← 1 Konings 15 1 Konings — 1 Kings 16 1 Konings 17 →
King James Version
AFR DVK
1
Then the word of the LORD came to Jehu the son of Hanani against Baasha, saying,
Toe het die woord van die HERE tot Jehu die seun van Hanáni teen Baësa gekom, en gesê,
2
Forasmuch as I exalted thee out of the dust, and made thee prince over my people Israel; and thou hast walked in the way of Jeroboam, and hast made my people Israel to sin, to provoke me to anger with their sins;
Omdat ek jou uit die stof verhoog het, en jou as ’n vors oor my volk Israel aangestel het; en jy in die weg van Jeróbeam gewandel het, en my volk Israel laat sondig het, om My te terg met hulle sondes;
3
Behold, I will take away the posterity of Baasha, and the posterity of his house; and will make thy house like the house of Jeroboam the son of Nebat.
Kyk, ek sal die nageslag van Baësa, en die nageslag van sy huis, heeltemal wegneem; en ek sal jou huis soos die huis van Jeróbeam die seun van Nebat maak.
4
Him that dieth of Baasha in the city shall the dogs eat; and him that dieth of his in the fields shall the fowls of the air eat.
Hom van Baësa wat in die stad sterwe, sal die honde eet; en hom van hom wat in die velde sterwe, sal die voëls van die lug eet.
5
Now the rest of the acts of Baasha, and what he did, and his might, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?
Nou die res van die dade van Baësa, en wat hy gedoen het, en sy mag, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel nie?
6
So Baasha slept with his fathers, and was buried in Tirzah: and Elah his son reigned in his stead.
So het Baësa dan by sy vaders ontslaap, en is in Tirsá begrawe: en Ela sy seun het in sy plek as koning geregeer.
7
And also by the hand of the prophet Jehu the son of Hanani came the word of the LORD against Baasha, and against his house, even for all the evil that he did in the sight of the LORD, in provoking him to anger with the work of his hands, in being like the house of Jeroboam; and because he killed him.
En ook deur die hand van die profeet Jehu die seun van Hanáni het die woord van die HERE teen Baësa gekom, en teen sy huis, selfs vir al die boosheid wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met die werk van sy hande, deur te wees soos die huis van Jeróbeam; en omdat hy hom neergeslaan het.
8
In the twenty and sixth year of Asa king of Judah began Elah the son of Baasha to reign over Israel in Tirzah, two years.
In die ses en twintigste jaar van Asa koning van Juda het Ela die seun van Baësa begin regeer oor Israel in Tirsá, twee jaar lank.
9
And his servant Zimri, captain of half [his] chariots, conspired against him, as he was in Tirzah, drinking himself drunk in the house of Arza steward of [his] house in Tirzah.
En sy dienaar Simri, owerste van die helfte van die strydwaens, het teen hom saamgesweer: en hy was in Tirsá, en het in die huis van Arsa, die owerste van die huis in Tirsá, gedrink.
10
And Zimri went in and smote him, and killed him, in the twenty and seventh year of Asa king of Judah, and reigned in his stead.
En Simri het ingegaan en hom neergeslaan, en hom doodgemaak, in die sewe en twintigste jaar van Asa koning van Juda, en in sy plek as koning geregeer.
11
And it came to pass, when he began to reign, as soon as he sat on his throne, [that] he slew all the house of Baasha: he left him not one that pisseth against a wall, neither of his kinsfolks, nor of his friends.
En dit was so, toe hy begin regeer het, sodra hy op die troon gesit het, dat hy die hele huis van Baësa neergeslaan het: hy het nie van hom een wat teen die muur urineer, of sy maghebbers, of sy vriende, oorgelaat nie.
12
Thus did Zimri destroy all the house of Baasha, according to the word of the LORD, which he spake against Baasha by Jehu the prophet,
So het Simri die hele huis van Baësa vernietig, volgens die woord van die HERE, wat Hy teen Baësa deur Jehu die profeet gespreek het,
13
For all the sins of Baasha, and the sins of Elah his son, by which they sinned, and by which they made Israel to sin, in provoking the LORD God of Israel to anger with their vanities.
Vir al die sondes van Baësa, en die sondes van Ela sy seun, waarmee hulle gesondig het, en waarmee hulle Israel laat sondig het, deur die HERE, die God van Israel, te terg met hulle ydelhede.
14
Now the rest of the acts of Elah, and all that he did, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?
Nou die res van die dade van Ela, en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel nie?
15
In the twenty and seventh year of Asa king of Judah did Zimri reign seven days in Tirzah. And the people [were] encamped against Gibbethon, which [belonged] to the Philistines.
In die sewe en twintigste jaar van Asa koning van Juda het Simri sewe dae lank in Tirsá geregeer. En die volk was in kamp by Gibbeton, wat aan die Filistyne behoort het.
16
And the people [that were] encamped heard say, Zimri hath conspired, and hath also slain the king: wherefore all Israel made Omri, the captain of the host, king over Israel that day in the camp.
En die volk wat in die kamp was, het gehoor sê, Simri het saamgesweer, en die koning ook neergeslaan: daarom het die hele Israel Omri, die owerste van die leër, dieselfde dag in die kamp as koning oor Israel gemaak.
