King James Version
AFR DVK
1
Now there was a certain man of Ramathaimzophim, of mount Ephraim, and his name [was] Elkanah, the son of Jeroham, the son of Elihu, the son of Tohu, the son of Zuph, an Ephrathite:
Nou was daar ’n sekere man van Ramataïm-Sofim, van die berg Efraim, en sy naam was Elkana, die seun van Jeroham, die seun van Elihu, die seun van Tohu, die seun van Suf, ’n Efratiet:
2
And he had two wives; the name of the one [was] Hannah, and the name of the other Peninnah: and Peninnah had children, but Hannah had no children.
En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die ander Peninna: en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3
And this man went up out of his city yearly to worship and to sacrifice unto the LORD of hosts in Shiloh. And the two sons of Eli, Hophni and Phinehas, the priests of the LORD, [were] there.
En hierdie man het jaarliks uit sy stad opgegaan om aan te bid en te offer aan die HERE van die leërskare in Silo. En die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, die priesters van die HERE, was daar.
4
And when the time was that Elkanah offered, he gave to Peninnah his wife, and to all her sons and her daughters, portions:
En dit was so, wanneer die tyd gekom het dat Elkana geoffer het, dat hy aan Peninna sy vrou, en aan al haar seuns en haar dogters, dele gegee het:
5
But unto Hannah he gave a worthy portion; for he loved Hannah: but the LORD had shut up her womb.
Maar aan Hanna het hy ‚'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad: maar die HERE het haar baarmoeder toegesluit.
6
And her adversary also provoked her sore, for to make her fret, because the LORD had shut up her womb.
En haar mededingster het haar ook baie geterg, om haar te vererg, omdat die HERE haar baarmoeder toegesluit het.
7
And [as] he did so year by year, when she went up to the house of the LORD, so she provoked her; therefore she wept, and did not eat.
En so het hy jaar vir jaar gedoen, wanneer sy opgegaan het na die huis van die HERE, so het sy haar geterg; daarom het sy geween, en nie geëet nie.
8
Then said Elkanah her husband to her, Hannah, why weepest thou? and why eatest thou not? and why is thy heart grieved? [am] not I better to thee than ten sons?
Toe het Elkana haar man tot haar gesê, Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? is ek nie beter vir jou as tien seuns nie?
9
So Hannah rose up after they had eaten in Shiloh, and after they had drunk. Now Eli the priest sat upon a seat by a post of the temple of the LORD.
So het Hanna dan opgestaan nadat hulle geëet het in Silo, en nadat hulle gedrink het. Nou het Eli die priester by ’n stoel by die deurpos van die tempel van die HERE gesit.
10
And she [was] in bitterness of soul, and prayed unto the LORD, and wept sore.
En sy was bitter van siel, en het tot die HERE gebid, en bitterlik geween.
11
And she vowed a vow, and said, O LORD of hosts, if thou wilt indeed look on the affliction of thine handmaid, and remember me, and not forget thine handmaid, but wilt give unto thine handmaid a man child, then I will give him unto the LORD all the days of his life, and there shall no rasor come upon his head.
En sy het ’n gelofte gedoen, en gesê, O HERE van die leërskare, as U waarlik sal aansien die ellende van u diensmaagd, en my gedenk, en u diensmaagd nie vergeet nie, maar aan u diensmaagd ’n manlike kind gee, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe, en daar sal geen skeermes op sy hoof kom nie.
12
And it came to pass, as she continued praying before the LORD, that Eli marked her mouth.
En dit was so, terwyl sy voortgegaan het om voor die HERE te bid, dat Eli op haar mond gelet het.
13
Now Hannah, she spake in her heart; only her lips moved, but her voice was not heard: therefore Eli thought she had been drunken.
Nou het Hanna in haar hart gespreek; net haar lippe het beweeg, maar haar stem is nie gehoor nie: daarom het Eli gedink dat sy dronk was.
14
And Eli said unto her, How long wilt thou be drunken? put away thy wine from thee.
En Eli het tot haar gesê, Hoe lank sal jy dronk wees? sit jou wyn van jou af weg.
15
And Hannah answered and said, No, my lord, I [am] a woman of a sorrowful spirit: I have drunk neither wine nor strong drink, but have poured out my soul before the LORD.
