King James Version
AFR DVK
1
And Elijah the Tishbite, [who was] of the inhabitants of Gilead, said unto Ahab, [As] the LORD God of Israel liveth, before whom I stand, there shall not be dew nor rain these years, but according to my word.
En Elía die Tisbiet, wat van die inwoners van Gílead was, het tot Agab gesê, So waar as die HERE, die God van Israel, lewe, voor wie se aangesig ek staan, daar sal daar nie dou of reën hierdie jare wees nie, behalwe volgens my woord.
2
And the word of the LORD came unto him, saying,
En die woord van die HERE het tot hom gekom, en gesê,
3
Get thee hence, and turn thee eastward, and hide thyself by the brook Cherith, that [is] before Jordan.
Gaan hiervandaan weg, en draai jou ooswaarts, en verberg jou by die spruit Kerit, wat voor die Jordaan is.
4
And it shall be, [that] thou shalt drink of the brook; and I have commanded the ravens to feed thee there.
En dit sal wees, dat jy van die spruit sal drink; en ek het die rawe beveel om jou daar van voedsel te voorsien.
5
So he went and did according unto the word of the LORD: for he went and dwelt by the brook Cherith, that [is] before Jordan.
So het hy dan gegaan en gedoen volgens die woord van die HERE: want hy het gegaan en by die spruit Kerit gebly, wat voor die Jordaan is.
6
And the ravens brought him bread and flesh in the morning, and bread and flesh in the evening; and he drank of the brook.
En die rawe het hom brood en vleis in die môre gebring, en brood en vleis in die aand; en hy het uit die spruit gedrink.
7
And it came to pass after a while, that the brook dried up, because there had been no rain in the land.
En dit was so ná ’n tyd, dat die spruit opgedroog het, omdat daar geen reën in die land was nie.
8
And the word of the LORD came unto him, saying,
En die woord van die HERE het tot hom gekom, en gesê,
9
Arise, get thee to Zarephath, which [belongeth] to Zidon, and dwell there: behold, I have commanded a widow woman there to sustain thee.
Staan op, gaan na Sarepta, wat aan Sidon behoort, en woon daar: kyk, ek het ‚'n weduweeevrou daar beveel om jou van voedsel te voorsien.
10
So he arose and went to Zarephath. And when he came to the gate of the city, behold, the widow woman [was] there gathering of sticks: and he called to her, and said, Fetch me, I pray thee, a little water in a vessel, that I may drink.
So het hy dan opgestaan en na Sarepta gegaan. En toe hy by die poort van die stad kom, kyk, die weduweeevrou was daar besig om hout bymekaar te maak: en hy het haar geroep, en gesê, Haal tog vir my ’n bietjie water in ’n vat, dat ek mag drink.
11
And as she was going to fetch [it], he called to her, and said, Bring me, I pray thee, a morsel of bread in thine hand.
En toe sy gaan haal, het hy haar geroep, en gesê, Bring tog vir my ’n stukkie brood in jou hand.
12
And she said, [As] the LORD thy God liveth, I have not a cake, but an handful of meal in a barrel, and a little oil in a cruse: and, behold, I [am] gathering two sticks, that I may go in and dress it for me and my son, that we may eat it, and die.
En sy het gesê, So waar as die HERE jou God lewe, ek het geen broodkoek nie, maar net ’n handvol meel in ’n pot, en ’n bietjie olie in ’n kruik: en kyk, ek is besig om twee stokkies bymekaar te maak, dat ek dit mag gaan berei vir my en my seun, dat ons dit mag eet, en sterwe.
13
And Elijah said unto her, Fear not; go [and] do as thou hast said: but make me thereof a little cake first, and bring [it] unto me, and after make for thee and for thy son.
En Elía het tot haar gesê, Wees nie bevrees nie; gaan doen soos jy gesê het: maar maak eers vir my daarvan ’n klein broodkoek, en bring dit uit na my toe, en maak daarna vir jou en jou seun.
14
For thus saith the LORD God of Israel, The barrel of meal shall not waste, neither shall the cruse of oil fail, until the day [that] the LORD sendeth rain upon the earth.
Want so sê die HERE, die God van Israel, Die pot meel sal nie opraak nie, en die kruik olie sal nie verminder nie, tot die dag toe dat die HERE reën op die aardbodem gee.
15
And she went and did according to the saying of Elijah: and she, and he, and her house, did eat [many] days.
En sy het gegaan en gedoen volgens die woord van Elía: en sy, en hy, en haar huis, het baie dae lank geëet.
16
[And] the barrel of meal wasted not, neither did the cruse of oil fail, according to the word of the LORD, which he spake by Elijah.
En die pot meel het nie opgeraak nie, en die kruik olie het nie verminder nie, volgens die woord van die HERE, wat Hy deur Elía gespreek het.
17
And it came to pass after these things, [that] the son of the woman, the mistress of the house, fell sick; and his sickness was so sore, that there was no breath left in him.
En dit was so ná hierdie dinge, dat die seun van die vrou, die meesteres van die huis, siek geword het; en sy siekte was so hewig, dat daar geen asem in hom oorgebly het nie.
18
And she said unto Elijah, What have I to do with thee, O thou man of God? art thou come unto me to call my sin to remembrance, and to slay my son?
En sy het tot Elía gesê, Wat het ek met jou te doen, o man van God? is jy na my toe gekom om my sonde in herinnering te bring, en om my seun dood te maak?
19
And he said unto her, Give me thy son. And he took him out of her bosom, and carried him up into a loft, where he abode, and laid him upon his own bed.
En hy het tot haar gesê, Gee my jou seun. En hy het hom uit haar boesem geneem, en hom in die bo-kamer opgeneem waar hy gewoon het, en hom op sy eie bed neergelê.
20
And he cried unto the LORD, and said, O LORD my God, hast thou also brought evil upon the widow with whom I sojourn, by slaying her son?
En hy het tot die HERE geroep, en gesê, O HERE my God, het U ook onheil gebring oor die weduwee by wie ek vertoef, deur haar seun dood te maak?
21
And he stretched himself upon the child three times, and cried unto the LORD, and said, O LORD my God, I pray thee, let this child’s soul come into him again.
En hy het homself drie maal oor die kind uitgestrek, en tot die HERE geroep, en gesê, O HERE my God, laat tog die siel van hierdie kind in hom terugkeer.
22
And the LORD heard the voice of Elijah; and the soul of the child came into him again, and he revived.
En die HERE het na die stem van Elía geluister; en die siel van die kind is in hom teruggekeer, en hy het lewendig geword.
23
And Elijah took the child, and brought him down out of the chamber into the house, and delivered him unto his mother: and Elijah said, See, thy son liveth.
En Elía het die kind geneem, en hom uit die bo-kamer afgebring in die huis, en hom aan sy moeder gegee: en Elía het gesê, Kyk, jou seun lewe.
24
And the woman said to Elijah, Now by this I know that thou [art] a man of God, [and] that the word of the LORD in thy mouth [is] truth.
En die vrou het tot Elía gesê, Nou weet ek hierdeur dat jy ’n man van God is, en dat die woord van die HERE in jou mond waarheid is.