King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass after these things, [that] Naboth the Jezreelite had a vineyard, which [was] in Jezreel, hard by the palace of Ahab king of Samaria.
En dit was so ná hierdie dinge, dat Nabot die Jisreëliet ’n wingerd gehad het, wat in Jisreël was, naby die paleis van Agab koning van Samaría.
2
And Ahab spake unto Naboth, saying, Give me thy vineyard, that I may have it for a garden of herbs, because it [is] near unto my house: and I will give thee for it a better vineyard than it; [or], if it seem good to thee, I will give thee the worth of it in money.
En Agab het met Nabot gespreek, en gesê, Gee my jou wingerd, dat dit vir my ’n groentetuin mag wees, omdat dit naby by my huis is: en ek sal jou daarvoor ’n beter wingerd gee as dit; of, as dit jou behaag, sal ek jou die waarde daarvan in silwer gee.
3
And Naboth said to Ahab, The LORD forbid it me, that I should give the inheritance of my fathers unto thee.
En Nabot het tot Agab gesê, Die HERE verbied my dat ek die erfenis van my vaders aan jou sou gee.
4
And Ahab came into his house heavy and displeased because of the word which Naboth the Jezreelite had spoken to him: for he had said, I will not give thee the inheritance of my fathers. And he laid him down upon his bed, and turned away his face, and would eat no bread.
En Agab het in sy huis gekom, swaar en ontevrede vanweë die woord wat Nabot die Jisreëliet tot hom gespreek het, en gesê het, Ek sal jou die erfenis van my vaders nie gee nie. En hy het op sy bed gelê, en sy aangesig omgedraai, en geen brood geëet nie.
5
But Jezebel his wife came to him, and said unto him, Why is thy spirit so sad, that thou eatest no bread?
Maar Isebel sy vrou het by hom gekom, en tot hom gesê, Waarom is jou gees so bedroef, dat jy geen brood eet nie?
6
And he said unto her, Because I spake unto Naboth the Jezreelite, and said unto him, Give me thy vineyard for money; or else, if it please thee, I will give thee [another] vineyard for it: and he answered, I will not give thee my vineyard.
En hy het tot haar gesê, Omdat ek met Nabot die Jisreëliet gespreek het, en tot hom gesê het, Gee my jou wingerd vir silwer; of as dit jou behaag, sal ek jou ’n ander wingerd daarvoor gee: en hy het geantwoord, Ek sal jou my wingerd nie gee nie.
7
And Jezebel his wife said unto him, Dost thou now govern the kingdom of Israel? arise, [and] eat bread, and let thine heart be merry: I will give thee the vineyard of Naboth the Jezreelite.
En Isebel sy vrou het tot hom gesê, Regeer jy nou oor Israel? staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot die Jisreëliet gee.
8
So she wrote letters in Ahab’s name, and sealed [them] with his seal, and sent the letters unto the elders and to the nobles that [were] in his city, dwelling with Naboth.
So het sy dan briewe in Agab se naam geskrywe, en dit met sy seël verseël, en die briewe gestuur na die ouderlinge en na die edeles wat in sy stad, by Nabot, gewoon het.
9
And she wrote in the letters, saying, Proclaim a fast, and set Naboth on high among the people:
En sy het in die briewe geskrywe, en gesê, Roep ’n vas uit, en sit Nabot hoog onder die volk:
10
And set two men, sons of Belial, before him, to bear witness against him, saying, Thou didst blaspheme God and the king. And [then] carry him out, and stone him, that he may die.
En sit twee manne, seuns van Belial, voor hom, om teen hom te getuig, en te sê, Jy het God en die koning gevloek. En bring hom dan uit, en stenig hom, dat hy mag sterwe.
11
And the men of his city, [even] the elders and the nobles who were the inhabitants in his city, did as Jezebel had sent unto them, [and] as it [was] written in the letters which she had sent unto them.
En die manne van sy stad, selfs die ouderlinge en die edeles wat in sy stad gewoon het, het gedoen soos Isebel hulle gestuur het, volgens soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
12
They proclaimed a fast, and set Naboth on high among the people.
Hulle het ‚'n vas uitgeroep, en Nabot hoog onder die volk gesit.
13
And there came in two men, children of Belial, and sat before him: and the men of Belial witnessed against him, [even] against Naboth, in the presence of the people, saying, Naboth did blaspheme God and the king. Then they carried him forth out of the city, and stoned him with stones, that he died.
En daar het twee manne, kinders van Belial, ingekom, en voor hom gaan sit: en die manne van Belial het teen hom getuig, selfs teen Nabot, in die teenwoordigheid van die volk, en gesê, Nabot het God en die koning gevloek. Toe het hulle hom uit die stad uitgebring, en hom met klippe gestenig, dat hy gesterwe het.
14
Then they sent to Jezebel, saying, Naboth is stoned, and is dead.
