind en suigeling, os en skaap, kameel en esel.
4
And Saul gathered the people together, and numbered them in Telaim, two hundred thousand footmen, and ten thousand men of Judah.
En Saul het die volk bymekaargeroep, en hulle in Teláim getel, tweehonderd duisend voetgangers, en tienduisend man van Juda.
5
And Saul came to a city of Amalek, and laid wait in the valley.
En Saul het by die stad van Amalek gekom, en in ’n vallei in ’n hinderlaag gelê.
6
And Saul said unto the Kenites, Go, depart, get you down from among the Amalekites, lest I destroy you with them: for ye shewed kindness to all the children of Israel, when they came up out of Egypt. So the Kenites departed from among the Amalekites.
En Saul het tot die Keniete gesê, Gaan, wyk, gaan af van onder die Amalekiete, dat ek julle nie saam met hulle vernietig nie: want julle het barmhartigheid bewys aan al die kinders van Israel, toe hulle uit Egipte opgetrek het. So het die Keniete dan van onder die Amalekiete afgewyk.
7
And Saul smote the Amalekites from Havilah [until] thou comest to Shur, that [is] over against Egypt.
En Saul het die Amalekiete verslaan van Hawila af totdat jy by Sur kom, wat voor Egipte is.
8
And he took Agag the king of the Amalekites alive, and utterly destroyed all the people with the edge of the sword.
En hy het Agag die koning van die Amalekiete lewendig geneem, en die hele volk heeltemal vernietig met die skerpte van die swaard.
9
But Saul and the people spared Agag, and the best of the sheep, and of the oxen, and of the fatlings, and the lambs, and all [that was] good, and would not utterly destroy them: but every thing [that was] vile and refuse, that they destroyed utterly.
Maar Saul en die volk het Agag gespaar, en die beste van die skape, en van die osse, en van die vettes, en die lammers, en alles wat goed was, en wou hulle nie heeltemal vernietig nie: maar alles wat veragtelik en sleg was, dit het hulle heeltemal vernietig.
10
Then came the word of the LORD unto Samuel, saying,
Toe het die woord van die HERE tot Samuel gekom, en gesê,
11
It repenteth me that I have set up Saul [to be] king: for he is turned back from following me, and hath not performed my commandments. And it grieved Samuel; and he cried unto the LORD all night.
Dit berou My dat ek Saul as koning aangestel het: want hy het van My af teruggekeer, en my gebooie nie uitgevoer nie. En dit het Samuel bedroef; en hy het die hele nag tot die HERE geroep.
12
And when Samuel rose early to meet Saul in the morning, it was told Samuel, saying, Saul came to Carmel, and, behold, he set him up a place, and is gone about, and passed on, and gone down to Gilgal.
En toe Samuel vroeg opgestaan het om Saul in die môre te ontmoet, is dit aan Samuel vertel, en gesê, Saul het by Karmel gekom, en kyk, hy het vir homself ’n plek opgerig, en is omgedraai, en het verder gegaan, en na Gilgal afgegaan.
13
And Samuel came to Saul: and Saul said unto him, Blessed [be] thou of the LORD: I have performed the commandment of the LORD.
En Samuel het by Saul gekom: en Saul het tot hom gesê, Geseënd is jy van die HERE: ek het die gebod van die HERE uitgevoer.
14
And Samuel said, What [meaneth] then this bleating of the sheep in mine ears, and the lowing of the oxen which I hear?
En Samuel het gesê, Wat beteken dan hierdie geblêr van die skape in my ore, en die geloei van die osse wat ek hoor?
15
And Saul said, They have brought them from the Amalekites: for the people spared the best of the sheep and of the oxen, to sacrifice unto the LORD thy God; and the rest we have utterly destroyed.
En Saul het gesê, Hulle het hulle van die Amalekiete gebring: want die volk het die beste van die skape en van die osse gespaar, om aan die HERE jou God te offer; en die oorblyfsel het ons heeltemal vernietig.
16
Then Samuel said unto Saul, Stay, and I will tell thee what the LORD hath said to me this night. And he said unto him, Say on.
Toe het Samuel tot Saul gesê, Bly stil, en ek sal jou vertel wat die HERE vannag tot my gespreek het. En hy het tot hom gesê, Sê aan.
17
And Samuel said, When thou [wast] little in thine own sight, [wast] thou not [made] the head of the tribes of Israel, and the LORD anointed thee king over Israel?
En Samuel het gesê, Toe jy klein was in jou eie oë, was jy dan nie die hoof van die stamme van Israel nie, en het die HERE jou nie tot koning oor Israel gesalf nie?
18
And the LORD sent thee on a journey, and said, Go and utterly destroy the sinners the Amalekites, and fight against them until they be consumed.
En die HERE het jou op ’n reis gestuur, en gesê, Gaan en vernietig die sondaars die Amalekiete, en veg teen hulle totdat hulle verteer is.