17
And Omri went up from Gibbethon, and all Israel with him, and they besieged Tirzah.
En Omri het opgetrek van Gibbeton, en die hele Israel met hom, en Tirsá beleër.
18
And it came to pass, when Zimri saw that the city was taken, that he went into the palace of the king’s house, and burnt the king’s house over him with fire, and died,
En dit was so, toe Simri sien dat die stad ingeneme is, dat hy in die paleis van die koning se huis ingegaan het, en die koning se huis oor homself met vuur verbrand het, en gesterwe het,
19
For his sins which he sinned in doing evil in the sight of the LORD, in walking in the way of Jeroboam, and in his sin which he did, to make Israel to sin.
Vir sy sondes wat hy gesondig het deur te doen wat sleg was in die oë van die HERE, deur in die weg van Jeróbeam te wandel, en in sy sonde wat hy gedoen het, om Israel te laat sondig.
20
Now the rest of the acts of Zimri, and his treason that he wrought, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?
Nou die res van die dade van Simri, en sy sameswering wat hy gemaak het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel nie?
21
Then were the people of Israel divided into two parts: half of the people followed Tibni the son of Ginath, to make him king; and half followed Omri.
Toe is die volk van Israel in twee dele verdeel: die helfte van die volk het Tibni die seun van Ginat gevolg, om hom as koning te maak; en die helfte het Omri gevolg.
22
But the people that followed Omri prevailed against the people that followed Tibni the son of Ginath: so Tibni died, and Omri reigned.
Maar die volk wat Omri gevolg het, het die oorhand gekry oor die volk wat Tibni die seun van Ginat gevolg het: so is Tibni dan dood, en Omri het as koning geregeer.
23
In the thirty and first year of Asa king of Judah began Omri to reign over Israel, twelve years: six years reigned he in Tirzah.
In die een en dertigste jaar van Asa koning van Juda het Omri begin regeer oor Israel, twaalf jaar lank: ses jaar lank het hy in Tirsá geregeer.
24
And he bought the hill Samaria of Shemer for two talents of silver, and built on the hill, and called the name of the city which he built, after the name of Shemer, owner of the hill, Samaria.
En hy het die heuwel Samaría van Semer gekoop vir twee talente silwer, en die heuwel bebou, en die naam van die stad wat hy gebou het, Samaría genoem, na die naam van Semer, die eienaar van die heuwel.
25
But Omri wrought evil in the eyes of the LORD, and did worse than all that [were] before him.
Maar Omri het gedoen wat sleg was in die oë van die HERE, en erger gehandel as almal wat voor hom was.
26
For he walked in all the way of Jeroboam the son of Nebat, and in his sin wherewith he made Israel to sin, to provoke the LORD God of Israel to anger with their vanities.
Want hy het in al die weg van Jeróbeam die seun van Nebat gewandel, en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle ydelhede.
27
Now the rest of the acts of Omri which he did, and his might that he shewed, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?
Nou die res van die dade van Omri wat hy gedoen het, en sy mag wat hy betoon het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel nie?
28
So Omri slept with his fathers, and was buried in Samaria: and Ahab his son reigned in his stead.
So het Omri dan by sy vaders ontslaap, en is in Samaría begrawe: en Agab sy seun het in sy plek as koning geregeer.
29
And in the thirty and eighth year of Asa king of Judah began Ahab the son of Omri to reign over Israel: and Ahab the son of Omri reigned over Israel in Samaria twenty and two years.
En in die agt en dertigste jaar van Asa koning van Juda het Agab die seun van Omri begin regeer oor Israel: en Agab die seun van Omri het oor Israel in Samaría twee en twintig jaar lank geregeer.
30
And Ahab the son of Omri did evil in the sight of the LORD above all that [were] before him.
En Agab die seun van Omri het gedoen wat sleg was in die oë van die HERE bo almal wat voor hom was.
31
And it came to pass, as if it had been a light thing for him to walk in the sins of Jeroboam the son of Nebat, that he took to wife Jezebel the daughter of Ethbaal king of the Zidonians, and went and served Baal, and worshipped him.
En dit was so, asof dit ’n ligte ding was vir hom om in die sondes van Jeróbeam die seun van Nebat te wandel, dat hy Isebel die dogter van Etbaäl koning van die Sidoniërs as vrou geneem het, en gegaan en Baäl gedien, en hom aanbid het.
32
And he reared up an altar for Baal in the house of Baal, which he had built in Samaria.
En hy het vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis van Baäl, wat hy in Samaría gebou het.
33
And Ahab made a grove; and Ahab did more to provoke the LORD God of Israel to anger than all the kings of Israel that were before him.
En Agab het ‚'n bos gemaak; en Agab het meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel wat voor hom was.
34
In his days did Hiel the Bethelite build Jericho: he laid the foundation thereof in Abiram his firstborn, and set up the gates thereof in his youngest [son] Segub, according to the word of the LORD, which he spake by Joshua the son of Nun.
In sy dae het Hiël die Beteliët Jérigo herbou: hy het die fondament daarvan gelê in Abiram sy eersgeborene, en die poorte daarvan opgerig in sy jongste seun Segub, volgens die woord van die HERE, wat Hy deur Josua die seun van Nun gespreek het.