Toe het hulle na Isebel gestuur, en gesê, Nabot is gestenig, en is dood.
15
And it came to pass, when Jezebel heard that Naboth was stoned, and was dead, that Jezebel said to Ahab, Arise, take possession of the vineyard of Naboth the Jezreelite, which he refused to give thee for money: for Naboth is not alive, but dead.
En dit was so, toe Isebel gehoor het dat Nabot gestenig is, en dood was, dat Isebel tot Agab gesê het, Staan op, neem besit van die wingerd van Nabot die Jisreëliet, wat hy geweier het om jou vir silwer te gee: want Nabot is nie lewendig nie, maar dood.
16
And it came to pass, when Ahab heard that Naboth was dead, that Ahab rose up to go down to the vineyard of Naboth the Jezreelite, to take possession of it.
En dit was so, toe Agab gehoor het dat Nabot dood was, dat Agab opgestaan het om af te gaan na die wingerd van Nabot die Jisreëliet, om dit in besit te neem.
17
And the word of the LORD came to Elijah the Tishbite, saying,
En die woord van die HERE het tot Elía die Tisbiet gekom, en gesê,
18
Arise, go down to meet Ahab king of Israel, which [is] in Samaria: behold, [he is] in the vineyard of Naboth, whither he is gone down to possess it.
Staan op, gaan af om Agab koning van Israel, wat in Samaría is, tegemoet te gaan: kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.
19
And thou shalt speak unto him, saying, Thus saith the LORD, Hast thou killed, and also taken possession? And thou shalt speak unto him, saying, Thus saith the LORD, In the place where dogs licked the blood of Naboth shall dogs lick thy blood, even thine.
En jy moet met hom spreek, en sê, So sê die HERE, Het jy gemoor, en ook in besit geneem? En jy moet met hom spreek, en sê, So sê die HERE, In die plek waar die honde die bloed van Nabot gelik het, sal die honde jou bloed, selfs joune, lik.
20
And Ahab said to Elijah, Hast thou found me, O mine enemy? And he answered, I have found [thee]: because thou hast sold thyself to work evil in the sight of the LORD.
En Agab het tot Elía gesê, Het jy my gevind, o my vyand? En hy het geantwoord, Ek het jou gevind: omdat jy jouself verkoop het om te doen wat sleg is in die oë van die HERE.
21
Behold, I will bring evil upon thee, and will take away thy posterity, and will cut off from Ahab him that pisseth against the wall, and him that is shut up and left in Israel,
Kyk, ek sal onheil oor jou bring, en jou nageslag heeltemal wegneem, en van Agab uitroei hom wat teen die muur urineer, en die wat toegesluit en die wat in Israel oorbly.
22
And will make thine house like the house of Jeroboam the son of Nebat, and like the house of Baasha the son of Ahijah, for the provocation wherewith thou hast provoked [me] to anger, and made Israel to sin.
En ek sal jou huis soos die huis van Jeróbeam die seun van Nebat, en soos die huis van Baësa die seun van Ahía maak, vir die terging waarmee jy My geterg het, en Israel laat sondig het.
23
And of Jezebel also spake the LORD, saying, The dogs shall eat Jezebel by the wall of Jezreel.
En van Isebel het die HERE ook gespreek, en gesê, Die honde sal Isebel by die muur van Jisreël eet.
24
Him that dieth of Ahab in the city the dogs shall eat; and him that dieth in the field shall the fowls of the air eat.
Hom van Agab wat in die stad sterwe, sal die honde eet; en hom wat in die veld sterwe, sal die voëls van die lug eet.
25
But there was none like unto Ahab, which did sell himself to work wickedness in the sight of the LORD, whom Jezebel his wife stirred up.
Maar daar was niemand soos Agab, wat homself verkoop het om te doen wat sleg was in die oë van die HERE nie, wat Isebel sy vrou aangehits het.
26
And he did very abominably in following idols, according to all [things] as did the Amorites, whom the LORD cast out before the children of Israel.
En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die afgode aan te gaan, volgens alles wat die Amoriete gedoen het, wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
27
And it came to pass, when Ahab heard those words, that he rent his clothes, and put sackcloth upon his flesh, and fasted, and lay in sackcloth, and went softly.
En dit was so, toe Agab hierdie woorde gehoor het, dat hy sy klere geskeur het, en rouklere om sy lyf gesit het, en gevas het, en in rouklere gelê het, en sagmoedig gewandel het.
28
And the word of the LORD came to Elijah the Tishbite, saying,
En die woord van die HERE het tot Elía die Tisbiet gekom, en gesê,
29
Seest thou how Ahab humbleth himself before me? because he humbleth himself before me, I will not bring the evil in his days: [but] in his son’s days will I bring the evil upon his house.
Sien jy hoe Agab homself voor My verneder het? omdat hy homself voor My verneder het, sal ek die onheil nie in sy dae bring nie: maar in sy seun se dae sal ek die onheil oor sy huis bring.