En Hanna het geantwoord en gesê, Nee, my heer, ek is ’n vrou van ’n bedroefde gees: ek het geen wyn of sterk drank gedrink nie, maar het my siel voor die HERE uitgestort.
16
Count not thine handmaid for a daughter of Belial: for out of the abundance of my complaint and grief have I spoken hitherto.
Moenie jou diensmaagd vir ‚'n dogter van Belial aansien nie: want uit die oorvloed van my klagte en my verdriet het ek tot nou toe gespreek.
17
Then Eli answered and said, Go in peace: and the God of Israel grant [thee] thy petition that thou hast asked of him.
Toe het Eli geantwoord en gesê, Gaan in vrede: en die God van Israel gee jou jou bede wat jy van Hom gevra het.
18
And she said, Let thine handmaid find grace in thy sight. So the woman went her way, and did eat, and her countenance was no more [sad].
En sy het gesê, Laat jou diensmaagd genade vind in jou oë. So het die vrou dan weggegaan, en geëet, en haar aangesig was nie meer so nie.
19
And they rose up in the morning early, and worshipped before the LORD, and returned, and came to their house to Ramah: and Elkanah knew Hannah his wife; and the LORD remembered her.
En hulle het vroeg in die môre opgestaan, en aangebid voor die HERE, en teruggekeer, en by hulle huis in Rama gekom: en Elkana het Hanna sy vrou geken; en die HERE het haar gedenk.
20
Wherefore it came to pass, when the time was come about after Hannah had conceived, that she bare a son, and called his name Samuel, [saying], Because I have asked him of the LORD.
Daarom het dit gebeur, toe die tyd om was nadat Hanna ontvang het, dat sy ’n seun gebaar het, en sy naam Samuel genoem het, en gesê, Omdat ek hom van die HERE gevra het.
21
And the man Elkanah, and all his house, went up to offer unto the LORD the yearly sacrifice, and his vow.
En die man Elkana, en sy hele huis, het opgegaan om aan die HERE die jaarlikse offer en sy gelofte te offer.
22
But Hannah went not up; for she said unto her husband, [I will not go up] until the child be weaned, and [then] I will bring him, that he may appear before the LORD, and there abide for ever.
Maar Hanna het nie opgegaan nie; want sy het tot haar man gesê, Ek sal nie opgaan nie totdat die kind gespeen is, en dan sal ek hom bring, dat hy voor die HERE mag verskyn, en daar vir ewig mag bly.
23
And Elkanah her husband said unto her, Do what seemeth thee good; tarry until thou have weaned him; only the LORD establish his word. So the woman abode, and gave her son suck until she weaned him.
En Elkana haar man het tot haar gesê, Doen wat goed is in jou oë; bly totdat jy hom speen; net laat die HERE sy woord bevestig. So het die vrou dan gebly, en haar seun gespeen totdat sy hom gespeen het.
24
And when she had weaned him, she took him up with her, with three bullocks, and one ephah of flour, and a bottle of wine, and brought him unto the house of the LORD in Shiloh: and the child [was] young.
En toe sy hom gespeen het, het sy hom saam met haar opgeneem, met drie bulle, en een efa meel, en ‚'n sak wyn, en hom in die huis van die HERE in Silo gebring: en die kind was jonk.
25
And they slew a bullock, and brought the child to Eli.
En hulle het ‚'n bul geslag, en die kind na Eli gebring.
26
And she said, Oh my lord, [as] thy soul liveth, my lord, I [am] the woman that stood by thee here, praying unto the LORD.
En sy het gesê, O my heer, so waar as jou siel lewe, my heer, ek is die vrou wat hier by jou gestaan het om tot die HERE te bid.
27
For this child I prayed; and the LORD hath given me my petition which I asked of him:
Vir hierdie kind het ek gebid; en die HERE het my my bede gegee wat ek van Hom gevra het:
28
Therefore also I have lent him to the LORD; as long as he liveth he shall be lent to the LORD. And he worshipped the LORD there.
Daarom het ek hom ook aan die HERE geleen; solank as hy lewe, sal hy aan die HERE geleen wees. En hy het die HERE daar aanbid.