19
Wherefore then didst thou not obey the voice of the LORD, but didst fly upon the spoil, and didst evil in the sight of the LORD?
Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie, maar op die prooi toegespring, en gedoen wat sleg is in die oë van die HERE?
20
And Saul said unto Samuel, Yea, I have obeyed the voice of the LORD, and have gone the way which the LORD sent me, and have brought Agag the king of Amalek, and have utterly destroyed the Amalekites.
En Saul het tot Samuel gesê, Ja, ek het na die stem van die HERE geluister, en het die pad gegaan wat die HERE my gestuur het, en Agag die koning van Amalek gebring, en die Amalekiete heeltemal vernietig.
21
But the people took of the spoil, sheep and oxen, the chief of the things which should have been utterly destroyed, to sacrifice unto the LORD thy God in Gilgal.
Maar die volk het van die prooi geneem, skape en osse, die voornaamste van die ban-ding, om aan die HERE jou God in Gilgal te offer.
22
And Samuel said, Hath the LORD [as great] delight in burnt offerings and sacrifices, as in obeying the voice of the LORD? Behold, to obey [is] better than sacrifice, [and] to hearken than the fat of rams.
En Samuel het gesê, Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers, soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om te gehoorsaam is beter as slagoffer, en om te luister as die vet van ramme.
23
For rebellion [is as] the sin of witchcraft, and stubbornness [is as] iniquity and idolatry. Because thou hast rejected the word of the LORD, he hath also rejected thee from [being] king.
Want opstandigheid is soos die sonde van waarsêery, en hardnekkigheid is soos ongeregtigheid en afgodediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
24
And Saul said unto Samuel, I have sinned: for I have transgressed the commandment of the LORD, and thy words: because I feared the people, and obeyed their voice.
En Saul het tot Samuel gesê, Ek het gesondig: want ek het die gebod van die HERE, en jou woorde oortree: omdat ek die volk gevrees het, en na hulle stem geluister het.
25
Now therefore, I pray thee, pardon my sin, and turn again with me, that I may worship the LORD.
Nou dan, ek bid jou, vergewe my sonde, en keer terug met my, dat ek die HERE mag aanbid.
26
And Samuel said unto Saul, I will not return with thee: for thou hast rejected the word of the LORD, and the LORD hath rejected thee from being king over Israel.
En Samuel het tot Saul gesê, Ek sal nie terugkeer met jou nie: want jy het die woord van die HERE verwerp, en die HERE het jou as koning oor Israel verwerp.
27
And as Samuel turned about to go away, he laid hold upon the skirt of his mantle, and it rent.
En toe Samuel omgedraai het om weg te gaan, het hy die soom van sy mantel gegryp, en dit is geskeur.
28
And Samuel said unto him, The LORD hath rent the kingdom of Israel from thee this day, and hath given it to a neighbour of thine, [that is] better than thou.
En Samuel het tot hom gesê, Die HERE het vandag die koninkryk van Israel van jou afgeskeur, en dit aan ’n naaste van jou gegee, wat beter is as jy.
29
And also the Strength of Israel will not lie nor repent: for he [is] not a man, that he should repent.
En ook die Sterkte van Israel sal nie lieg of berou hê nie: want Hy is nie ’n mens, dat Hy berou sou hê nie.
30
Then he said, I have sinned: [yet] honour me now, I pray thee, before the elders of my people, and before Israel, and turn again with me, that I may worship the LORD thy God.
Toe het hy gesê, Ek het gesondig: eer my tog nou, ek bid jou, voor die ouderlinge van my volk, en voor Israel, en keer terug met my, dat ek die HERE jou God mag aanbid.
31
So Samuel turned again after Saul; and Saul worshipped the LORD.
So het Samuel dan teruggekeer agter Saul aan; en Saul het die HERE aanbid.
32
Then said Samuel, Bring ye hither to me Agag the king of the Amalekites. And Agag came unto him delicately. And Agag said, Surely the bitterness of death is past.
Toe het Samuel gesê, Bring Agag die koning van die Amalekiete hier na my toe. En Agag het vrolik na hom gekom. En Agag het gesê, Die bitterheid van die dood is sekerlik verby.
33
And Samuel said, As thy sword hath made women childless, so shall thy mother be childless among women. And Samuel hewed Agag in pieces before the LORD in Gilgal.
En Samuel het gesê, Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder kinderloos wees onder vroue. En Samuel het Agag in stukke gekap voor die HERE in Gilgal.
34
Then Samuel went to Ramah; and Saul went up to his house to Gibeah of Saul.
Toe het Samuel na Rama gegaan; en Saul het opgegaan na sy huis in Gibea van Saul.
35
And Samuel came no more to see Saul until the day of his death: nevertheless Samuel mourned for Saul: and the LORD repented that he had made Saul king over Israel.
En Samuel het nie meer Saul gesien tot die dag van sy dood nie: nogtans het Samuel gerou oor Saul: en die HERE het berou gehad dat Hy Saul as koning oor Israel aangestel het.